Author Topic: Lente Gebed  (Read 1628 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9968
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Lente Gebed
« on: September 11, 2009, 10:32:05 AM »
Dankie Here vir die gawe van die lente.
Dankie vir die nuwe lewe wat U skenk.
Dankie vir die blommeprag.
Dankie vir die mossies wat in die bome nes maak.
Dankie vir die swaeltjies wat terug gekom het.
Dankie vir die getjirp van die mossies wat ons daarop bedag maak dat U die Skepper van nuwe lewe is. Hulle sing en U voed hulle. Hulle sing omdat daar eiertjies in hulle nes is, Ja, selfs al het een uitgeval, Here, gee ook aan ons 'n lied in die hart en 'n lus om elke dag soos die mossies te begin.
Help ons om al singende die Goeie Nuus wat nuwe lewe bring vir almal te alle tye, beskikbaar te stel.
Amen

Bybelgenootskap van Suid Afrika
Pieter Blignaut