Dankie ons Vader en ons God,
U die Pottebakker ons die klei, dankie vir hierdie dag, ‘n dag gemaak vir ons, die mens, en nie die mens vir die die dag nie. Dat ons U kan ontmoet, hetsy in U huis of ons eie. Vader, dankie dat dit ons keuse is of ons gemeenskap wil hê met ander gelowiges oor U Woord, maar dankie ook dat dit ‘n voorreg is. Vader, dankie dat U in beheer is van ons gelowiges in Jesus se lewens. Vader, dankie dat U aan die deur van ons harte staan en wag, wag dat ons ons elke oomblik van die dag moet gee vir U, nie net Sondae nie. Here, ons weet dat U nie net een oomblik betrokke is by ons nie, maar dat ons in ‘n groeiproses is, ‘n proses waarin U my elke sekond van die dag vorm. Vader, maak ons gewillig om in U te groei, neem ons en vorm ons elke dag soos wat U ons wil hê.
Amen