Author Topic: Gebed vir vandag.  (Read 87705 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9962
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1290 on: February 02, 2021, 09:50:54 AM »
God, Drie Eenig, hierin die binnekamer waar ons U aanbid, waar dit net ons alleen is en ons onsself kan regverdig. Here, waar daar geen aanklagte van ander is om teen ons te getuig is dit so maklik om onsself te verontskuldig. Vader, te kan maak of ons geen skuld het aan onuithoubare situasies binne verhoudings. Vader, vergewe ons vir waar ons die laaste sê wil in kry om onsself te regverdig. Vader, om tog net nie die swak een te wees nie. Here, gee ons die krag en insig om satan se hand te sien in hierdie situasies en laat ons eerder die situasie te ontlond. Vader, laat ons eerder die grootste gebod nakom om ons naaste lief  te hê soos onsself. Here, dat ons eendag wanneer ons opgeroep word na U, ons knie moet buig voor U, voor die Regter se stoel, dat ons U regverdige oordeel sal kan deurstaan en uit genade gebore word in die ewige lewe. Amen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9962
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1291 on: April 07, 2021, 05:49:41 AM »
Abba en Vader, ons loof U vir lig na die donker, vrede na die stryd, glimlag na die trane, sing na die gekryt; waarheid na dwaling, vryheid na druk. Vader, alles wanneer Jesus op ons wandel pad is, ware vreugde. Vader bring vir ons die lengte reën in ons lewens, soos wat U die winterveld daarmee versorg, versorg ook ons met hoop, geloof en liefde. Vader versorg ook elkeen wat oor ons pad of in ons gedagte kom met U liefde. Vader, bewaar ons van die pad van duister. Here, maak ons vry in U en vry van die wêreld se haat en begeertes, maak ons vry van sondes wat ons in ons harte en gedagte koester en dra. Amen
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9962
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1292 on: July 04, 2021, 03:27:14 PM »
Hemelse Pappa….
Ek wil U asseblief vra…
Om die wat seer het vandag….
... Se seer weg te neem…
Die wat in pyn verkeer…
U hand hul sal genees…
Die wat ernstig siek geword het en stry vir lewe....
Dat U hulle spesiaal sal aanraak en teen U bors sal druk
Die wat se trane loop…
U hul sal opdroog…
Die vrae wat hul vra…
Die antwoorde daarop kan kry…
Die hoekoms en die waaroms…
Dat U in hul harte sal praat…
Hier op my knieë vra ek…
Liewe Jesus raak hul aan…
Maak hul hartjies bly…
Ek plaas hul by U voete neer….
Reinig hul met U bloed…
Was hul verledes weg…
Woon in hul harte Heer…
Laat satan net verkas…
Vader, die wat ‘n geliefde verloor het…
Die wat veg om hul lewens…
Raak hul aan met U liefde…
Plak die Jesus pleister waar dit eina is…
Wees asseblief met elke mens, Jesus…
Laat die Heilige Gees hul help…
U Engele hul beskerm…
Dat hul nie in vrees hoef te leef…
Hemelse Pappa…
Dit is my gebed…
Laat U wil in alles geskied…
Dankie Liewe Jesus…
U alleen is Groot en Almagtig…
U is ons Geneesheer en Leermeester….
Ons beskermer en onse Heer…
Dankie o Heer…AMEN
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9962
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1293 on: July 16, 2021, 07:00:58 AM »
Goeie môre Pappa Vader,
Ek bid dat U Wil ook vandag sal geskied, ek weet dat U 'n plan het vir elkeen vandag,
Ek bid vir hulle wat nie vanoggend iets het om te eet nie, dat U sal voorsien
Ek bid dat U sal voorsien vir 'n dak oor hulle kop en iets warms om aan te trek.
Ek bid Vader, om vergifnis te vra as ek selfsugtig optree en nie dankbaar is vir wat ek het nie want daar is baie wat bid daarvoor.
Ek bid dat U U hand van goedheid en guns oor elkeen van ons sal hou vandag en ons beskerm van die bose planne van satan.
Ek bid Vader dat U U engele opdrag sal gee om hierdie dag saam met elkeen van ons die pad te stap, dat hulle 'n laer om elkeen van ons sal trek
Dankie Pappa Vader dat ek dit in U Naam kan bid en vra
Ek loof en prys U grote Naam
Amen, Amen en Amen
« Last Edit: July 16, 2021, 07:08:24 AM by Blikkies »
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9962
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1294 on: July 18, 2021, 08:55:38 AM »
Goeie môre dis Sondag mag ons weer saam met ons, ons Vader vandag wandel.. Laat ons nooit Sy hand van genade los nie, neem Hom saam met elke tree in jou lewe.
...Onthou God se Genade....
Wat is daardie voorregte?
Psalm 103 spel dit uit:
1. Hy vergewe jou sondes.
2. Hy genees jou siektes.
3. Hy verlos jou van ondergang.
4. Hy kroon jou met goedheid en genade.
5. Hy versadig jou siel met die goeie jou jeug weer nuut word soos die van ń arend.   
6. Hy laat reg geskied aan almal wat verdruk word.
7. Hy maak sy weë aan jou bekend.
8. Hy gee jou sy genade in tye van nood.
Maak ń punt daarvan om elke oggend hierdie dinge hardop vir die Here te sê. Staan voor Hom in gebed en onthou sy genade aan jou.
Amen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9962
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1295 on: July 27, 2021, 06:35:20 AM »
Lewende God, Abba en Vader, Here ons dank en prys U dat U ons nooit vergeet of ons sal alleen laat wanneer ons tot U roep nie. Vader ons vra dat U die magte wat ons wil oorheers sal verslaan, die bose geeste wat ons soek Vader, om ons te vernietig. Here, satan en sy bose magte het geen toekoms in ons nie, het geen reg om ons gesondheid en ons geluk of ons voorspoed te kom steel nie, want ons is U kinders, duur gekoop. ‘n Leë graf van Christus Jesus is die bewys wat die prys vir ons aan die kruis betaal het en dat dit nooit weer herhaal hoef te word nie.
Amen
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9962
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1296 on: August 04, 2021, 07:19:48 AM »
Dankie ons Vader en ons God,
U die Pottebakker ons die klei, dankie vir hierdie dag, ‘n dag gemaak vir ons, die mens, en nie die mens vir die die dag nie. Dat ons U kan ontmoet, hetsy in U huis of ons eie. Vader, dankie dat dit ons keuse is of ons gemeenskap wil hê met ander gelowiges oor U Woord, maar dankie ook dat dit ‘n voorreg is. Vader, dankie dat U in beheer is van ons gelowiges in Jesus se lewens. Vader, dankie dat U aan die deur van ons harte staan en wag, wag dat ons ons elke oomblik van die dag moet gee vir U, nie net Sondae nie. Here, ons weet dat U nie net een oomblik betrokke is by ons nie, maar dat ons in ‘n groeiproses is, ‘n proses waarin U my elke sekond van die dag vorm. Vader, maak ons gewillig om in U te groei, neem ons en vorm ons elke dag soos wat U ons wil hê.
Amen
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9962
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1297 on: December 31, 2021, 09:53:50 AM »
"Geleen omdat dit so mooi is"

Pappa Vader,
ek staan absoluut in verwondering oor U liefdesverhaal wat ons regdeur die Bybel lees.

Dankie vir U grootheid, U almag en U heerlikheid.

Lei my asseblief om daagliks deur U Heilige Gees se leiding iets meer van U liefde te verstaan en om dit uit te deel aan almal om my.

Vader, ek hoor U fluister vanmôre in die windstilte,
U oog is op my, U kyk na my deur die bloed van U Seun,
U sal my altyd vashou,
my dra en my bewaar,
U genade oor my is elke môre nuut,
my naam is in U handpalms gegraveer,
ek is U oogappel en U verheug U oor my!

Dankie Pappa Vader dat U my uitgekies het om 'n koningskind te wees.

Amen & Amen

Geniet die laaste dag van 2021 en mag die beste van 2021 die minste in 2022 wees, mag Vader se goedheid en guns met elkeen gaan in 2022 en mag 2022 die jaar van die groot oes vir siele vir Christus wees, leef elke dag so dat ander soos jy wil wees.

Pieter & Lizette
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9962
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1298 on: January 03, 2022, 07:01:54 AM »
Ek het vir jou gebid vandag
ek het nie vir rykdom of roem gevra
(ek weet dit maak nie saak)
ek het vir rare skatte gevra
wat al hoe kosbaarder raak

Ek het gebid dat Hy by jou sal wees
aan die begin van elke dag
en aan jou voorspoed en gawes gee
en vriende om saam mee te lag

Ek het geluk vir jou gevra in alles
- klein en groot
maar bo alles het ek gevra
dat Sy Liefde aan jou behoort!!
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9962
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1299 on: February 13, 2022, 08:19:06 PM »
Pappa Vader,
Ons bid van vir ons deurmekaar land wat so vêr van U afgedwaal het.
Ons bid dat die mense tot bekering van hulle verkeerde weë sal kom en weer sal besef dat om sonder U aan te gaan met hulle lewe, nie die moeite werd is nie.
Ons bid dat U hulle harte sal ontvanklik maak vir U Woord.
Dankie Vader dat ons dit in U naam mag vra
Amen
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9962
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1300 on: February 17, 2022, 05:59:08 PM »
Goeie Môre, KOM ONS BID
Heilige en Magtige God, ek nader U troon vanmôre met al my swakheid om by U te pleit om my te vergewe alles wat ek gedoen, gedink, gesê het wat nie in U wil was nie, om my waardig te maak om U troon van genade te benader. Was en reinig my in U duur en kosbare bloed van Jesus want daar's niemand wat ek vanmôre kan bedank nie, alleenlik U wat U genade vertrouend aan my toevertrou. U het my lewe in U hande en dis deur U genade dat ek 'n lange nag deurgemaak het om vanmôre weer my oë oop te maak om deel te hê aan 'n nuwe dag wat U gemaak het. U genade is vir my genoeg daarom roep my hart uit na U met volle dankbaarheid. Dit is elke dag vir my 'n voorreg om U heerskappy en koningskap oor my lewe te herbevestig en te bely. Dankie dat U my bevry het uit die kerker van sonde en selfvernietiging. Laat my hierdie vryheid met dankbaarheid koester. Al loei die stormwinde om my en al krimp my hart ineen van vrees, weet ek dat U by my is. U vrede maak my sterk. Dankie dat U oral is waar U kinders is. Wanneer ons U opreg en met ywer soek, sal ons U vind. Ek wil graag lewenslank U gehoorsame onderdaan wees. Maak my getrou en sterk in my liefde en getuienis vir U. In alles wat ek doen, streef ek na volmaaktheid deur U krag en genade en alleen maar tot U eer. Help my om met opgewondenheid uit te reik na die toekoms wat U vir my in gedagte het. Laat my glo dat ek dit in U krag sal bereik.Toe ek U gevind het, het ek die lewe gevind - in al sy oorvloed. Lei my op die weë van waarheid, want alleen dan sal ek met vertroue wandel en leef. Ek bid vandag vir almal wie se geloof beproef word en ek sluit myself daarby in. Deur U krag sal ek uitstyg bo alle mislukkings, teleurstellings en terneergedruktheid. Gaan nou met ons deur hierdie onbekende dag. Bewaar ons van die bose. Dek ons met U bloed en seën ons dag verder in Jesus Naam.
AMEN EN AMEN. (Sanet)
Pieter Blignaut