Author Topic: Gebed vir vandag.  (Read 78759 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9952
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1290 on: February 02, 2021, 09:50:54 AM »
God, Drie Eenig, hierin die binnekamer waar ons U aanbid, waar dit net ons alleen is en ons onsself kan regverdig. Here, waar daar geen aanklagte van ander is om teen ons te getuig is dit so maklik om onsself te verontskuldig. Vader, te kan maak of ons geen skuld het aan onuithoubare situasies binne verhoudings. Vader, vergewe ons vir waar ons die laaste sê wil in kry om onsself te regverdig. Vader, om tog net nie die swak een te wees nie. Here, gee ons die krag en insig om satan se hand te sien in hierdie situasies en laat ons eerder die situasie te ontlond. Vader, laat ons eerder die grootste gebod nakom om ons naaste lief  te hê soos onsself. Here, dat ons eendag wanneer ons opgeroep word na U, ons knie moet buig voor U, voor die Regter se stoel, dat ons U regverdige oordeel sal kan deurstaan en uit genade gebore word in die ewige lewe. Amen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9952
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1291 on: April 07, 2021, 05:49:41 AM »
Abba en Vader, ons loof U vir lig na die donker, vrede na die stryd, glimlag na die trane, sing na die gekryt; waarheid na dwaling, vryheid na druk. Vader, alles wanneer Jesus op ons wandel pad is, ware vreugde. Vader bring vir ons die lengte reën in ons lewens, soos wat U die winterveld daarmee versorg, versorg ook ons met hoop, geloof en liefde. Vader versorg ook elkeen wat oor ons pad of in ons gedagte kom met U liefde. Vader, bewaar ons van die pad van duister. Here, maak ons vry in U en vry van die wêreld se haat en begeertes, maak ons vry van sondes wat ons in ons harte en gedagte koester en dra. Amen
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9952
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1292 on: July 04, 2021, 03:27:14 PM »
Hemelse Pappa….
Ek wil U asseblief vra…
Om die wat seer het vandag….
... Se seer weg te neem…
Die wat in pyn verkeer…
U hand hul sal genees…
Die wat ernstig siek geword het en stry vir lewe....
Dat U hulle spesiaal sal aanraak en teen U bors sal druk
Die wat se trane loop…
U hul sal opdroog…
Die vrae wat hul vra…
Die antwoorde daarop kan kry…
Die hoekoms en die waaroms…
Dat U in hul harte sal praat…
Hier op my knieë vra ek…
Liewe Jesus raak hul aan…
Maak hul hartjies bly…
Ek plaas hul by U voete neer….
Reinig hul met U bloed…
Was hul verledes weg…
Woon in hul harte Heer…
Laat satan net verkas…
Vader, die wat ‘n geliefde verloor het…
Die wat veg om hul lewens…
Raak hul aan met U liefde…
Plak die Jesus pleister waar dit eina is…
Wees asseblief met elke mens, Jesus…
Laat die Heilige Gees hul help…
U Engele hul beskerm…
Dat hul nie in vrees hoef te leef…
Hemelse Pappa…
Dit is my gebed…
Laat U wil in alles geskied…
Dankie Liewe Jesus…
U alleen is Groot en Almagtig…
U is ons Geneesheer en Leermeester….
Ons beskermer en onse Heer…
Dankie o Heer…AMEN
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9952
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1293 on: July 16, 2021, 07:00:58 AM »
Goeie môre Pappa Vader,
Ek bid dat U Wil ook vandag sal geskied, ek weet dat U 'n plan het vir elkeen vandag,
Ek bid vir hulle wat nie vanoggend iets het om te eet nie, dat U sal voorsien
Ek bid dat U sal voorsien vir 'n dak oor hulle kop en iets warms om aan te trek.
Ek bid Vader, om vergifnis te vra as ek selfsugtig optree en nie dankbaar is vir wat ek het nie want daar is baie wat bid daarvoor.
Ek bid dat U U hand van goedheid en guns oor elkeen van ons sal hou vandag en ons beskerm van die bose planne van satan.
Ek bid Vader dat U U engele opdrag sal gee om hierdie dag saam met elkeen van ons die pad te stap, dat hulle 'n laer om elkeen van ons sal trek
Dankie Pappa Vader dat ek dit in U Naam kan bid en vra
Ek loof en prys U grote Naam
Amen, Amen en Amen
« Last Edit: July 16, 2021, 07:08:24 AM by Blikkies »
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9952
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1294 on: July 18, 2021, 08:55:38 AM »
Goeie môre dis Sondag mag ons weer saam met ons, ons Vader vandag wandel.. Laat ons nooit Sy hand van genade los nie, neem Hom saam met elke tree in jou lewe.
...Onthou God se Genade....
Wat is daardie voorregte?
Psalm 103 spel dit uit:
1. Hy vergewe jou sondes.
2. Hy genees jou siektes.
3. Hy verlos jou van ondergang.
4. Hy kroon jou met goedheid en genade.
5. Hy versadig jou siel met die goeie jou jeug weer nuut word soos die van ń arend.   
6. Hy laat reg geskied aan almal wat verdruk word.
7. Hy maak sy weë aan jou bekend.
8. Hy gee jou sy genade in tye van nood.
Maak ń punt daarvan om elke oggend hierdie dinge hardop vir die Here te sê. Staan voor Hom in gebed en onthou sy genade aan jou.
Amen.
Pieter Blignaut