Author Topic: Gebed vir vandag.  (Read 78005 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9945
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1290 on: February 02, 2021, 09:50:54 AM »
God, Drie Eenig, hierin die binnekamer waar ons U aanbid, waar dit net ons alleen is en ons onsself kan regverdig. Here, waar daar geen aanklagte van ander is om teen ons te getuig is dit so maklik om onsself te verontskuldig. Vader, te kan maak of ons geen skuld het aan onuithoubare situasies binne verhoudings. Vader, vergewe ons vir waar ons die laaste s wil in kry om onsself te regverdig. Vader, om tog net nie die swak een te wees nie. Here, gee ons die krag en insig om satan se hand te sien in hierdie situasies en laat ons eerder die situasie te ontlond. Vader, laat ons eerder die grootste gebod nakom om ons naaste lief  te h soos onsself. Here, dat ons eendag wanneer ons opgeroep word na U, ons knie moet buig voor U, voor die Regter se stoel, dat ons U regverdige oordeel sal kan deurstaan en uit genade gebore word in die ewige lewe. Amen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9945
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1291 on: April 07, 2021, 05:49:41 AM »
Abba en Vader, ons loof U vir lig na die donker, vrede na die stryd, glimlag na die trane, sing na die gekryt; waarheid na dwaling, vryheid na druk. Vader, alles wanneer Jesus op ons wandel pad is, ware vreugde. Vader bring vir ons die lengte ren in ons lewens, soos wat U die winterveld daarmee versorg, versorg ook ons met hoop, geloof en liefde. Vader versorg ook elkeen wat oor ons pad of in ons gedagte kom met U liefde. Vader, bewaar ons van die pad van duister. Here, maak ons vry in U en vry van die wreld se haat en begeertes, maak ons vry van sondes wat ons in ons harte en gedagte koester en dra. Amen
Pieter Blignaut