Author Topic: Gebed vir vandag.  (Read 70937 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1275 on: August 01, 2018, 12:27:46 AM »
God, Drie Eenig, hierin die binnekamer waar ons U aanbid, waar dit net ons alleen is en ons onsself kan regverdig. Here, waar daar geen aanklagte van ander is om teen ons te getuig is dit so maklik om onsself te verontskuldig. Vader, te kan maak of ons geen skuld het aan onuithoubare situasies binne verhoudings. Vader, vergewe ons vir waar ons die laaste sê wil in kry om onsself te regverdig. Vader, om tog net nie die swak een te wees nie. Here, gee ons die krag en insig om satan se hand te sien in hierdie situasies en laat ons eerder die situasie te ontlond. Vader, laat ons eerder die grootste gebod nakom om ons naaste lief  te hê soos onsself. Here, dat ons eendag wanneer ons opgeroep word na U, ons knie moet buig voor U, voor die Regter se stoel, dat ons U regverdige oordeel sal kan deurstaan en uit genade gebore word in die ewige lewe. Amen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1276 on: August 20, 2018, 11:06:05 PM »
Ons Here en ons God hoe groot is U liefde vir ons. Here, hoe lieflik is dit om in U waarheid te skuil. Vader, dankie dat U ons beskerm teen die bose as ons U ken en dat U vir ons die wapenrusting gee om aan te trek as ons gekies het om U te dien en om in U woning te bly. Bewaar ons Here teen al die onheil en die aanvalle van satan. Amen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1277 on: August 26, 2018, 09:17:41 PM »
‘n Sterkte vesting is ons God. ‘n Toevlug en beskerming, al dreig die leed al druk ons lot, steeds bied Hy ontferming. Die sielevyand stel sy strikke waar hy kan; sy wapenrusting is vol valsheid en lis, op aard nie sy gelyk. Dankie Here Jesus dat U lewenswandel op aarde ons wapenrusting is. Dankie Here Jesus dat met U Gees, die Heilige Gees ons alles kan oorwin, dat of ons aangeval word met die bose geeste van wellis, pornografie, egbreuk, alkholisme, steel, moord, hoogmoed, verraad of watter bose gees satan ons ookal mee aanval en ons ons harte aan U in ware geloof gegee het, sal U net soos vir Job, ons nie verlaat nie, vir Petrus nie laat sink nie, maar sal ons opruk uit die verderf, weg van die strikke van die sielsvyande. Amen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1278 on: September 02, 2018, 08:38:08 PM »
Abba en Vader, Almagtige God en ons Koning, ons dank U vir die voorreg wat ons deur die genade van Jesus Christus ontvang het. Vader, dat U ons deel gemaak het van die plan vir hierdie wêreld wat so deurmekaar is, so vol sonde. Vader, dat U ons vertrou. Here, dat dit nie saakmaak hoeveel sonde agter ons name geskryf word nie. Vader, maar wanneer ons ons oorgee in Jesus en U ons hart oordeel, U ons altyd plek sal gee in U huis by die wat deur genade ook ‘n tuiste aan U voete gevind het. Vader, dat ons alleen met ons lewe voor U staan, maak ons nie meer bang nie, want toe die voorhangsel in die tempel geskeur het was dit die laaste keer dat ons sonde ons weg gehou het van U genade. Dankie Vader dat ons in hierdie tyd leef, dat U ons lewe vir nou beplan het. Vader, dit is ‘n vreugde wat net ons en ons alleen wat Jesus Christus aangeneem het kan beleef, ons lewe behoort aan U en U alleen. U heers oor ons begeertes. Amen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1279 on: September 07, 2018, 09:11:50 PM »
Abba en Vader, Almagtige God en ons Koning, ons dank U vir die voorreg wat ons deur die genade van Jesus Christus ontvang het. Vader, dat U ons deel gemaak het van die plan vir hierdie wêreld wat so deurmekaar is, so vol sonde. Vader, dat U ons vertrou. Here, dat dit nie saakmaak hoeveel sonde agter ons name geskryf word nie. Vader, maar wanneer ons ons oorgee in Jesus en U ons hart oordeel, U ons altyd plek sal gee in U huis by die wat deur genade ook ‘n tuiste aan U voete gevind het. Vader, dat ons alleen met ons lewe voor U staan, maak ons nie meer bang nie, want toe die voorhangsel in die tempel geskeur het was dit die laaste keer dat ons sonde ons weg gehou het van U genade. Dankie Vader dat ons in hierdie tyd leef, dat U ons lewe vir nou beplan het. Vader, dit is ‘n vreugde wat net ons en ons alleen wat Jesus Christus aangeneem het kan beleef, ons lewe behoort aan U en U alleen. U heers oor ons begeertes. Amen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1280 on: November 17, 2019, 11:11:20 AM »
Vader, ons bid vir elke persoon wat U vandaag so nodig het maar te saam is om te vra
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1281 on: November 20, 2019, 06:42:43 AM »
Abba Vader, Vader Seun en Heilige Gees, dankie vir die voorreg wat U aan ons elkeen bied om gehoorsaam aan U Woord te wees. Here hou en maak my nederig in alles wat ek deur U aanpak en laat ek altyd besef dat U is my Raadgewer, die oorsprong van my kennis, van my doen en late. Dankie Heer vir U genade. Amen
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.16-07-2020
« Reply #1282 on: July 16, 2020, 04:02:51 AM »
Ons bly asb bid vir elke persoon vat hierdie virus op getel het, dat Vader hulle daardeur sal dra en dat hulle lewende getuies sal wees van Sy Groot Hand van genesing.

Bid vir die wat huidiglik by die huis moet aansterk al is dit moeilik, dat hulle die krag van die Heilige Gees sal ontvang om volkomen te herstel
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1283 on: September 19, 2020, 10:51:00 PM »
Vader, dit is my gebed, dat U Koningkryk  vroeg sal kom want ons het U so nodig
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1284 on: September 23, 2020, 09:43:10 PM »
Kom ons bid ernstig vir die toestand waarin ons mooie land verkeer, dat Vader die bose magte sal met ketting bind dat daar weer vrede kan kom.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1285 on: October 01, 2020, 08:34:27 PM »
Kom ons bid asb vir almal wat deur 'n tyd van depressie gaan, ongeag die omstandighede
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1286 on: October 01, 2020, 08:57:02 PM »
Hemelse Pappa….
Ek wil U asseblief vra…
Om die wat seer het vandag….
... Se seer weg te neem…
Die wat in pyn verkeer…
U hand hul sal genees…
Die wat se trane loop…
U hul sal opdroog…
Die vrae wat hul vra…
Die antwoorde daarop kan kry…
Die hoekoms en die waaroms…
Dat U in hul harte sal praat…
Hier op my knieë vra ek…
Liewe Jesus raak hul aan…
Maak hul hartjies bly…
Ek plaas hul by U voete neer….
Reinig hul met U bloed…
Was hul verledes weg…
Woon in hul harte Heer…
Laat satan net verkas…
Vader, die wat ‘n geliefde verloor het…
Die wat veg om hul lewens…
Raak hul aan met U liefde…
Plak die Jesus pleister waar dit eina is…
Wees asseblief met elke mens, Jesus…
Laat die Heilige Gees hul help…
U Engele hul beskerm…
Dat hul nie in vrees hoef te leef…
Hemelse Pappa…
Dit is my gebed…
Laat U wil in alles geskied…
Dankie Liewe Jesus…
U alleen is Groot en Almagtig…
U is ons Geneesheer en Leermeester….
Ons beskermer en onse Heer…
Dankie o Heer…AMEN
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag. 07 Oktober 2020
« Reply #1287 on: October 07, 2020, 12:57:55 AM »
Kom ons bid ernstig van elke persoon wat op die oorblik n die hopsitaal lê met Covid Positief. Kom ons bid dat Abba Vader hulle elkeen kragdadig sal aanraak sodat hulle volkome gesond sal word. Dat hulle 'n lewende getuige van Vader se almag sal uitstraal

Dankie Abba Vader dat ons kan weet dat U reeds besig is met die herstelproses
Amen
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1288 on: November 24, 2020, 09:45:25 AM »
Kom ons bid ernstig vir ons land
Pieter Blignaut