Author Topic: Gebed vir vandag.  (Read 52059 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9808
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1275 on: August 01, 2018, 12:27:46 AM »
God, Drie Eenig, hierin die binnekamer waar ons U aanbid, waar dit net ons alleen is en ons onsself kan regverdig. Here, waar daar geen aanklagte van ander is om teen ons te getuig is dit so maklik om onsself te verontskuldig. Vader, te kan maak of ons geen skuld het aan onuithoubare situasies binne verhoudings. Vader, vergewe ons vir waar ons die laaste s wil in kry om onsself te regverdig. Vader, om tog net nie die swak een te wees nie. Here, gee ons die krag en insig om satan se hand te sien in hierdie situasies en laat ons eerder die situasie te ontlond. Vader, laat ons eerder die grootste gebod nakom om ons naaste lief  te h soos onsself. Here, dat ons eendag wanneer ons opgeroep word na U, ons knie moet buig voor U, voor die Regter se stoel, dat ons U regverdige oordeel sal kan deurstaan en uit genade gebore word in die ewige lewe. Amen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9808
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1276 on: August 20, 2018, 11:06:05 PM »
Ons Here en ons God hoe groot is U liefde vir ons. Here, hoe lieflik is dit om in U waarheid te skuil. Vader, dankie dat U ons beskerm teen die bose as ons U ken en dat U vir ons die wapenrusting gee om aan te trek as ons gekies het om U te dien en om in U woning te bly. Bewaar ons Here teen al die onheil en die aanvalle van satan. Amen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9808
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1277 on: August 26, 2018, 09:17:41 PM »
n Sterkte vesting is ons God. n Toevlug en beskerming, al dreig die leed al druk ons lot, steeds bied Hy ontferming. Die sielevyand stel sy strikke waar hy kan; sy wapenrusting is vol valsheid en lis, op aard nie sy gelyk. Dankie Here Jesus dat U lewenswandel op aarde ons wapenrusting is. Dankie Here Jesus dat met U Gees, die Heilige Gees ons alles kan oorwin, dat of ons aangeval word met die bose geeste van wellis, pornografie, egbreuk, alkholisme, steel, moord, hoogmoed, verraad of watter bose gees satan ons ookal mee aanval en ons ons harte aan U in ware geloof gegee het, sal U net soos vir Job, ons nie verlaat nie, vir Petrus nie laat sink nie, maar sal ons opruk uit die verderf, weg van die strikke van die sielsvyande. Amen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9808
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1278 on: September 02, 2018, 08:38:08 PM »
Abba en Vader, Almagtige God en ons Koning, ons dank U vir die voorreg wat ons deur die genade van Jesus Christus ontvang het. Vader, dat U ons deel gemaak het van die plan vir hierdie wreld wat so deurmekaar is, so vol sonde. Vader, dat U ons vertrou. Here, dat dit nie saakmaak hoeveel sonde agter ons name geskryf word nie. Vader, maar wanneer ons ons oorgee in Jesus en U ons hart oordeel, U ons altyd plek sal gee in U huis by die wat deur genade ook n tuiste aan U voete gevind het. Vader, dat ons alleen met ons lewe voor U staan, maak ons nie meer bang nie, want toe die voorhangsel in die tempel geskeur het was dit die laaste keer dat ons sonde ons weg gehou het van U genade. Dankie Vader dat ons in hierdie tyd leef, dat U ons lewe vir nou beplan het. Vader, dit is n vreugde wat net ons en ons alleen wat Jesus Christus aangeneem het kan beleef, ons lewe behoort aan U en U alleen. U heers oor ons begeertes. Amen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9808
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Gebed vir vandag.
« Reply #1279 on: September 07, 2018, 09:11:50 PM »