Author Topic: Gebed  (Read 1450 times)

Offline mielie

  • Forum Admin
  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 5541
    • http://www.godspraak.co.za
Gebed
« on: November 18, 2008, 06:22:50 AM »
Dierbare Hemelse Vader,

Ons kom in aanbidding tot U om aan U eer te bring.  Om aan U lof en aanbidding te bring. U die Skepper van die Heelal.  U wat ons bewaarder, wat nie sluimer of slaap nie, is. U die Skepper van die heelal.  Dankie vir hierdie dag.

Dierbare Vader 'n nuwe dag en nuwe geleenthede lÍ voor ons.  Ons weet
dat ons slegs in U 'n sukses van die dag kanmaak.  Maak ons opgewonde om die uitdagings wat U oor ons pad gaan bring aan te pak en tot U eer af te handel.

Vergewe ons waar ons gister verkeerd gegaan het.  Leer ons om vergifnis te aanvaar.  Ons vergewe maar ons verstaan nie altyd dat ons ook vergifnis nodig het nie.  Dat ons onsself moet vergewe vir die foute wat ons gemaak het nie.

Laat ons vandag die geloofstoets slaag.  Leer ons om op U te wag en nie self alles op ons manier te wil volbring nie.  Geduld liewe Vader, ons kort geduld.

Sien ons gebedslys aan.  Hulle wat siek is, finansiŽle nood ken, kinders wat hulle eie paaie wil stap.  Ek bid vir die aan wie ek beloof het om te bid.  Dis moeilik om 'n kunstenaar te wees en U  te dien.   Maar in u genade is dit moontlik. Bewaar hulle van die eise wat die bedryf aan hulle stel.  Beskerm hulle teen die aanvalle van die bose, net soos wat U ons daarteen beskerm.

Daar is sprake Vader dat hulle van die myne wil sluit.  Sal u asb keer.  Die hongersnood en armoede en verval is vreeslik wanneer so iets gebeur.  Ons weet mos. Dis net na U wat ons, ons kan wend.

Vul ons met U vreugde sodat ons U naam vandag met in vaste tred  kan uitdra.  Alles Heer nie soos ons wil maar soos U wil en tot eer van U naam.

Amen.