By U, o HERE, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.
Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my ‘n rots om in te vlug, ‘n baie vaste huis om my te verlos.
Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.
U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.
In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, HERE, God van trou.
Amen
'n psalm van Dawid Ps 31