Deel een
Ek het die afgelope tyd baie geleenthied gehad om met Vader te praat. Trouens ek het bederf gevoel vir die hoeveelheid geborgenheid Hy oor my laat reën het. Selfs die stap in die berg, druip nat van die reën het salwing vir my siel gebring. ‘n Salwing wat elkeen van ons kan ervaar as ons net bereid is om onsself daarvoor oop te stel. Hy het reeds sy kant van die Salwing volbring. Waarom lyk dit dan van buite af asof die kinders van God kragteloos is.
Ek dink, is maar my opinie, dat ons die hele saak verkeerd benader. Ons wil dans in die storms maar ons kan nog nie eers loop nie en ons wil loop maar ons kan nog nie staan nie. Ons wil staan maar ons kan nog nie sit nie. ‘n Hele mondvol maar as jy dink dat jy dit verstaan is jy verkeerd want die orde waarin ek dit vir jou voorgehou het is verkeerd. En dis waar die geheim lê. Baie van ons is verkeerd geleer.