Opbouende of afbrekende tong
Alle woorde se oorsprong is van uit die hart en ons tong is die voertuig daarvan. Wysheid is die rem op jou tong en slimheid is die brandstof daarvan. Jou tong het geen gewete nie. Die tong is soos die spreukwoord wat sê: “Brandewyn het nie brieke nie.” Wanneer jou hart se gedagte aan die tong bekend is dan gaan jong tong dit spreuk. Oordink dus met wysheid jou hartsbegeertes voordat jy dit bekend maak aan die tong. Jou tong het nie passassiers nie, soos brandewyn ook nie. Jy alleen gaan babbelas hê, as jy te veel gedrink het. Jy alleen gaan geken en geoordeel word oor wat jy sê. Is soos die Staats President, al word al die besluite in parlement gemaak en selfs sy toespraak deur iemand geskryf, neem hy verantwoordelikheid vir wat hy gesê of afgekondig het, hy kom nooit los daarvan nie.