Author Topic: Sit Jy onskuldig by Jesus aan tafel  (Read 131 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9965
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Sit Jy onskuldig by Jesus aan tafel
« on: December 27, 2021, 10:31:22 PM »
Sit Jy onskuldig by Jesus aan tafel

Ons meet en pas, weeg en verdeel. Op die ou end het ons rye, volgordes en versamelings. Boeke waarin ons verantwoording doen teenoor die staat, die belastinggaarder en wie weet wie nog. Ons maak slotsomme van wie eerste en wie laaste is in die besighede, wie is die mees suksesvolste. God se koninryk het n ander orde.: die wat eerste was sal laaste wees en die wat laaste was sal eerste wees. Heel eenvoudig; hier op aarde werk sommige van ons ons dood om n indruk te maak op ander en hulle is eerste, maar God is nie deel van daardie indruk eerste in die wreld, laaste by God. Ander maak God hul werke en gee God die erkening vir alle sukses - laaste in die wreld eerste by God. God se orde werk soos n sirkel met Jesus as middelpunt, as di fokuspunt. Daar is nie n eerste of laaste nie, daar is ook nie kompetisie nie. Moet nie soos die dissipels maak en baie energie vermors om dit aan die einde uit te vind nie. Die ou spreukwoord:  Die wiel is ontwerp en hy is rond, moet hom nie probeer herontwerp nie, hou hom net instand. Lees jou Bybel, bid elke dag en hou die Evangelie instand. Jou beloning sal groot wees.
Pieter Blignaut