Author Topic: Verlore  (Read 46 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9965
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Verlore
« on: July 27, 2021, 06:37:11 AM »
Verlore

Sonder om selfs te veel daaraan aandag te gee leef ons nog elke dag presies soos wat dit in die begin was van Adam en Eva se tyd, teenoor God, teenoor ons vriende, teenoor ons kollegas. Selfs teenoor ons omgewing. Alles begin nuut. Sodra ons gemaklik raak met ons omgewing met wie ons is binne die verhouding vergeet ons dat ons afhanklik is van die ander, van God vir ons bestaansreg. Dat ons is wie ons is as gevolg van die mense om ons, asgevolg van God en die omgewing waarin ons karakter gevorm word. Verseker het Eva nie satan se karakter geken toe sy gehoorsaam geraak het aan wat hy wou h sy moes doen. Moet nie verlore raak van dit wat jy weet wie jy is in Jesus Christus. God sal jou kom soek wanneer jy afgedwaal het. Hy het immers belowe Hy sal jou God wees. Dit is nie egter altyd maklik om God weer in die o te kyk nie, hetsy dit deur jou vriend of vriendin, of jou kolegas se o is wat jy God moet sien. Sonde het die geneigdheid om soos n sneeubal teen n wal af te wees, gou sien jy nie meer die kern, die middelpunt van die bal nie.

Is God nog die middelpunt van jou bestaan.

Sien ander God in jou o!
Pieter Blignaut