Author Topic: Die opstanding van Jesus  (Read 58 times)

Offline Lizette

  • Newbie
  • *
  • Posts: 4
Die opstanding van Jesus
« on: April 04, 2021, 07:00:21 AM »
(Her pos deur Pieter Blignaut)
Die opstanding van Jesus bring oorwinning oor verlies van hoop

Toe hulle (die Emmausgangers) by die dorpie aankom waarheen hulle op pad was, het Hy gemaak of Hy verder wou gaan. Hulle het egter by Hom aangedring en ges: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag is al verby. Toe het Hy ingegaan om by hulle oor te bly. Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die sen, breek dit en gee dit vir hulle. Toe gaan hulle o oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn.- Lukas 24:13-35

Hande s nogal baie. Dit verraai mens se ouderdom. Dit verraai iets van ons beroep. Ons hande kan ook iets van ons gesondheid, geestestoestand en selfbeeld vertel. Ons ken die hande van ons geliefdes baie goed. Dit is tog die eerste punt van kontak en aanraking. Enige kind ken die hande van sy ouers. Die liefdevolle hande van die moeder. Die versorgende en beskermende hande van die vader. Elkeen ken die hande van die geliefde. Daar is ook die hande wat ons met vrees en afgryse herken. Die hande van die aanrander of hande wat mishandel.

Miskien was dit die hande van Jesus wat die Emmausgangers herken het. Miskien was dit die manier waarop Hy die brood gebreek het.

Die arme Emmausgangers was heeltemal verblind deur hulle situasie. Hulle is op pad terug huis toe. Te veel het die vorige week gebeur. Jesus is gevang; verhoor; veroordeel; gekruisig. Hy is begrawe. Hulle is stukkend oor die dood van hulle geliefde Leier. Hulle het so gehoop dat Hy hulle situasie sou verander: die juk van die Romeine sou afwerp en n nuwe era vir die volk van God sou inlei. Maar toe gebeur dit nie. Hulle het alle hoop verloor.

Wat hulle nog verder ontstel, is die feit dat van die vroue vroeg die oggend al kom vertel het dat hulle by die graf was, maar dat Jesus nie daar is nie. Die vroue vertel toe van die engele wat aan hulle verskyn en vir hulle vertel het dat Jesus uit die dood opgestaan het en leef. Van die ander dissipels het ook vertel dat hulle dit net soos die vroue vertel het, gevind het.

Intussen hoor hulle ook ander stories en dit ontstel hulle nog meer. Daar word vertel dat die dissipels die liggaam van Jesus gesteel het. Hulle weet dit is nie waar nie, maar vrees die gevolge daarvan. Die Emmausgangers is verward; onseker en boonop baie hartseer.

Die Emmausgangers het hulle hoop verloor. Hulle het hulle hoop daarop gevestig dat Jesus hulle sou verlos uit die onderdrukkende sosio-politieke situasie waarin hulle verkeer het. Nou is hulle sonder hoop.

Vandag gebeur dit ook met ons. Die omstandighede vang ons so vas, verwar ons en maak ons onseker en blind. Ons gedagtes bly maal maar ons het nie insig nie. Ons weet nie wat is waar en waarheen ons pad loop nie. Hoe sal ons ooit hieruit kom? Wat gaan gebeur? My lewe l aan skerwe. So baie mense het alle hoop verloor. Daar is talle huise waar die kinders die land verlaat en elders n heenkome gaan soek het. Die sosio-politieke en ekonomiese situasie en werksgeleenthede was vir baie sodanig dat hulle besluit het om elders n heenkome te gaan soek. Nou bly baie ouers sonder hulle kinders agter. Soos die tyd aanstap, verloor hulle hoop. Daar is diegene wat nie hoop het dat die huislike omstandighede kan verander nie. Daar is die wat nie meer hoop op verbeterde gesondheid nie. So kan ons aangaan. So baie het hulle hoop verloor. Leef nie meer met n glimlag positief en opgeruimd nie. So baie het byna nie die krag om te loop en deur die dag te kom nie. So baie het hulle hoop verloor en gaan moedeloos en verslae voort.

Die opgestane Jesus sluit by die Emmausgangers aan. Hy praat met hulle. Hy vra hulle uit oor hulle gemoedstoestand. Hy luister met aandag na hulle en hoor presies wat hulle s. Met empatie luister Hy. Hy praat met hulle. Hy praat reguit en op die man af as Hy hulle berispe oor hulle gebrek aan begrip en hulle traagheid van gees. Hy begin om die Ou-Testament vir hulle uit te l.

Hoe nodig is dit nie dat ons die voorbeeld van Jesus sal volg nie. Ons behoort ook na diegene wat hoop verloor het, te gaan. Soos Jesus moet ons luister en hoor waarom hulle hoop verloor het. Soos Hy moet ons reguit en ernstig praat. Maar nie verwyt nie. Wys ander op die Woord en die antwoord uit die Woord op hulle vrae en bo-al op die liefde van die Here vir almal wat hulle hoop verloor het.

Die Emmausgangers het Jesus gehoor. Maar nog dring dit nie tot hulle deur nie. Hulle begryp nie.

As hulle by hulle huis kom, nooi hulle Hom uit om daar oor te bly. Hulle verloor nie hulle gasvryheid nie. Nou weet ons dat in die Joodse gemeenskap gasvryheid baie belangrik was en juis n aanduiding van hulle godsdienstigheid en vroomheid was.

Dit is wanneer hulle aan tafel is en Jesus die brood breek, dat hulle Jesus herken. Aan die tafel. Daar waar Jesus so dikwels brood gebreek het.

Het hulle sy hande gesien? Die hande wat die skares gevoed het. Die hande wat blindes se o geopen het. Die hande wat siekes genees het. Die hande wat in liefde uitgereik het na ander. Die hande wat geleer en vermaan het. Die hande wat deurboor is toe Hy gekruisig is.

Mens wonder wat ander in ons hande sien? As iemand ons aan ons hande herken, watter gedagtes roep dit by hulle op? Sien hulle in ons die skadubeeld van God? Herinner ons hulle aan die optrede van Jesus?

Hulle herken Jesus as hulle aansit vir die maaltyd. Was dit in die herinnering van die laaste maaltyd saam met Hom? Aan die momente toe hulle as dissipelgroep so intiem saam met Jesus was. Was dit toe dat hulle dit weer en opnuut beleef, dat hulle Jesus herken het?

As ons met ons gesinne, families en vriende weer aan tafel sit en herenig word, is die vraag watter herinneringe sterk na vore kom? Bring dit almal in beweging? Bring dit einde aan hartseer, ongelukkigheid, onsekerheid en vrees?

Miskien moet ons ook rustig rondom ons tafels kyk. Dalk ontdek ons ook dat Jesus daar is. Nou nie soos by die Emmausgangers nie, maar Hy is mos altyd by ons. Dit is net dat ons dikwels so verblind is deur ons omstandighede en so stompsinnig is dat ons Hom nie raaksien nie. Kyk, Ek is met julle tot die einde van die wreld, het Jesus beloof.

Die herkenning van Jesus het alles vir die Emmausgangers verander. Al is dit nag, haas hulle hulle na Jerusalem. Daar vertel hulle wat gebeur het en wat hulle beleef het. Nou is hulle nie meer bang en verward nie, maar dinamies, gemotiveerd en vol vreugde. Die Emmausgangers wat hulle hoop verloor het, kan weer hoop. Daar is n toekoms en die toekoms is nie meer duister nie. Die Lig het deurgebreek: Jesus leef. Nou gaan hulle hoopvol die toekoms tegemoet.

Hierdie vertelling hier aan die einde van die Evangelie van Lukas belig ook die feit dat mens dikwels in probleme beland as jy verkeerde opvattings oor Jesus het. Hulle het nog aan Hom gedink as Verlosser van Israel uit die politieke gemors waarin hulle was. As dinge dan nie loop soos jy dink nie, herken jy nie die lewende Jesus in jou midde nie. Hulle het die Ou-Testament met oogklappe gelees en baie goed geken, maar min verstaan. Vir ons is dit net so belangrik om te leer om met n oop gemoed die Bybel toe te laat om met ons te praat.

Deur die eeue heen, sedert Dawid Psalm 68 as n feeslied gedig en gekomponeer het, het hierdie Psalm gelowiges se hoogste gevoelens van lof en diepste gevoelens van dank verwoord. Dit is geloofstaal en geloofsvertroue wat spreek in drie uitroepsinne: Geloofd sy die Here! Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! (Psalm 68:20).

Pragtige en kragtige beeldspraak God wat dra! God doen mr as net om ons in die lewe te laat kom. God doen mr as net om ons te verseker van verlossing; mr as om net by die beginpunt en die eindpunt van ons lewe te wees. Deurlopend, dag na dag, dra Hy ons! (Ps. 68).

Die beeld van God as die draende God is deurlopend in die Bybel.
Moses s: Soos n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra, so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei (Deut. 32:11,12).
Die ewige God is n skuilplek, sy arms is altyd onder jou (Deut. 33: 27).
By monde van Jesaja s die Here: Luister na My, nageslag van Jakob, julle vir wie ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red (Jes. 46:3-4).
My genade is vir jou genoeg (2 Kor. 12:9).
Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie (Heb. 13:5).

God wat dra, is beeldspraak van God se krag. God dra hierdie magtige skepping met sy vastelande en eilande, sy oseane en planete, sy sterrehemel en hemelstrate. n God dra sy kinders. Daarom is dit ook beeldspraak wat getuig van besondere teerheid, warmte en innigheid; beeldspraak van besondere beskerming en veiligheid waarvan die mens verseker word.

God weet hoe klein van moed en swak van kragte ons is. Ons kan nie so ver in droefheid en smart val dat die draende God ons nie kan bykom en optel om ons verder te dra nie. God se weg kan nooit so donker wees nie dat Hy nie sorg vir wie Hom vrees nie. Ook die donker en uitsiglose dae val in die tydspan en termyn van dag na dag dra Hy ons.

Gebed:
Lewende Here,
ons bid dat die lewende woorde uit u Woord
nie by ons n hart van klip
en n kop van yster sal aantref nie,
maar n liergierige gees wat werklik soek
na die betekenis van die nuwe lewe in U.
Laat ons werklik ervaar
dat U ons Vader is
wat ons as u kinders aangeneem het;
dat u ons Verlosser is wat namens ons gesterf
en weer opgestaan het,
en dat U deur u Gees ons harte verlig
om u stem te hoor.
Amen
(Johannes Calvyn Uit: Gebedeboek vir die Lewe Lux Verbi.BM)