Author Topic: Verlief of lief  (Read 35 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9927
    • http://www.godspraak.co.za
Verlief of lief
« on: January 20, 2021, 09:08:08 PM »
Verlief of lief

Om verlief te wees is n wonderlike ervaring. Jy loop op die wolke, doen alles in jou vermo om by die persoon te te wees, om hom of haar gelukkig te hou. Om lief te h is om te volhard in verliefdheid, om nie tou op te gooi wanneer jy teleur gestel word omdat hy nie vandag jou bederf het soos gister nie of omdat die pakkie wat jy gekry het nie heeltemal die inhoud bevat wat jy op gehoop het nie. Om lief te h neem tyd. Om lief te h is om bereid te wees om te wag vir die rykdom wat hy jou belowe, om hom te omvou wanneer daar kwaadstokery plaasvind, om daar vir die persoon te wees deur dik en dun, nie omdat jy moet nie maar omdat jy wil. Is jy nog lief vir Jesus, is jy nog bereid om te wag op Sy uitkoms vir jou, Sy raadsplan waarmee Hy jou geskape het. Jesus moet nie lief wees vir jou  nie, Hy wil lief wees vir jou, dit het dalk tyd geword dat jy Sy liefde aanvaar. Soos wat n vrou die liefde van haar man aanvaar sonder om skuldig te voel oordat hy gee. n Man gee liefde onvoorwaardelik, n vrou gee haarself aanhoudend. God gee liefde onvoorwaardelik, gee jy jouself aanhoudend? Hy is tog immers jou Bruidegom!!!
Pieter Blignaut