Author Topic: Was jy al vertel dat jy nie moet oordeel nie?  (Read 64 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9908
    • http://www.godspraak.co.za
Was jy al vertel dat jy nie moet oordeel nie?
« on: September 23, 2020, 10:26:05 PM »
Was jy al vertel dat jy nie moet oordeel nie?  Beslis was jy as jy die weg van die gesonde leer van God volg en weier om deel te word van die weg wat die sondaar volg, want in vermaning aan die wat verkeerd lewe maak jy satan baie boos, omdat ek en jy dan satan se volgelinge probeer opeis vir die kruis van Jesus. God is lankal nie meer tevrede met die een wat nie na waarskuwing op waarskuwing wil breek van sy sondes nie. God is so moeg daarvoor dat God s dat, as ek en jy hulle vermaan vanuit Sy Woord, want God se Woord het jou in jou sondes klaar veroordeel, dan moet jy jou van hulle sny, inteendeel jy moet nie eens saam met hulle eet nie, jy moet hulle as heidene beskou, iemand wat nie God lief het nie. Dit is nie moeilik vir my en jou om weg te bly van mense met n aansteeklike siekte nie, inteendeel ons is nie eens met hulle in dieselfde kamer nie, wat s nog saam eet, want so n iemand kan ons liggaam vernietig en daarin beskerm ons dan nie ons liggaam nie. Maar ai tog, wat van ons gees word, daarin het ons nie n saak nie. Die aansteeklikheid wat ons gees vernietig, wat veroorsaak dat ons nie weer gaan lewe nie, wat ons vir ewig doodmaak, dit laat ons toe. Laat ons toe om ons aan te steek met hulle vulgre taal en derglike, selfs ons bloedjies vir wie ons so baie omgee en wie ons aan God belowe het met die insening of doop dat ons hulle sal beskerm volgens die Woord van God. Ons laat ons vergiftig met die sondes van ons vriende en dink dit is ok met God. Wel, dit is nie, want God het jou reeds daarin veroordeel en jy is reeds deel van die wat in die poel van vuur gewerp gaan word sou jy jou nie vanuit hierdie slegte we bekeer nie, nie uit beweeg uit die kring van spotters, die wie God bespot deur te dink daar is plek in die hemel terwyl hulle hulle besig hou met satan se werke.
Pieter Blignaut