Author Topic: Sagte o mense  (Read 20 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9852
    • http://www.godspraak.co.za
Sagte o mense
« on: May 10, 2020, 04:28:43 PM »
Sagte o mense

Jesus kyk na ons met liefde en geduld, Hy kyk na ons met "sagte o" . As ons Volgelinge van Jesus genoem wil word, moet ons in Sy voetspore trap:
 
SEWE DINGE WAT SAGTE O MENSE ( Volgelinge van Jesus) GRAAG DOEN:
 
Sagte o:
Elke mens het die behoefte om verstaan te word. Om onvoorwaardelik aanvaar en lief geh te word.
Ons kan dit doen deur met sagte o na ons medemens te kyk. "Sagte o" beteken dat jy die unieke stempel wat God op jou medemens afgedruk het, sal vier.
Jy doen dit onder andere deur voortdeurend na die goeie in jou medemens te soek, die goeie te doen en te probeer om nie jou medemens enige kwaad aan te doen nie.
As jy met sagte o na jou medemens kyk, is dit moontlik om 'n bewuste mens te wees. jy kan dan toepaslik optree en terselfdertyd goed doen. Wanneer ons onbewustelik optree, vergeet ons van God en Sy verwagtinge. Dan behandel ons ons medemens met "harde o" - wat hulle moedeloos en opstandig maak. Bewustelike optrede verseker dat jy in beheer bly van die situasie en van jou emosies.
 
So lyk sagte o- mense:

1.Sagte o mense stel die voorbeeld - 1 Kor 11:1
 
2. Sagte o mense handel hulle verlede af en vergewe - Matt 6:14
 
3. Sagte o mense hou dinge lig - Spr 15:13,15; Spr 17:22
 
4. Sagte o mense Lees die Bybel - 2 Tim 3:16
 
5. Sagte o mense Aanbid God -Luk 17:16-19
 
6. Sagte o mense Is Geduldig - Gal 2:22
 
7. Sagte o mense laat die Klein Dingetjies saak maak - Sag 4:10
Pieter Blignaut