Author Topic: Op soek na jou  (Read 43 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9846
    • http://www.godspraak.co.za
Op soek na jou
« on: November 20, 2019, 06:41:37 AM »
Op soek na jou

Iewers langs verdwaal paaie
waar gister amper soos vandag is
waar ek maar in die skadu rus
moeg vir al die grondpaaie
waar my spore stom verdwaal
ek jou vir my wil gaan haal
waar ek jou in my hart hou
immer dwalend en soekend
na jou
dis my dagtaak my roeping
'n diep verlange wat my dwing
om na jou te soek waar die tortels sing
oor veld, vlaktes en namakwaland
daar het ons sommer net verdwaal
in die hoop niemand sal ons kom haal
ek soek na jou in die donker
van elke nag
op donker peronne waar ek
vir n talisman wag
dalk sal my geluk dan draai
ek nie al soekend oor jou moet
wonder en raai
ek soek jou waar die jakarandas pronk
in hul pers gewade geklee maak hul my dronk
waar ek soekend in die strate dwalend loop
by die blomme vrou amper 'n bossie blomme koop
so 'n werklikheid is jy nog in my dat ek nie eens weet
jou hart het my weggegooi en lankal vergeet
tussen al die mense wat loop in die strate
bly ek jou gesig soek jou oŽ jou beste bate
dis hulle wat my altoos van jou liefde kon vertel
nou is ek alleen soekend na jou en dit is hel
(Dankie Hanlie)
Hanlie Leach ~ Kopiereg voorbehou
20/11/2012
Pieter Blignaut