Author Topic: Leer om te vergewe  (Read 946 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9965
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Leer om te vergewe
« on: August 07, 2019, 07:10:33 PM »
Leer om te vergewe

Ek het nie nodig om vir jou in die Bybel verse aan te dui wat die verse is dat mens moet vergewe nie, tog is die verse in Matteus 6 vers 14 en 15 vir my die mees deur gewende een en lees so in my Bybel, Bybel vir die lewe 24/7. "as julle ander mense hulle oortredinge vergewe, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredinge vergewe nie"
So moet jy 'n "mind switch" maak en dat jy gaan vergewe nog voordat daar teen jou oortree word. Dit is moeilik aan die begin, maar die Here het my op verskeie maniere my daartoe gelei om dit te doen , en die effektiefste manier was gewees om elke keer as iemand iets sou verkeerd doen het ek vir myself gese "God het haar/hom geskape en is lief vir die persoon en nie vir dit wat die persoon aan my doen nie" daardeur het ek later gevind dat ek die oortreding buite die persoon se liggaam sien en vergewe ek die persoon onmiddelik en nie die sonde nie, die sonde moet ek dan nog mee deel. dan vat ek daaardie sonde, skryf dit uit op papier en dan bid ek daarop en vra die Here om my vry te spreek van die bande wat satan op my lÍ deur die sonde wat teen my gepleeg is. dan vat ek daardie papier en skeur dit op in fyn stukkies en gooi dit weg of verbrand ek dit hang af hoe my emosioneel is.
Om die sonde weg te vat van die persoon wat teen jou gesondig het kry jy uit Effesiers 6:12 "Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wereld, teen elke bose gees in die lug."
So hierdeur sÍ die Here dit is nie die persoon wat teen jou sondig nie maar is die bose geeste wat hom/haar gebruik om jou aan te val.
Onthou vergifnis is die sterkste wapen teen die aanvalle van die duiwel. Indien jy die persoon vergewe los die duiwel die persoon ook uit wat teen jou sondig omdat hy dan nie meer 'n gebruik vir die persoon het nie, want jy vergewe die persoon, so dus maak jy die persoon vry van die duiwel terselfde tyd, want nou kan die duiwel hom/haar nie meer gebruik nie.
Pieter Blignaut