Author Topic: 24 Desember 2018  (Read 11 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9816
    • http://www.godspraak.co.za
24 Desember 2018
« on: December 24, 2018, 01:33:15 PM »
KERSFEES - N GODSGESKENK

Kersfees is vandag n tyd van vreugde en gesang
n Tyd om pakkies uit te deel en geskenke te ontvang
n Tyd van fees en joligheid, van blydskap en gelag
Maar sal ons ooit-ooit kan besef, die grootheid van die dag

   Want Kersfees is n Godsgeskenk wat Hy alleen kan bied
   Aan almal wat Hom daarom vra, gee Hy dit graag verniet

Want die mens het deur die eeue, die diepe betekenis
Die skoonheid uit die oog verloor, wat daar in Kersfees is
Want die Grootste Kersgeskenk is daar, alleenlik vir die hart
Ons kan dit slegs ons eie maak, as ons deel het aan Hom

Om ons ontwil het God Sy Seun na die aarde toe laat kom
Dat die mens met Hom moet kennis maak, Sy teenwoordigheid ervaar
Om wyl Hy nog op aarde was, Sy wonders te ervaar
Die Grootste Kersgeskenk is daar, binne elkeen se bereik

   Want Kersfees is n Godsgeskenk wat Hy alleen kan bied
   Aan almal wat Hom daarom vra, gee Hy dit graag verniet
   Want Kersfees is n Godsgeskenk wat Hy alleen kan bied
   Aan almal wat Hom daarom vra, gee Hy dit graag verniet

Dus neem die Grootste Kersgeskenk gerus maar in ontvangs
God vra maar net dat ons moet glo, dis al wat Hy verlang

   Want Kersfees is n Godsgeskenk wat Hy alleen kan bied
   Aan almal wat Hom daarom vra, gee Hy dit graag verniet
   Want Kersfees is n Godsgeskenk wat Hy alleen kan bied
   Aan almal wat Hom daarom vra, gee Hy dit graag verniet
Pieter Blignaut