Author Topic: "Dink wat jy dink!"  (Read 19 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9808
    • http://www.godspraak.co.za
"Dink wat jy dink!"
« on: September 07, 2018, 08:55:19 PM »
"Dink wat jy dink!"

Dit help nie jy jaag jou begeertes nie, want jy jaag dit net verder weg! Maak jou begeertes aan Vader bekend en kies dan om jou te begin verlustig in Hom. Verlustig jou in alles wat jy reeds het - in jou werk, jou vriende/kollegas/familie, die kar wat jy ry en die huis wat jy bly. Maak dit 'n denkpatroon en laat Vader toe om Sy skeppingswerk in jou lewe te voltooi.

Hemelse Vader:
Skryf U naam op my lippe dat ek altyd van U sal praat
Skryf U naam op my voete dat ek altyd met U sal wandel
Skryf U naam op my hande dat ek altyd vir U sal werk
Skryf U naam op my ore dat ek altyd na U sal luister
Skryf U naam op my hart dat ek U altyd sal lief h
Skryf U naam op my skouers dat ek vragte vir U sal dra
Skryf U naam op my o dat ek U sal sien
Ek wil volkome aan U behoort!!
Vergewe my Sondes!
Amen Jesus

GEE OM VIR MEKAAR
Vandag is nog 'n dag aan ons gegee. Wat gaan ons daaromtrent doen? Gaan ons iemand vertel van Jesus? Gaan ons maar net ons eie gang gaan? Hierdie dag is reeds aan ons gegee sodat Sy naam daardeur verheerlik kan word. Ons het vandag 'n kans om daardie keuse te maak sodat iemand wat nog nie van Hom gehoor het nie te vertel van Sy wonderlike liefde en omgee vir ons. Iemand het dit dalk net vandag nodig. Kom ons reik 'n hand van bemoediging, omgee, aanraking uit na 'n persoon toe. Baie keer word onsself daardeur gestig. My gebed is soos daardie liedjie van Leon Ferreira wat se: Here, gee ons weer 'n hart vir hierdie land en sy mense, laat ons waterstrome wees waar droe land, droe woestyn, is. Mag die Here elkeen ryklik seen vandag.

Onthou dat daar 'n direkte verband is tussen jou geluk en jou diensbaarheid. Hoe meer jy bereid is om vir ander te doen, hoe gelukkiger mens sal jy wees.
Psalm 36:6 U geregtigheid is soos die berge van God; U oordele is n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere!

Vergifnis
Sonder n gister kan jy nie n toekoms h nie, maar moenie toelaat dat jou gisters se lelik jou toekoms bepaal nie. Gisters wat deurtrek is van venyn, selfvergelding, onregverdigheid, ongeregtigheid, leuens en derglike. n Onvergeefde gister veroorsaak dat ons nie vorentoe kan beweeg nie. Staan op en uit vandag! Wees die minste en vergewe soos wat Jesus jou vergewe vir wat jy teenoor Hom verkeerd doen. Jesus vertel die verhaal van die man wat die koning baie geskuld het, en die koning het sy skuld afgeskryf. Maar toe gaan dieselfde man en wurg die geld uit iemand wat hom geld geskuld het. Die koning was woedend toe hy dit te hore kom en het sy skuldvrystelling teruggetrek. Staan jy vandag skuldig voor die Koning omdat jy Sy vergifnis verkry het deur die bloed van Jesus, maar nie self kan vergewe nie? Jesus het nie verniet hierdie verhaal vertel nie. Maak vandag seker dat jy nie uitgaan in n wreld waarin jy s dat God sal verstaan dat ek nog nie kan vergewe nie. Indien jy nog nie gereed is om te kan vergewe nie, moet ook dan nie die Koning vra vir vergifnis nie, Hy gaan woedend wees. Vra eerder die Koning om jou vergewensgesind te maak. Dit is n goeie vertrekpunt om vergewe en vrygespreek te word.

Leer om "nee" te s vir die goeie
sodat jy "ja" kan s vir die beste
'n Slang of 'n vis - wat sal dit wees?

Jesus belowe om nie vir ons alles te gee wat ons in gebed voor vra nie. Soos n goeie pappa sal Hy net gee wat Hy weet vir ons goed is. Vra met vrymoedigheid alles wat jy wil h. Wat jy kry is wat vir jou goed is. Hoe dikwels vra ons uit ongeloof? Kan jy nog onthou wat jy laasweek van God gevra het? As die antwoord nee is, hopelik God ook nie, want dan was dit ook nie belangrik genoeg vir jou nie. Ons kry nie, want ons vra nie reg nie!Wanneer jy weer van God in gebed vra, hou die volgende in gedagte: alles wat julle wil h dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en profete. Mat 12:7. Dit gaan beslis jou lys van selfsugtige begeertes met die helfte sny, veral as jy bo aan jou lysie van mense, jou mees gehate vyand se naam het. Baie sterkte met jou eerlikheid in jou begeertes wat jy van Vader vra. Maak ook sommer n lysie van wat jy vra op hierdie manier, en glo my, jy sal sien dat: hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan di wat dit van Hom vra Mat 7:11b waar word.
Pieter Blignaut