Author Topic: Soms  (Read 84 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9808
    • http://www.godspraak.co.za
Soms
« on: January 01, 2018, 10:44:28 PM »
Soms

Soms gebruik God 'n geleentheid om jou te snoei
Soms vat hy jou weg van geld, mag en aardse belang, om jou te wys die dinge wat jy bewus van is, maar jouself blind voor hou
Soms werp hy jou uit in die woestyn sonder kos, en sonder water
Soms weg van almal wat jou ken, om jou insig en visie te gee, wat jy andersins in gewone omstandighede nie sou hÍ nie
Soms lewer hy jou uit aan die onbekende, sonder om jou hand te los
Soms breek hy jou binneste dat jy kan heroorweeg, en weer begin

Soms is jy die een wat in waarheid wandel, maar ander se leuens verblind jou
Soms is jy die een wat niks in ander verkeerd sien, maar hulle loop oor jou
Soms is jy die een wat weet wat agter alles sit, tog is jy siende blind en horende doof
Soms is jy die een wat in sterke geloof wandel, opoffer en afsloof
Soms is jy die een wat eerbaar aanhou om net die goeie raak te sien
Soms stap Hy in en vat alles weg , en gee daarna, wat jy verdien

Soms breek Hy jou siel se erdekruik, laat die onreine leeg-tap uit jou gemoed
Soms gebruik Hy die lewe se oneerlike, laat jou lei voor Hy jou seŽn in oorvloed
Soms meet Hy jou waarheid teen die leuen, wat verniel en breek
Soms is dit die Kompas waar Hy jou beproef, en dan deur kom breek
Soms is die leuens van ander Sy toets, om jou sterkte te bepaal
Soms is dit hoe Hy antwoord as jy die eindpunt van die reis, na die wenpaal, haal

Soms ja soms....val jy na benede oor jy opreg, net aanhou en aanhou gee
Tog sien God alles raak, wie agteraf oneerlik, die leuen leef en weergee
Hy sal jou antwoorde gee in die woestyn wat Hy geskep het
Hy sal jou skoonwas met Sy branders, en verander die tydlyne wat jy self geskep het
Hy sal jou insig gee, as jy fokus op Sy wil, in die honger en dors wat jou nou oordek het

Hy gebruik jou in die toets en ontbloot die waarheid van die leuens
Verwyder die onreine, en gee jou net Sy SeŽn...
Pieter Blignaut