Author Topic: Die uitroep van Vader se hart van Genesis tot Openbaring.  (Read 113 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9753
    • http://www.godspraak.co.za
Die uitroep van Vader se hart van Genesis tot Openbaring.
« on: January 01, 2018, 11:12:14 PM »
Die uitroep van Vader se hart van Genesis tot Openbaring.

My Kind...

Al ken jy My nie, weet ek alles van jou af. Psalm 139:1

Ek weet van jou sit en jou opstaan. Psalm 139:2

Ek is bekend met al jou weŽ. Psalm 139:3

Ek het selfs die hare op jou hoof getel. Mattheus:10:29-31

Ek het jou gemaak om net soos Ek te lyk. Genesis 1:27

In My lewe jy, beweeg jy, en bestaan jy. Handelinge 17:28

Jy is ook gebore om deel van My familie te wees. Handelinge 17:28

Ek ken jou voor jy in jou moederskoot gevorm is. Jeremia 1:4-5

Ek het jou reeds uitgekies voor die begin van die wÍreld. Efesiers 1:11-12

Jy is nie 'n fout nie, Ek het jou beplan. Psalm 139:15-16

Al jou lewensdae is geskryf in My Boek. Psalm 139:15-16

Ek het die regte tyd en plek bepaal waar jy gebore moes word. Handelinge 17:26

Jy is wonderlik mooi geskape. Psalm 139:14

Ek het jou gevorm in jou moederskoot. Psalm139:13

Ek beskerm jou van voor jou geboorte af. Psalm 71:6

Ek word nie erken deur die mense wat My nie ken nie. Johannes 8:41-44

Ek is Liefde en wil tuis voel by jou. 1 Johannes 4:16

Dit is my begeerte om jou met My liefde te oorweldig. 1 Johannes 3:1

Net omdat jy My kind is en Ek jou Vader. 1 Johannes 3:1

Ek wil jou meer goeie dinge gee as wat jou aardse vader ooit aan jou kan gee. Mattheus 7:11

Ek is die volmaakte Vader.  Mattheus 5:48

Elke goeie en volmaakte gawe wat jy ontvang kom uit My hand.  Jakobus 1:17

Ek weet wat jy nodig het en sal voorsien in al jou behoeftes. Mattheus 6:31-33

My plan vir jou toekoms is altyd gevul met hoop en met 'n verwagting. Jeremia 29:11

Ek het jou lief met 'n ewige liefde. Jeremia 31:3

My gedagtes oor jou is ontelbaar soos die sand van die see. Psalm 139:17-18

Ek verheug My oor jou met blydskap. Sefanja 3:17

Ek sal nooit ophou om goeie dinge vir jou te doen nie. Jeremia 32:40

Jy is My waardevolste besitting. Exodus 19:5

Ek begeer om goed aan jou te doen met My hele wese. Jeremia 32:41

Ek wil aan jou groot en wonderlike dinge wys. Jeremia 33:3

As jy My met jou hele hart soek sal jy My vind. Deuternomium 4:29

Verbly jou in My en ek sal jou gee die begeertes van jou hart. Psalm 37:4

Want dit is Ek wat jou gewillig en bekwaam maak om My wil uit te voer. Filippense 2:13

Ek is in staat om meer vir jou te doen as wat jy kan bid of dink. EfesiŽrs 3:20

Ek is jou grootse motiveerder. 2 Thessalonicense. 2:16-17

Ek is jou Vader wat jou vertroos en uithelp uit al jou moeilikheid. 2 KorinthiŽrs 1:3-4

As jy hartseer is, is Ek by jou. Psalm 34:18

Soos 'n herder 'n lammetjie dra, so dra Ek jou teen My hart. Jesaja 40:11

Eendag sal Ek al jou trane afvee. Openbaring 21:3-4

Ek is jou Vader, en Ek het jou net so lief soos My eie Seun. Johannes 17:23

Want in Jesus is My liefde vir jou geopenbaar. Johannes 17:26

Jesus is die volmaakte weergawe van wie Ek is. HebreŽrs 1:3

Hy het gekom om te wys dat Ek vir jou is en nie teen jou is nie. Romeine 8:31

Om jou te vertel dat Ek nie boekhou van jou sonde nie. 2 KorinthiŽrs 5:18-19

Jesus het gesterf sodat Ek en jy vrede kan maak. 2 KorinthiŽrs 5:18-19

Jesus se dood was die volmaakte uitdrukking van My liefde vir jou. 1 Johannes 4:10

Ek het alles opgegee wat vir My kosbaar was sodat Ek jou liefde kan wen. Romeine 8:31-32

As jy My Seun ontvang as geskenk ontvang jy My. 1 Johannes 2:23

En niks sal jou ooit skei van My liefde vir jou nie. Romeine 8:38-39

Kom huis toe en Ek sal die grootste partytjie gee wat die Hemel ooit gesien het. Lukas 15:7

Ek is nou en vir ewig jou Vader. Ek het jou by jou naam geroep, wat Ek jou gegee het. EfesiŽrs 3:14-15

My vraag is... Wil jy My kind wees? Johannes 1:12-13

Ek wag vir jou. Lukas 15:11- 32

Liefde, jou Vader,
Almagtige God
Pieter Blignaut