Author Topic: Dankie  (Read 858 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9927
    • http://www.godspraak.co.za
Dankie
« on: January 01, 2018, 11:02:23 PM »
DANKIE KONING JESUS

“Dankie” is die woord wat in my hart opkom
As ek in stilte in gebed voor U neerkniel
Al kan “dankie” nie in woorde my gevoel beskryf
Wat ek in my dra vir die redding van my siel

Ek sê dankie, Koning Jesus, dat U sò goed voorsien
Al my nood het ek lank reeds aan U vertel
In die nag is my versugtinge aan U bekend
In die môre wag ek net op U bevel

   En ek sal my hele lewe elke dag vir U kom dankie sê
   In U sal ek blydskap hê, op U al my laste lê
   U vul my met nuwe krag om elke dag te doen wat U wil hê
   Vir al U liefde, Heer, wil ek net dankie sê

Ek is net ‘n doodgewone mensekind
Iewers in die wêreld waar ek leef
Dit bly vir my ‘n wonder dat U aan my dink
Ek is wonderbaarlik in U raadsplan ingeweef

Dankie Vader, dat ek maar net U kind kan wees
Geen verdienste kan U by my ooit vind
U genade in Jesus is vir my genoeg
Deur U Seun se bloed is ek vir ewig aan U gebind

   En ek sal my hele lewe elke dag vir U kom dankie sê
   In U sal ek blydskap hê, op U al my laste lê
   U vul my met nuwe krag om elke dag te doen wat U wil hê
   Vir al U liefde, Heer, wil ek net dankie sê

   En ek sal my hele lewe elke dag vir U kom dankie sê
   In U sal ek blydskap hê, op U al my laste lê
   U vul my met nuwe krag om elke dag te doen wat U wil hê
   Vir al U liefde, Heer, wil ek net dankie sê
   Vir al U liefde, Heer, wil ek net dankie sê
   Vir al U liefde, Heer, wil ek net dankie sê
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9927
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Dankie
« Reply #1 on: June 02, 2020, 10:30:58 PM »
Here God, dit is al amper 9 maande vandat Lenie na U koningshuis vertrek het, baie dankie dat U my steeds elke sekonde van elke dag optel en dra waar dit vir my moeilijk is, dankie ook vir wonderlike vriende wat U oor my pad laat kom het om die gemis en verlange makliker te maak, daarvoor loof en prys ek U Groot en Heilige Naam
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9927
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Dankie
« Reply #2 on: September 23, 2020, 10:22:58 PM »
Dankie Vader vir hierdie nuwe dag deur U geskenk, dankte dat ons nou rustig kan raak en kan gaan slaap met die wete dat U steeds oor ons die wag hou, gee asb U Heilige Engele opdrag om by elkeen 'n laer te trek en ons almal te beskrm duer hierdie nag
Pieter Blignaut