Author Topic: Piet Smit Oordenkings  (Read 84 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9748
    • http://www.godspraak.co.za
Piet Smit Oordenkings
« on: December 21, 2017, 12:07:10 AM »
Die Kersseisoen is op hande en ek wil jou vra of jy saam met my uit 'n heel ander hoek sal kyk na die bekende ou kersverhaal en veral na die verskillende rolspelers daarin.

Die eerste mense op die toneel is die sogenaamde Wyse manne uit die Ooste. In die oorspronklike taalvorm is hulle "Magi" genoem. Ons hoor sommer dadelik die stam van die woord 'magic' daarin. Hierdie manne was towenaars wat hulleself hoogs waarskynlik besig gehou het met okkulte dinge, waarsery en astrologie - of dan sterrevoorspelling. Eintlik klink hulle maar na 'n baie negatiewe spul.

Hoekom noem die Bybel hulle dan Wyse manne ?

Hulle was wys omdat hulle Jesus gesoek het.
Hulle was wys omdat hulle die tekens om hulle skerp dopgehou het en oop was vir wat daar te leer was uit die dinge om hulle.
Hulle was wys omdat hulle skerp genoeg was om God se teken van die helder ster met Jesus se geboorte raak te sien.
Hulle was wys omdat hulle sensitief was vir God se leiding om agter die ster aan te loop.
Hulle was wys omdat hulle fisies opgestaan het en 'n lang, gevaarlike tog aangepak het - net omdat hulle graag die nuwe Koning wou ontmoet.
Hulle was wys omdat hulle voortydig geskenke ingepak het - alleen maar in die vertroue dat hulle wel die Koning sou ontmoet.
Hulle was wys om die hulpelose babatjie Jesus in 'n nederige stal te herken as Koning en voor Hom te buig.
Hulle was wys om na God te luister toe Hy hulle gewaarsku het om nie aan koning Herodus te gaan terugrapporteer - soos hy uitdruklik gevra het nie.

Hier staan jy vanoggend aan die begin van 'n nuwe week, aan die begin van 'n nuwe kersseisoen. Die Bethlehem ster het sopas, simbolies, in die hemel verskyn.
Jy het nou 'n keuse : Gaan jy die ster ignoreer en net gewoon aangaan met jou lewe ? Of gaan jy vanoggend in die gees opstaan, soos die wyse manne, die ster begin volg en toelaat dat hy jou na die Koning toe lei ? En is jy bereid om dan voortydig die goud, wierook en mirre van jou eie lewe in te pak vir wanneer jy Hom ontmoet ?
As jy vandag kan besluit om op te staan en die ster te begin volg. As jy kan aanhou en volhard tot jy by die plek kom waar die ster gaan stilstaan. As jy voor Jesus gaan kniel met jou lewe as beste geskenk aan Hom. As jy kan kies om die koning Herodusse in jou lewe te ignoreer - sal jy ook 'n wyse man / 'n wyse vrou genoem word.
Sen vir jou - Piet Smit
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9748
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Piet Smit Oordenkings
« Reply #1 on: January 09, 2018, 10:19:36 PM »
Laasnag sit ek so half onnadenkend en scroll deur die eindelose kommentare, fotos, reaksies en ongevraagde menings hier op FaceBook. My oog vang n foto van n duur motor, afgeneem in druk verkeer. In die bygaande teks vervloek en verdoem n ontstoke FBer die bestuurder van die duur motor oor sy onnoselheid met al die toepaslike vloekwoorde duidelik uitgespel. Ek dink toe vir n oomblik hoe stukkend en hoe mislei en hoe verward die wreld vandag is - en ek scroll toe verder.

Daar is iets van alles.
Trump se groot bom, Tannie Koekie se hondjie, die Stormers se super-drie en Oupa wat vanoggend begrawe is en hoe die kinders hom gaan mis. ISIS aktiviste wat n christene se koppe afkap. n Melktertresep. Weer Trump se bom. n Foto van pasgebore klein Kosie en dat ons asb vir hom moet bid. JZ se nuutste vergryp en Malema se kapperjolle in die parlement.

Ek haak vas by n afbeelding van Jesus en die duiwel. As jy vir Jesus like sal Hy jou sen en sal jy binne 3 dae n groot hoop geld ontvang. Maar as jy net verby-scroll is jy n verdoemde kind van die duiwel

Die vraag kom toe by my op : Wat dink die Here Jesus daarvan as Hy so deur die FaceBook van ons harte scroll ? Miskien sou Hy as Hy op FB was - dalk vandag Mattheus 5 : 3 - 12 wou post.
"Salig is die vredemakers. Salig is hulle wat weet hoe afhanklik hulle van God is. Salig is die nederiges van hart."

Miskien sou Jesus vandag n boodskappie daarby wou voeg en persoonlik vir jou wou s : My kind jy is die kroon van my skepping. Jy is weinig minder gemaak as n goddelike wese. Jy is die appel van my oog. Ek het jou by die naam geroep. Jy is myne. Moenie bang wees nie Ek is altyd by jou. Niemand ruk jou uit my hand uit nie. Ek het jou s lief dat ek my lewe vir jou gegee het.

Net daar besef ek toe opnuut hoeveel meer werd dit is om tyd in God se Woord en by die Here Jesus se voete te spandeer, as om ure lank, met my Face in die Book, na die PC skerm te staar. So met die voorvinger op die muis se scroll wielietjie

SELA
Piet Smit

Die woord SELA kom dikwels in die Bybel voor en dit staan gewoonlik as 'n enkel woord, net na 'n belangrike geestelike waarheid. SELA beteken : Stop eers met waarmee jy nou besig is, word 'n oomblik stil en dink rustig na oor wat jy nou net gelees het.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9748
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Piet Smit Oordenkings
« Reply #2 on: January 21, 2018, 04:07:05 AM »
Ek beplan om binnekort 'n reeks : "Gedagte vir die week" te begin plak op die FB blad van WOW Music. (My huidige platemaatskappy) Die stukkies is plus/minus 3 minute lank. Ek plak 'n proeflopie hieronder. Begin die videotjie en volg dan die bygaande teks.
Ek sal laat weet sodra ons dit by WOW Music Distribution SA begin deel. Seen - Piet

Die woord SELA kom dikwels in die Bybel voor en dit staan gewoonlik as 'n enkel woord, net na 'n belangrike geestelike waarheid. SELA beteken : Stop eers met waarmee jy nou besig is, word 'n oomblik stil en dink rustig na oor wat jy nou net gelees het.

Hoe bly ek staan in geloof as God onreg, plaasmoorde, misdaad en geweld om my toelaat ? Hoe bly ek liefde deel met mense in 'n wreld vol haat. Hoe kry ek dit reg om my vyande lief te h as my vyande ISIS vegters is wat kinders van die Here se koppe afkap?

Ek hoor hierdie vrae vandag al hoe meer. En as ek eerlik moet wees, vra ek myself hierdie soort vrae ook maar heel dikwels.

Ek vra jou nou om asb gou te SELA oor die vrae hierbo. Het jy regtig jou ISIS vyande lief ? Vertrou jy regtig die Here blindelings - ten spyte van jou omstandighede? Is jy regtig besig om Sy liefde met mense te deel, sonder om iets terug te verwag ? Wees eerlik ....

Die antwoord l in die feit dat ons nie ons geloof moet bou op wat God doen, of nie doen nie - en toelaat of nie toelaat nie. Nog minder moet ons dit bou op die omstandighede waaruit God ons red of nie red nie. Een van die grootste foute wat ek al in my lewe gemaak het, was om God te beoordeel op grond van die optrede van Sy kinders op aarde. Die domste ding wat ek en jy vandag kan doen is om ons rug op God te draai omdat Hy nie doen wat ons Hom gevra het nie - of as Hy nie optree soos ons verwag het Hy sou optree nie.

Ons moet ons geloof alleen bou op die kern van die evangelie :
* God het my geskep as die kroon van Sy skepping.
* Deur sonde het ek my rug op Hom gedraai en verdien ek die dood en die hel.
* Die Here Jesus het tussen ons op aarde kom woon en deur Sy kruisdood my skuld afbetaal.
* Deur genade gee God my, deur die Heilige Gees, die vermo om Hom as Verlosser te kan kies.
* Ek het daardie keuse gemaak en nou het ek die reg om 'n kind van God genoem te word.
* Ek lewe nou in dankbaarheid en hoop omdat ek weet dat Hy my eendag gaan kom haal en dat ek vir ewig by Hom in die hemel sal wees.

Alleen hierop kan jou geloof vas staan. Hieraan kan jy vashou as dinge rowwer as rof raak. Die kern van die evangelie is al wat vir jou sal bly sin maak, al vergaan die wreld ook om jou. Skryf dit neer. Leer dit uit jou kop uit. Herhaal dit elke dag oor en oor. S dit hardop vir jouself elke keer as jou hart wil breek oor die aakligheid van die sonde om jou en in jou.

Neem Sy liefde en kanaliseer dit na jou vyande toe. Laat Hom toe om jou vyande deur jou en namens jou lief te h. Daar is niks groter en beter as God se liefde nie.

SELA
Pieter Blignaut