Author Topic: My liewe kind  (Read 16 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
My liewe kind
« on: November 29, 2017, 09:44:18 PM »
My liewe kind,

Het jy die blommetjie gesien wat ek vroeg-oggend langs jou bed neergesit het. Het jy die doudruppel daarop gesien blink. So is My liefde vir jou.

Jy weet dat Ek jou sal versorg en bewaar, waarom al die bekommernisse wat jy saam met jou dra. Soos Ek al so baie keer gesÍ het, kom lÍ dit voor My voete neer, en Ek sal die las vir jou ligter maak.

Gaan uit vandag en gaan maak reg waar dit nie reg is nie, en kry vrede in jou hart.

Ek is lief vir jou.

Jou Abba Vader.
Pieter Blignaut