Author Topic: WANT U IS BY MY  (Read 15 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
WANT U IS BY MY
« on: November 29, 2017, 09:28:32 PM »
WANT U IS BY MY

Goeienaand my liewe vriende in Christus, dit is die gebed van my hart, dat u ook vanaand iets van die liefde en genade van God gaan beleef, dat u ook sal kan sę “ ek kan hierdie pad stap want, U, Jesu Ha Maschiach, is by my”

Ons lees ‘n gedeelte uit dič bekendste Psalm in die geskiedenis van die Bybel, en wel uit Psalm 23 vanaf vers 1 tot 4

“Die Here is my Herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlę in groen weivelde; na waters waar  rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil. Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; WANT U IS MET MY”
Watter wonderlike belofte: “U is by my”.  Die belofte raak al wonderliker, wanneer jy dink aan al die plekke waar die Here saam met jou gaan. Die meeste mense dink aan God as naby aan ons, net in die kerk of wanneer ons bid. En natuurlik verwag ons van die Here om saam met ons te gaan wanneer ons uitgaan om die evangelie te bring, aan verlorenes of wanneer ons ’n goeie daad verrig. Psalm 23 sę egter vir ons dat die Here by ons is op moeilike sowel as rustige plekke. Die Here is nie ’n mooiweersvriend wat die skip verlaat, sodra daar ’n storm opsteek nie. Kan jy aan iemand dink wat Hy al ooit verlaat het? Ek kan nie! Daar is baie voorbeelde in die Bybel van mense wat God om baie redes verlaat het. Koning Saul het weggegaan van Hom af as gevolg van sy jaloesie op Dawid. Judas is weg vir geld. Paulus het geskryf: “… want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige węreld liefgekry het….” (2 Tim. 4:10). Maar die Herder sal nie sy skape in die steek laat nie‚ en die Here sal jou nooit verlaat nie.


Here‚ dankie vir hierdie belofte.

Jesus het die menigte ’n hele oggend lank onderrig. Toe sę Hy vir sy dissipels om na die ander kant van die See van Galilea te gaan‚ want Hy moes rus. Op pad na die oorkant toe, het ’n storm egter opgesteek. Jesus moes daarvan geweet het‚ want Hy weet alles. Nogtans het Hy sy dissipels in die storm ingestuur. Die beste deel van die verhaal is dat Jesus saam met hulle in die storm ingegaan het‚ hoewel Hy vas aan die slaap was


Het jy al ooit agtergekom dat storms ons baie meer pla as vir die Here? Jesus het geweet die storm was aan die broei‚ maar was Hy bekommerd? Nee! Hy het gaan lę en slaap. Sę dit nie vir jou iets van die probleme in jou lewe nie? Jou storms pla jou baie meer as wat dit die Here pla.

Here‚ help my om my storms deur u oë te sien.

Moenie die Here kwalik neem dat Hy aan die slaap geraak het nie. Om te preek dreineer mens se kragte‚ en Hy was die hele oggend daarmee besig. Dan was daar ook nog die warm son‚ die sagte briesie en die rustige geklots van branders teen die skuit. Watter moeë mens sal nie onder sulke omstandighede aan die slaap raak nie? Maar die dissipels was in die verknorsing en die Here het geslaap. Wat het hulle gedoen toe die golwe erg raak? Toe die storm skielik oor hulle losbars‚ het hulle hul nie tot die Here gewend nie. Hulle het teen die roeispane gebeur‚ die seile gespan en water uitgeskep … en water uitgeskep … en water uitgeskep. Hulle het alles in hulle vermoë gedoen om uit die verknorsing te kom. Dit wil sę‚ alles behalwe om vir die Here te vra om hulle te help. Hulle het gemaak net soos jy waarskynlik maak wanneer jy in die moeilikheid beland. Jy doen alles waaraan jy kan dink om jou probleem op te los. Jy vergeet die Here is by jou in die skuit. Jy vergeet die Here weet alles van die storm af en dat Hy jou in die storm ingestuur het. Maar Hy is by jou.

Here‚ help my om nooit te vergeet dat U by my is wanneer probleme ontstaan nie.

Eers toe die dissipels vra vir hulp het die Here wakker geword en die storm stilgemaak. Hoewel die dissipels waarskynlik vies was toe hulle geroep het: “Here‚ ons vergaan!” het hulle ten minste na Jesus toe gegaan met hulle probleem. Het Jesus omgegee dat die dissipels geďrriteerd was? Nee. Het Hy omgegee dat hulle vergaan? Ja! Hy gee om vir dié wat aan Hom behoort.

Here‚ dankie dat U vir my omgee.

Het iets jou al bang gemaak in jou gang deur die donker dieptes? Net soos Jesus omgegee het dat sy dissipels bang was in die storm‚ gee Hy ook om oor die dinge wat jou bang maak. Jy behoort tog mos aan Hom. Dis een van die redes waarom Jesus saam met jou deur die vallei loop‚ om te keer dat jy bang word vir die doodskaduwees.
Dwaal jy deur die nag in die donker vallei sonder om te weet waar jy is? Is jy bang dat die volgende tree jou laaste gaan wees? Onthou‚ die Here is by jou. Maar besef jy dit werklik? Herken jy sy teenwoordigheid? Voel jy Hom reg agter jou?

Here, waar is U nou?

Sommige mense se nag waardeur hulle gaan‚ is nie die duister van sonde nie‚ eerder net onkunde. Hulle weet nie die Here is by hulle nie. Hulle weet nie mooi waar hulle is nie. Hulle is soos die twee dissipels op pad na Emmaus op die eerste Paassondagmiddag. Hulle het saam met die Here geloop‚ met Hom gepraat en na Hom geluister‚ maar hulle het nie geweet dis Hy nie. Die twee dissipels was nie besig om te sondig nie‚ hulle was net verblind deur vooropgestelde idees. Die Here was by hulle‚ maar hulle het dit nie geweet nie.Dalk loop jy ’n storm tegemoet sonder dat jy dit eers besef. Daar is geen groot opstand of sonde in jou lewe nie; dus dink jy nie dat jy besig is om weg te dwaal van die kudde af nie. Jy loop maar net jou eie pad‚ doen jou eie ding. Dan besef jy skielik die donker nag van probleme is op jou. Selfs dan is die Here by jou. ’n Aardse herder kan nie alles weet nie‚ en kom dalk nie dadelik agter as een van sy skape begin afdwaal nie. Maar niemand kan ongesiens van die hemelse Herder af wegdwaal nie. Hy weet alles! Hy weet wanneer jy aan Hom ongehoorsaam is en wanneer jy wegdwaal om jouself te voed met die peule van hierdie węreld. Besef jy dat die Here saam met jou gaan wanneer jy sondig? Daar is niks wat in jou lewe gebeur wat die Here onkant betrap nie.

Here, help my om te alle tye U teenwoordigheid in my lewe raak te sien en bly te wees dat ek nie kan afdwaal sonder dat U dit weet nie.

As die Here dan alles weet en altyd by jou is‚ waarom keer Hy nie dat jy afdwaal nie? Waarom doen God nie iets om te verhoed dat jy sondig nie? Dis ’n goeie vraag en die antwoord lę in die essensie van Christen-wees. Teologies is die antwoord die mens se verantwoordelikheid. Die hemelse Herder laat sy skape sekere besluite neem omdat hulle verantwoordelik is vir hulle wandel saam met Hom. Die Here het ons nie gemaak om soos opgestopte speelgoed te wees soos die wat oumas vir hulle kleinkinders present gee nie. ’n Opgestopte skaap is nou wel ’n lekker speelding om ’n kleinkind gelukkig te hou‚ maar dis nie God se plan vir my en jou nie. Ons is nie opgestopte skape nie. Die Here wil hę jy moet Hom liefhę‚ gehoorsaam en aanbid. Hy wil hę jy moet ’n handelende‚ denkende‚ reagerende mens wees. Nou kan jy aan die Here iets gee wat Hý wil hę. God het alles, behalwe jou aanbidding. Die Vader wil jou hoor sę: “Dankie!” en: “Ek het U lief.” Die menslike reaksie van gemeenskap kan nie van ’n opgestopte skaap af kom nie‚ maar net uit die hart van iemand wat na sy beeld geskape is. Dit kom van iemand wat die vermoë het om ja of nee te sę. ’n Skaap begin wegdwaal van die Here af‚ en die Here weet dit. Gewoonlik besef die skaap nie wat hy doen nie. ’n Skaap kies om van die kaf van hierdie węreld te eet‚ eerder as om gevoed te word in die groen weiveld wat God voorsien‚ en die Herder weet dat sy skaap ’n swak keuse maak. Daarom gaan soek Hy hom op en laat hom neerlę op groen weivelde en by waters waar daar rus is. Onthou: jy kan nie vir Hom wegkruip nie‚ want Hy is by jou!

Kom ons bid saam :

Die Here is my pasaangeër, niks sal my laat jaag nie.
U laat my vir kort rukkies tot rus kom en laaf my met herinneringe aan groen weivelde en waters waar daar vrede is.
U herstel my kalmte van gees.
U gee my nuwe krag.
U lei my tot die regte keuses deur my gemoed met vrede te vul.
Selfs al gaan ek elke dag deur die donker dieptes van onmoontlike take en haastige beslissings, sal ek nie bang wees nie, WANT U IS BY MY.
In U hande is ek veilig. U tydloosheid en ewige arms onder my hou my in balans.
U laat my aansit by ‘n feesmaal van vernuwende krag te midde van die geharwar om my.
U ontvang my soos ‘n eregas in die ruimte van U liefde.
U oorlaai my met hartlikheid ten spyte van die kilheid van spertye.
My beker van energie loop weer oor.
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly.
Harmonie en werkbevrediging sal die vrug wees van my arbeid, want ek volg die pas wat U aangee.
Ek sal tuis wees in U vrede te midde van die gejaagdheid van die węreld tot in lengte van dae.
AMEN

Mag God se liefde en Jesus Christus se vrede en die Heilige Gees se teenwoordigheid elke oomblik van elke dag met U wees.

SHALOM
Pieter Blignaut