Author Topic: EK IS HIER!  (Read 16 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9606
    • http://www.godspraak.co.za
EK IS HIER!
« on: September 18, 2017, 11:25:42 PM »
My liewe kind,
EK IS HIER!
Soek jy na My?
Ek is hier.
Jy kan my nie sien nie,
en tog is Ek die lig waarby jy sien.
Jy kan My nie hoor nie,
en tog spreek Ek deur jou stem.
Jy kan My nie voel nie, en tog is ek die krag in jou hande.
Ek is besig om te lei, al verstaan jy nie My we nie.
Ek is besig om te werk, al herken jy nie My werke nie.
Ek is nie vreemde visioene nie, ek is geen misterie nie.
Net  n absolute stilte, waar die eie ek nie meer bestaan nie, sal
jy My ken soos Ek is, en selfs dan sal dit net n
gewaarwording en geloof wees.
Tog is Ek hier. Ek hoor. Ek antwoord.
As jy My nodig het. Ek is hier.
Selfs al ontken jy My, is Ek hier.
As jy eensaam en allenig is, is ek hier.
As jy bang is, is Ek hier.
As jy in pyn is, is Ek hier.
Ek is hier wanneer jy bid, en selfs wanneer jy nie bid nie.
Ek is in jou, en jy is in My.
Al slaag jy nie daarin om My te vind nie, Ek sal jou nooit
faal nie.
Al is jou geloof in My nog so klein, My geloof in jou faal
nooit nie, want Ek ken jou, en ek het jou lief.
Geliefde hier is Ek.
Jou Pappa Vader
Pieter Blignaut