Author Topic: Is Tatoeëring sonde  (Read 1188 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9927
    • http://www.godspraak.co.za
Is Tatoeëring sonde
« on: June 26, 2015, 10:45:10 AM »
Is Tatoeëring sonde
 
ROME VERBAN DIT
In 787 n.C. het Pous Adrian alle tatoeëermerke vir die Christendom verban. Die teks uit Levitikus 19:27-28 word dikwels aangehaal as ’n riglyn van wat die Bybel sê oor tatoeëermerke: “Julle mag nie heidense rougebruike navolg, deur die hare voor die ore en wangbaard te knip of deur snye en tatoeëermerke op julle liggame te maak nie. Ek is die Here.” Die konteks van hierdie Skrifgedeelte dui egter op ’n gebruik wat die heidene gehad het om uit vrees vir bose magte van die dood, hulleself te vermom en onherkenbaar te maak deur hare en baard te knip en snye en merke op hulle liggame te maak.

Die gelowiges moet hulle daarom onderskei van die heidene en mag daarom nie meedoen aan hierdie heidense begrafnisgebruike nie. Ons besef egter dat tatoeëermerke in ons dag om totaal ander redes aangebring word en daarom dat hierdie teksgedeelte nie finale uitsluitsel kan gee oor hedendaagse tatoeëermerke nie. (JUIG) Vervolg…..
Pieter Blignaut