Net die feit dat jy hier gepos het sê vir my dat jy na die waarheid in jou lewe soek. Dit op sigself is nie die gedrag van 'n stuk rubbish nie. Dink net GOD het jou belangrik genoeg geag om aan jou jou lewe te skenk. EN toe maak Hy jou nog aantreklik ook. Niks in jou lewe gebeur verniet nie, niks gebeur toevallig nie. DIt is altyd oorsaak en gevolg.
Kom ons veronderstel dat jy dalk verkeerde keuses in jou lewe gemaak het en nou in 'n posisie sit waarin jy geen hoop op 'n toekoms het nie. Nie eers 'n kar nie. Die vraag is wat gaan jy nou daaraan doen? Gaan jy dit net so los en jou self bly kasty of gaan jy opstaan?
Dalk is jy bang vir opstaan omdat jy nie meer vertroue in jouself het nie. Jy is nie alleen nie. Die meeste van ons voel soms so. Daarom het JESUS vir ons sondes gesterf en opgestaan en berei Hy vir ons plek by die VADER voor. Plek in die paradys. Ja, ook vir jou. Dit is die belangrikste keuse wat jy ooit gaan maak. Moet dit nie laat verby gaan nie
Dalk sê jy: "maar ek het nie verkeerde keuses gemaak nie. Die lewe het net sy rug op my gedraai." Wel, dan wil ek vir jou sê berei GOD jou voor vir die plek waar jy vir HOM moet werk sodat jou lewe Hom kan verheerlik. Ons sien dit by die man wat blind gebore was en die dissipels gevra het wie het gesondig hy of sy ouers? Jesus het geantwoord, niemand nie. HIerdie is tot MY eer en toe genees Hy hom.
Jy moet self besluit watter een van die twee op jou van toepassing is en dan begin jy by vergifnis. Vergewe almal wat jy dink jou te nagekom het. Vergewe hulle werklik. Selfs al is hulle al dood.En dan vergewe jy jouself vir al die foute wat jy al begaan het. Want hierdie dinge steel 'n mens se lewe. As jy dit hou dan bly dit en steel jou lewensvreugde. Dan gaan dit nooit weg nie. Dit bly net daar. Totdat jy vergewe en vergeet. Hierdie vergeet gaan oor die feit dat ons nie daaroor kan bly tob nie. Dan bly ons net waar ons was. Gebind aan die sonde en dan het aesus Sy offer vir jou verniet gebring. Aanvaar Sy vergifnis en leef die lewe van een wat vry is. Soek Sy wil in jou lewe.
Laat weet my hoe dit met jou gaan.
mielie
quote:
Originally posted by mielie
Hi Ek sit met 'n geweldige probleem om myself te aanvaar. Ek hou nie eens vanmyself nie. Ek het nou betrokke geraak by 'n buitelandse website waar ek oorlaai word met komplimente oor my looks. Okay ek is al 44 jaar oud. Dit is soos balsem op my gemoed en gee my 'n rede om my kop op te tel en die wereld in die oe te kan kyk. Dit help ook glad nie dat ek nie eens 'n huis of 'n kar het nie. Inteendeel laat dit my meer soos 'n stuk rubbish, en niks voel. My soeke na God lewer ook niks op nie. Ek het al gehuil gebid (nou nie meer nie) maar Hy bly hierdie onpersoonlike stilswyende God. Ek sien geen lig vir myself aan die einde van die tonnel nie