Author Topic: OP DIE VLERKE VAN GEBED  (Read 1171 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9573
    • http://www.godspraak.co.za
OP DIE VLERKE VAN GEBED
« on: April 07, 2013, 01:48:54 PM »





Onse Vader

 
OP DIE VLERKE VAN GEBED
 
Op die vlerke van gebed word ons laste weggedra. Die sorge wat ons kwel, kan ons nou verdra, en ons swaar harte word lig gemaak, genees deur die liefde waarmee God ons aanraak. Ons hartseer oe hou gou op traan deur die troos van ons Vader wat altyd verstaan. Al ons wanhoop en vrees, die probleme wat ons het, verdwyn as ons dit na Hom neem op die vlerke van gebed.
 
Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg, Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag. Psalm 37:5-6
 
GEBED: Here, gee my moed en hoop op my daaglikse weg, geloof om te vertrou alles is reg, begrip en ook wysheid daarby om te aanvaar alles is goed vir my. Amen (Sanet)
Pieter Blignaut