Author Topic: Vandag die 14de September 2008  (Read 1672 times)

Offline mielie

  • Forum Admin
  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 5541
    • http://www.godspraak.co.za
Vandag die 14de September 2008
« on: September 14, 2008, 11:49:32 AM »
Liewe Kind,
Die week wat verby is, was 'n moeilike een.  Soveel dinge het gebeur en jy het dit alles oorleef ten spyte van die swak weg trek verlede Sondagaand.  Sien jy, jy wil in beheer van  dinge wees waar EK jou wil help.  Jy het nie die kennis wat EK het nie en jy verloor so gou jou geloof in MY. Het EK  jou al ooit in die steek gelaat?
Van heel klein af was jy MYNE en jy is dit nog steeds.  Elke keer as jy jou eie pad loop verloor ons soveel kosbare geleenthede om MY saak uit te brei en ander te bring tot by die punt waar hulle ook tot MY koningkryk toegang kan kry.
Jy het 'n bediening.  Waarom bly jy na ander soek?  Jou stem is my instrument.  Hou op om na ander paaie te soek.  Jy is waar EK wil jy moet wees.  Daarom sal EK vir jou sorg, net daar waar jy is.

Loop die week storm want saam spring ons  oor 'n muur.

Liefde
jou ondersteunde PA

Andrewb

  • Guest
Vandag die 14de September 2008
« Reply #1 on: September 14, 2008, 11:54:36 PM »
Sjoe,
Jy sal nie weet hoeveel hierdie woorde vanaand vir my beteken nie. Dit was 'n moeilike week gewees, ja.[V][V][xx(]

Maar ek sien uit na wat die Here in stoor het vir my vir die toekoms.

ja, ek het 'n bediening. Maar ek het regtig gesoek na iets anders. Amper by verkeerde mense betrokke geraak. Dankie Here.[:)][:)]

Offline mielie

  • Forum Admin
  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 5541
    • http://www.godspraak.co.za
Vandag die 14de September 2008
« Reply #2 on: September 15, 2008, 01:38:00 AM »
Kom ons loof SY NAAM!  Hoop om gou te hoor wat HY vir jou beplan.