Author Topic: PoŽsie  (Read 10493 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #165 on: September 01, 2017, 01:17:37 AM »
Lente
by waterstrome

Ek sien die lente nader kom.
In die sagte kleur van 'n nuwe blom.
'N gogga'tjie wat van blaar tot blaar spring.
Die vrolike sang wat die kanarie sing.
Die pragtige fyn reŽnbogie in die mŰredou.
Dit, my vrind, is 'n spesiale belofte vir jou.
'N belofte vir 'n nuwe en vars begin.
'N tyd om oor nuwe, wonderlike dinge te besin.
Maak los daai glimlag wat aan jou mondhoek pluk.
Laat rol daai blydskaptraan wat jy so aan sluk.
Gryp die nuwe seisoen met ope arms aan.
Sit buite en droom oor die maan.
Volg die laaste gedroogte blaar in die stroompie af.
Klap jou hande, spring en dans, wees sommer net laf.
Die seisoen van liefde is weer hier.
Vir jou, vir my, vir elke plant en dier.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #166 on: September 06, 2017, 10:46:26 PM »
Uurglas
by waterstrome

Heer, net soos die sand in 'n uurglas is my seŽninge uit U hand. Elke korreltjie is 'n glimlag aan my kant.
My liggaam is die glas wat my wese aan mekaar hou.
Soms kan ander deur my glimlag sien.
Heer, gee my elke dag die nuwe krag om U volheid te dien.
Heer, dankie vir 'n nuwe lewensjaar wat U my sal vashou.
Dankie vir my geliefdes wat my lewe deel.
Heer, dankie vir Neels wat my so lief het.
Dankie vir my ouers van albei kante.
Heer, elke wonderlike geliefde wat my help vorm het.
Heer, baie dankie vir die voorreg om wonderlike mense te hÍ om my dag te vier. Heer, help my om ook die jaar die mens te wees wat U my geskape het. Help my om werklik dankbaar te wees vir wie ek is.
Heer, net U weet die sekonde wat my laaste korreltjie sand sal val. Net U alleen weet die laaste uur.
Heer, hou my asb teen U bors.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #167 on: September 10, 2017, 10:32:19 PM »
Ontwakingsuur
by waterstrome

Die voŽltjies kondig van vroeg al die begin van 'n nuwe dag aan. "Staan op. Staan op" juig hul harte saam.
"Kyk net wat 'n lieflike dag, staan op." Verkondig hulle.
Die nagdiertjies is bly julle kan gaan rus nou.
Die res strek hul bene.
Kom uit hul gate.
Kyk om hul rond.
Die kleintjies speel en skarrel.
Nie almal het die nag oorleef.
Iewers wag kleintjies dat hul ma met kos moet terug kom.
Daarom juig die wat oorleef het. Hulle is die nag weereens gespaar. Die veld ontwaak soos die lug van kleur verander.
Die onsekere swart en grys word mooi ligter skakerings.
Die son verreis stadig oor die horison.
Gee elkeen 'n gelyke kans om te ontwaak.
Oor die dam verdubbel die mooi van die ontwakingskleed.
So mooi het U alles geskape.
So rustig en op die regte tyd val alles inplek.
Heer, bring die rustigheid van die ontwakingsuur terug in ons lewens.
Laat die onsekerheid van die nag plek maak vir die mooi skakerings van die oggend. Laat ons ook jubel en juig oor die ontwakingsuur
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #168 on: September 18, 2017, 11:20:06 PM »
n U genadige hande
by waterstrome

Heer, ons lees koerant berigte.
Ons kyk na ander om ons se seer.
Ons sien die verwoesting om ons.
Heer, sommige mense beleef baie hartseer.
Ander mense weer baie pyn.
Heer, vergewe ons wanneer ons soms struikel.
Verander ons twyfel in vertroue. Heer, U koms is dalk nader as wat baie mense wil glo. Tekens van die eindtyd is oral om ons te sien.
Heer, laat ons nie bevrees raak nie.
Laat ons nie moedeloos en verlate voel nie.
U koms is 'n juiglike tyd.
U koms beteken bevryding.
Geen pyn of eensaamheid.
Geen vleeslike behoeftes.
Heer, U beskerming en liefde is al wat ons nodig het.
Heer, leer ons om vir mekaar te bid.
Leer ons om mekaar te verdra en by te staan.
Heer, ons leef in tyd wat so vinnig verby gaan.
Raak ons aan en maak ons gereed
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #169 on: September 24, 2017, 10:37:04 AM »
Luister na My stem
by waterstrome

Raak rustig in hierdie woelige gejaag waarin jy lewe.
Leer om My te vra waarna jy smag.
Leer om My te soek in jou daaglikse lewe.
Luister na My stem.
Soms is dit 'n sagte fluister, soos die wind wat deur die blare ritsel. Soms klink dit soos die water wat oor die eeu-oue rotse kabbel. Soms sal jy dink My stem klink soos die donderweer.
Maar eintlik is My stem soos 'n gedagte.
'N oomblik waarin jy twyfel of jy die regte ding doen.
My stem is 'n waarskuwing wat jou vriend soms 'n vreemdeling jou gee. Leer om onderskeid te maak tussen wat jy wil en wat jy moet. Luister na My stem wanneer Ek jou 'n opdrag gee.
Luister na My wanneer ek jou woorde gee vir 'n vreemdeling. Luister na My stem wanneer ek jou naam roep in die nag. Bid vir jou geliefdes wanneer Ek jou die woorde gee.
Skryf die gedig wanneer Ek jou die woorde gee.
Sing voluit wanneer Ek jou die wysie gee.
Maar wees versigtig om nie 'n leuen te gee.
Wees versigtig met jou woordkeuses.
Vra My raad.
Vertel My jou seer.
Loof en prys My naam.
Luister na My stem.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #170 on: September 28, 2017, 10:32:54 PM »
God se skildery
by waterstrome

My siel juig vanoggend.
Die dag begin met 'n swart doek.
Stadig word die grys agtergrond opgeverf.
Die duifie koer bly en maak almal wakker.
"Kom kyk. Kom kyk. Die Skilder is hier"
Eers word die horison ingekleur. Ligte skakerings wat sag is op die moeŽ oŽ. Algaande word die oranje strepe 'n dieper kleur.
'N versekering dat God ook elke dag aan ons skilder.
Ons elke dag 'n kans gee om oor te begin.
Heer, dankie vir die mooi skildery wat elke dag net vir ons geskilder word. My siel juig want U is awsome.
Die teken dat ons 'n Lewende God dien.
U skildery bring nuwe lewe in elke dag.
Soms los die wolke strepe oor die son.
Soms loer die son maar net so vinnig deur die grys wolke.
Net om vir ons te sÍ: dis sal weer beter word.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #171 on: October 15, 2017, 11:23:47 AM »
In die stilte
by waterstrome

Heer, terwyl die dag nog stil is.
En voor my gedagtes begin wegdwaal.
Terwyl alles om my nog ontwaak.
Heer, wil ek bid vir elke siel.
Die wat soekend is Heer, laat hulle vir Jesus vind.
Die wat pyn het Heer, gee vir hulle verlossing.
Heer, ek bid vir die wat vandag van 'n geliefde moet afskeid neem. Daar is mense wat vandag moedeloos voor U staan.
Ai Heer, soms lyk dit of die mensdom so swaarkry kry.
Asseblief Heer, raak elkeen aan wat na U roep.
Gee hulle 'n teken dat U wel 'n God van liefde is.
Heer, raak hulle aan sodat hulle sal weet U is met hulle.
Heer, my woorde voel soms te min.
Maar ek ken die krag van gebed.
Heer, ek weet U hoor elke smeekgebed.
In dankbaarheid bid ek tot U.
Die stil sielsgebed sal ook meriete dra.
Heer, U luister na die siel, daarom hoef ons net te vra.
Al is ons woorde min.
Al kry ons net uit: "Here help my"
Daarom is U trooswoorde altyd "Wees nie bevrees nie want Ek is met jou"
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #172 on: October 27, 2017, 08:58:28 PM »
Een oomblik
by waterstrome

Heer, in een oomblik kan ons lewens vir altyd verander.
Help ons om elke dag volheid te lewe.
Gee ons die vermoeŽ om altyd vrolik te wees.
Heer, vul ons gedagtes met U liefde.
My gebede is vanaand vir die wat dood is.
Die wat vandag 'n geliefde verloor het.
Heer, my gebede is ook vir die drywer.
Dit moet erg wees om te weet jy't soveel mense se pyn veroorsaak. Heer, ek bid vir die mense wat seer gekry het.
Die skade aan hul voertuie.
Heer, ek bid dat U elkeen wat betrokke is sal bystaan.
Weereens word ons daaraan herinner dat die lewe kort is.
Wees reg vandag.
Maak vrede as jy vir iemand kwaad is.
Vergeef die wat jou seer maak.
Wees wie jy moet wees.
Heer, maak ons dankbaar vir ons lewens.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #173 on: November 29, 2017, 09:35:59 PM »
Oppad
by waterstrome

My gedagtes is stil vanaand.
Om my is dit bar en leeg.
Heer, sal U my hier kan vind ?
Hoe sal ek ooit kan weet?
Is hierdie 'n afdwaal pad ?
Heer, waar is U vanaand op hierdie pad ?
Die lewe lyk soms so voorspelbaar leeg.
Die probleme by die werk.
Die huismense wat my nie verstaan.
Heer, hoor die ego van my speekgebed.
Omvou my in die wolk van U genade.
Heer, op hierdie eenrigting pad kan ek nie sonder U.
Laat my stop by 'n oase.
Lei my moeŽ voete na die bosvloer.
Heer, laat my 'n kortstondige oomblik by U oornag.
Vul my wese met U wonderkrag.
Op hier reis na U, o Heer, vergeet my nie.
Maak my rustig vanaand.
Waak oor my voertuig waarmee ek op hierdie pad ry.
Omring my Heer, met U liefde en genade.
Heer, laat my oŽ die mooi dinge op my pad sien.
Laat U seŽn oor my vloei.
Maak my dorre woestyn 'n oerwoud in oorvloed.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #174 on: November 30, 2017, 07:29:10 PM »
Sometimes
by waterstrome

I know that sometimes you might think that you are alone. But I'm always here. Sometimes it might seem that the world are againts you,
But Me, you Lord, will always provide.
When the clouds gather around you, just remember, the flowers needs rain. For the grass to be green for you to rest on, I have to send the rain. I will color your skies with special people on your way.
Listen to the song of the birds, and learn their words.
Just but your faith in Me again. Just put your head on My chest, follow the heartbeat to slow you down. I am preparing the road for you. I have already set a place at My table.
Keep My words in your heart. Give My path a leading change. I will never leave you alone. Your name is written in My palm.
You are mine and I am your God.
Put your trust in Me.
I will protect and provide.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #175 on: December 21, 2017, 12:23:07 AM »
Aanraking
by waterstrome

U hand, uitgestrek na my, versekering van U liefde.
Sorgvuldig om my gedraai, om my te beskerm.
U hande is altyd onder my, reg om my te vang.
U aanraking is sag soos die bergwind.
Soms waai daar 'n koue wind om my daaraan te herriner van U genade. Soms is U aanraking 'n koel windjie op 'n warmdag.
Soms is U aanraking 'n sagte glimlag van 'n vreemdeling.
Altyd is die prag van die berge om my, 'n lewende voorbeeld van U handewerk. Heer, U aanraking is tasbaar in die natuur om my.
Elke plant en dier in hierdie omgewing is sorgvuldig deur U gevorm vir deel van die aarde. Dankie vir U aanraking in my lewe
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #176 on: January 01, 2018, 10:56:56 PM »
Woorde
by waterstrome

As ek kon weet watter woorde jou siel aanraak het ek dit vir jou gesÍ; sou dit aan my bekend wees watter lied jou voete laat tik het ek dit gesing, my hande jeuk om jou styf teen my vas te druk.
My glimlag is soos die strale van die maan wat deur die wolke vir jou loer. Jou weg is onbekend aan my en vir hoe lank ons nog saam deur hierdie bos gaan stap... Dit weet ek nie.
Ek wil die horlosie stop sodat ons vir altyd hier tussen die varings kan speel. Ek wil nie dink aan die dag wanneer die son weer ons ons gaan skyn en ons paaie gaan skei nie.
Ek wil nie weet wanneer die sekonde gaan aanbreek wanneer jou hand uit myne los gemaak word nie. Ek wil net jou glimlag onthou;
die glinster in jou oŽ,
die emosie in jou stem.
Ek wil die klank van jou voetval langs myne onthou.
Jou lag wat deur die digte blare dak trippel van boom tot boom. Ek wil jou lippe op myne onthou.
Jou asemhaling in my nel voel brand.
Ek wil nie weg wees van jou.
Maar tyd is maar net vir ons geleen,
en die afskeid...
Ek wil nie huil nie, want trane sal jou beeld verdof vir 'n sekonde, en dis te lank om jou nie te kan sien.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #177 on: January 09, 2018, 10:10:27 PM »
Jakkalswater
by waterstrome

Omring deur eeuoue rotse.
Gee jou vriendelikheid rus vir elke siel.
VÍr en wyd om te stap en bo jou probleme uit te klim.
Hier van bo die rante lyk jou probleme klein en gering.
Die asem kan diep tot in jou longe getrek word.
Die sonnetjie bring weer lewe en gevoel op jou vel.
Dit kleur jou bleek lyf tot 'n dieper, ryper goudbruin.
Die ligsinnigheid laat jou weer ontspan.
Vergeet van die ernstige lewe in die stad.
Die grootsheid en stilte om jou bring mens nader aan God.
Dit maak jou weer dankaar vir Sy genade in jou lewe.
Jy besef weer hoeveel dit beteken om te lewe.
Die hardheid van hierdie aarde en tog het elkeen sy eie manier van oorleef en leef. Plant en dier.
Vriend en vyand.
Elkeen gewikkel in sy eie stryd. Elkeen besig om te onderhandel. Sommiges oorgelewer aan 'n ander se genade.
Die harheid van grond waarin jou wortels lÍ, kan jou maak of breek. Hier op Jakkelswater, vergeet jy jou eie sorge.
Hier op die berge brand en smelt jou probleme en word deel van die wonder van gesmelte rotskleure. Hier leer jy weer van God se genade.
Jy leer van vertrou op God se goedheid en guns.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #178 on: January 21, 2018, 03:54:16 AM »
Dankbaarheid
by waterstrome

Heer, weereens kom bring U my lewe voor my.
Weereens wys U vir my net hoe dankbaar ek behoort te wees.
Die lewe wat U vir my beplan het is vir my behoeftes uitgelÍ. U ken my waardes. U ken my gebreuke.
Heer, ek staan dankbaar voor U. Elke dag word sag om my toe gevou. Elke opdraande is 'n klein miershopie.
Heer, U het baie padtekens en aanwysings vir my aangebring. U hou my sag in die holte van U liefdevolle hand. U verberg die groot slaggate in die pad.
Heer, ek staan dankbaar voor U want weereens het U my oŽ kom oopmaak. Weereens het U my die hardheid van die lewe gewys.
Heer, ek staan dankbaar voor U vandag.
U het my lewe volgens my ingerig.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9752
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #179 on: March 17, 2018, 05:34:09 PM »
Jou rotswande
by waterstrome

Die wande van jou kranse is deur die eeue gevorm.
Diep gekeep om die asemrowendste mooi van jou binneste na buite te bring. Ek wonder of jy gehuil het terwyl jy so oopgekloof is.
Het jy dit as daaglikse pyn ervaar ?
Of was jy maar tevrede met jou lot ?
Wat sou jy kon sÍ as jy die pyn krete van die mense hoor wat deur jou stap ? Is dit jou eie pynkrete wat so ego wanneer iemand in jou grondpad af stap ? Wil jy jou arms om hulle vou ?
Hulle wegsteek in jou klowe, weg van die wolwe ?
Is dit hulle trane wat teen jou rotswande af loop en dit met mos bedek ? Hul geheime is veilig by jou.
In die nag is jy 'n veilige vesting.
Somtyds sluk jy iemand in vir altyd.
Soms hou jy iemand net lank genoeg om homself weer te vind. Telkemale kom die ou bekendes net weer terug.
Somtyds kom nuwe mense verdwaal in jou kronkelpad.
Altyd lÍ jou grondpad oop.
Hard gebak deur die son.
Jou oŽ aanskou alles.
Jou woorde is stom.
Pieter Blignaut