Author Topic: PoŽsie  (Read 8758 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9606
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #165 on: September 01, 2017, 01:17:37 AM »
Lente
by waterstrome

Ek sien die lente nader kom.
In die sagte kleur van 'n nuwe blom.
'N gogga'tjie wat van blaar tot blaar spring.
Die vrolike sang wat die kanarie sing.
Die pragtige fyn reŽnbogie in die mŰredou.
Dit, my vrind, is 'n spesiale belofte vir jou.
'N belofte vir 'n nuwe en vars begin.
'N tyd om oor nuwe, wonderlike dinge te besin.
Maak los daai glimlag wat aan jou mondhoek pluk.
Laat rol daai blydskaptraan wat jy so aan sluk.
Gryp die nuwe seisoen met ope arms aan.
Sit buite en droom oor die maan.
Volg die laaste gedroogte blaar in die stroompie af.
Klap jou hande, spring en dans, wees sommer net laf.
Die seisoen van liefde is weer hier.
Vir jou, vir my, vir elke plant en dier.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9606
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #166 on: September 06, 2017, 10:46:26 PM »
Uurglas
by waterstrome

Heer, net soos die sand in 'n uurglas is my seŽninge uit U hand. Elke korreltjie is 'n glimlag aan my kant.
My liggaam is die glas wat my wese aan mekaar hou.
Soms kan ander deur my glimlag sien.
Heer, gee my elke dag die nuwe krag om U volheid te dien.
Heer, dankie vir 'n nuwe lewensjaar wat U my sal vashou.
Dankie vir my geliefdes wat my lewe deel.
Heer, dankie vir Neels wat my so lief het.
Dankie vir my ouers van albei kante.
Heer, elke wonderlike geliefde wat my help vorm het.
Heer, baie dankie vir die voorreg om wonderlike mense te hÍ om my dag te vier. Heer, help my om ook die jaar die mens te wees wat U my geskape het. Help my om werklik dankbaar te wees vir wie ek is.
Heer, net U weet die sekonde wat my laaste korreltjie sand sal val. Net U alleen weet die laaste uur.
Heer, hou my asb teen U bors.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9606
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #167 on: September 10, 2017, 10:32:19 PM »
Ontwakingsuur
by waterstrome

Die voŽltjies kondig van vroeg al die begin van 'n nuwe dag aan. "Staan op. Staan op" juig hul harte saam.
"Kyk net wat 'n lieflike dag, staan op." Verkondig hulle.
Die nagdiertjies is bly julle kan gaan rus nou.
Die res strek hul bene.
Kom uit hul gate.
Kyk om hul rond.
Die kleintjies speel en skarrel.
Nie almal het die nag oorleef.
Iewers wag kleintjies dat hul ma met kos moet terug kom.
Daarom juig die wat oorleef het. Hulle is die nag weereens gespaar. Die veld ontwaak soos die lug van kleur verander.
Die onsekere swart en grys word mooi ligter skakerings.
Die son verreis stadig oor die horison.
Gee elkeen 'n gelyke kans om te ontwaak.
Oor die dam verdubbel die mooi van die ontwakingskleed.
So mooi het U alles geskape.
So rustig en op die regte tyd val alles inplek.
Heer, bring die rustigheid van die ontwakingsuur terug in ons lewens.
Laat die onsekerheid van die nag plek maak vir die mooi skakerings van die oggend. Laat ons ook jubel en juig oor die ontwakingsuur
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9606
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #168 on: September 18, 2017, 11:20:06 PM »
n U genadige hande
by waterstrome

Heer, ons lees koerant berigte.
Ons kyk na ander om ons se seer.
Ons sien die verwoesting om ons.
Heer, sommige mense beleef baie hartseer.
Ander mense weer baie pyn.
Heer, vergewe ons wanneer ons soms struikel.
Verander ons twyfel in vertroue. Heer, U koms is dalk nader as wat baie mense wil glo. Tekens van die eindtyd is oral om ons te sien.
Heer, laat ons nie bevrees raak nie.
Laat ons nie moedeloos en verlate voel nie.
U koms is 'n juiglike tyd.
U koms beteken bevryding.
Geen pyn of eensaamheid.
Geen vleeslike behoeftes.
Heer, U beskerming en liefde is al wat ons nodig het.
Heer, leer ons om vir mekaar te bid.
Leer ons om mekaar te verdra en by te staan.
Heer, ons leef in tyd wat so vinnig verby gaan.
Raak ons aan en maak ons gereed
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9606
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #169 on: September 24, 2017, 10:37:04 AM »
Luister na My stem
by waterstrome

Raak rustig in hierdie woelige gejaag waarin jy lewe.
Leer om My te vra waarna jy smag.
Leer om My te soek in jou daaglikse lewe.
Luister na My stem.
Soms is dit 'n sagte fluister, soos die wind wat deur die blare ritsel. Soms klink dit soos die water wat oor die eeu-oue rotse kabbel. Soms sal jy dink My stem klink soos die donderweer.
Maar eintlik is My stem soos 'n gedagte.
'N oomblik waarin jy twyfel of jy die regte ding doen.
My stem is 'n waarskuwing wat jou vriend soms 'n vreemdeling jou gee. Leer om onderskeid te maak tussen wat jy wil en wat jy moet. Luister na My stem wanneer Ek jou 'n opdrag gee.
Luister na My wanneer ek jou woorde gee vir 'n vreemdeling. Luister na My stem wanneer ek jou naam roep in die nag. Bid vir jou geliefdes wanneer Ek jou die woorde gee.
Skryf die gedig wanneer Ek jou die woorde gee.
Sing voluit wanneer Ek jou die wysie gee.
Maar wees versigtig om nie 'n leuen te gee.
Wees versigtig met jou woordkeuses.
Vra My raad.
Vertel My jou seer.
Loof en prys My naam.
Luister na My stem.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9606
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #170 on: September 28, 2017, 10:32:54 PM »
God se skildery
by waterstrome

My siel juig vanoggend.
Die dag begin met 'n swart doek.
Stadig word die grys agtergrond opgeverf.
Die duifie koer bly en maak almal wakker.
"Kom kyk. Kom kyk. Die Skilder is hier"
Eers word die horison ingekleur. Ligte skakerings wat sag is op die moeŽ oŽ. Algaande word die oranje strepe 'n dieper kleur.
'N versekering dat God ook elke dag aan ons skilder.
Ons elke dag 'n kans gee om oor te begin.
Heer, dankie vir die mooi skildery wat elke dag net vir ons geskilder word. My siel juig want U is awsome.
Die teken dat ons 'n Lewende God dien.
U skildery bring nuwe lewe in elke dag.
Soms los die wolke strepe oor die son.
Soms loer die son maar net so vinnig deur die grys wolke.
Net om vir ons te sÍ: dis sal weer beter word.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9606
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #171 on: October 15, 2017, 11:23:47 AM »
In die stilte
by waterstrome

Heer, terwyl die dag nog stil is.
En voor my gedagtes begin wegdwaal.
Terwyl alles om my nog ontwaak.
Heer, wil ek bid vir elke siel.
Die wat soekend is Heer, laat hulle vir Jesus vind.
Die wat pyn het Heer, gee vir hulle verlossing.
Heer, ek bid vir die wat vandag van 'n geliefde moet afskeid neem. Daar is mense wat vandag moedeloos voor U staan.
Ai Heer, soms lyk dit of die mensdom so swaarkry kry.
Asseblief Heer, raak elkeen aan wat na U roep.
Gee hulle 'n teken dat U wel 'n God van liefde is.
Heer, raak hulle aan sodat hulle sal weet U is met hulle.
Heer, my woorde voel soms te min.
Maar ek ken die krag van gebed.
Heer, ek weet U hoor elke smeekgebed.
In dankbaarheid bid ek tot U.
Die stil sielsgebed sal ook meriete dra.
Heer, U luister na die siel, daarom hoef ons net te vra.
Al is ons woorde min.
Al kry ons net uit: "Here help my"
Daarom is U trooswoorde altyd "Wees nie bevrees nie want Ek is met jou"
Pieter Blignaut