Author Topic: PoŽsie  (Read 8591 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9573
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #165 on: September 01, 2017, 01:17:37 AM »
Lente
by waterstrome

Ek sien die lente nader kom.
In die sagte kleur van 'n nuwe blom.
'N gogga'tjie wat van blaar tot blaar spring.
Die vrolike sang wat die kanarie sing.
Die pragtige fyn reŽnbogie in die mŰredou.
Dit, my vrind, is 'n spesiale belofte vir jou.
'N belofte vir 'n nuwe en vars begin.
'N tyd om oor nuwe, wonderlike dinge te besin.
Maak los daai glimlag wat aan jou mondhoek pluk.
Laat rol daai blydskaptraan wat jy so aan sluk.
Gryp die nuwe seisoen met ope arms aan.
Sit buite en droom oor die maan.
Volg die laaste gedroogte blaar in die stroompie af.
Klap jou hande, spring en dans, wees sommer net laf.
Die seisoen van liefde is weer hier.
Vir jou, vir my, vir elke plant en dier.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9573
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #166 on: September 06, 2017, 10:46:26 PM »
Uurglas
by waterstrome

Heer, net soos die sand in 'n uurglas is my seŽninge uit U hand. Elke korreltjie is 'n glimlag aan my kant.
My liggaam is die glas wat my wese aan mekaar hou.
Soms kan ander deur my glimlag sien.
Heer, gee my elke dag die nuwe krag om U volheid te dien.
Heer, dankie vir 'n nuwe lewensjaar wat U my sal vashou.
Dankie vir my geliefdes wat my lewe deel.
Heer, dankie vir Neels wat my so lief het.
Dankie vir my ouers van albei kante.
Heer, elke wonderlike geliefde wat my help vorm het.
Heer, baie dankie vir die voorreg om wonderlike mense te hÍ om my dag te vier. Heer, help my om ook die jaar die mens te wees wat U my geskape het. Help my om werklik dankbaar te wees vir wie ek is.
Heer, net U weet die sekonde wat my laaste korreltjie sand sal val. Net U alleen weet die laaste uur.
Heer, hou my asb teen U bors.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9573
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #167 on: September 10, 2017, 10:32:19 PM »
Ontwakingsuur
by waterstrome

Die voŽltjies kondig van vroeg al die begin van 'n nuwe dag aan. "Staan op. Staan op" juig hul harte saam.
"Kyk net wat 'n lieflike dag, staan op." Verkondig hulle.
Die nagdiertjies is bly julle kan gaan rus nou.
Die res strek hul bene.
Kom uit hul gate.
Kyk om hul rond.
Die kleintjies speel en skarrel.
Nie almal het die nag oorleef.
Iewers wag kleintjies dat hul ma met kos moet terug kom.
Daarom juig die wat oorleef het. Hulle is die nag weereens gespaar. Die veld ontwaak soos die lug van kleur verander.
Die onsekere swart en grys word mooi ligter skakerings.
Die son verreis stadig oor die horison.
Gee elkeen 'n gelyke kans om te ontwaak.
Oor die dam verdubbel die mooi van die ontwakingskleed.
So mooi het U alles geskape.
So rustig en op die regte tyd val alles inplek.
Heer, bring die rustigheid van die ontwakingsuur terug in ons lewens.
Laat die onsekerheid van die nag plek maak vir die mooi skakerings van die oggend. Laat ons ook jubel en juig oor die ontwakingsuur
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9573
    • http://www.godspraak.co.za
Re: PoŽsie
« Reply #168 on: September 18, 2017, 11:20:06 PM »
n U genadige hande
by waterstrome

Heer, ons lees koerant berigte.
Ons kyk na ander om ons se seer.
Ons sien die verwoesting om ons.
Heer, sommige mense beleef baie hartseer.
Ander mense weer baie pyn.
Heer, vergewe ons wanneer ons soms struikel.
Verander ons twyfel in vertroue. Heer, U koms is dalk nader as wat baie mense wil glo. Tekens van die eindtyd is oral om ons te sien.
Heer, laat ons nie bevrees raak nie.
Laat ons nie moedeloos en verlate voel nie.
U koms is 'n juiglike tyd.
U koms beteken bevryding.
Geen pyn of eensaamheid.
Geen vleeslike behoeftes.
Heer, U beskerming en liefde is al wat ons nodig het.
Heer, leer ons om vir mekaar te bid.
Leer ons om mekaar te verdra en by te staan.
Heer, ons leef in tyd wat so vinnig verby gaan.
Raak ons aan en maak ons gereed
Pieter Blignaut