Jesus se genade
Die genade van Jesus is grensloos. Hy het gekom en alle grense in die Ou Testament afgebreek tussen man en vrou, Jood en Samaritaan deur met die Samaritaanse vrou met ‘n slegte reputasie daarby ook te praat. Danksy hierdie gesprek met hierdie vrou het Jesus haar die eerste sendeling in haar dorp gemaak. Jesus is nie meer op die aarde in liggaam nie, maar Hy het die kerk gebou en elke Sondag het Hy gesprekke met ons regoor die wêreld. Gesprekke wat ons ook onder die heidene, die ongelowiges mee kan ingaan en kan gaan verkondig wat ons gehoor het. Dit is hier waar ons Jesus faal, waar daar gesaai is in vlak grond, en wanneer die son opkom verwelk die oes voordat dit ryp is om geoes te word. Indien daar ‘n opname gemaak moet word, sal die helfte wat Sondag in die kerk was nie kan onthou die Maandag waaroor die preek gegaan het nie. Maar die vraag is hoeveel van die wat onthou, leef daarvolgens en gaan vertel verder in die dorp. Waar is jy? Dalk glad nie in die kerk nie, want dit is mos skeinheiliges daarbinne – daar is nie in jou gesaai nie, so dus gaan daar ook nie ‘n oes uit jou wees nie, dus as dit nie die genade van Jesus is nie, is jou voorland nie die hemel nie. Wil jy die kans vat. Waarom beplan so baie van ons, ons eie noodlot.