Author Topic: Coram Deo Gedagtes  (Read 24286 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9965
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #285 on: June 13, 2021, 08:01:46 AM »
Wie vat ons hand as ons lewe rondom ons aan skerwe l?

Wie vat ons hand as ons lewe rondom ons aan skerwe l? Wie vertroos ons as ons hart in duisend stukkies gebreek is? Ons Here en ons God Hy wat so sag en stil vir ons s: Ek vat jou hand. En as ons ons hand uitstrek en dit in Syne l, is dit Sy liefde wat so sag soos dou die wonde heel en weer lig bring waar eens duisternis was.

As jy eensaam en allenig is, is Ek hier.
As jy bang is, is Ek hier.
As jy in pyn is, is Ek hier.
Ek is hier wanneer jy bid, en selfs wanneer jy nie bid nie.
Ek is in jou, en jy is in My.
Al slaag jy nie daarin om My te vind nie, Ek sal jou nooit faal nie.
Al is jou geloof in My nog so klein, My geloof in jou ****el nooit nie, want Ek ken jou, en Ek het jou lief.
Geliefde, hier is Ek!

Gesende Sondag!
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9965
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #286 on: July 04, 2021, 03:26:03 PM »
Ek wou vir jou.

Ek wou vir jou n pad koop wat net afdraand loop, sodat die stap bietjie makliker is;

n Kers aansteek wat brand totdat die lig deurbreek dat jy jou nie in die donker bevind nie;

n Huisie gee wat grens aan die mooiste see met n tuin wat heeljaar vreugde gee.

Maar nou gee ek jou aan God, dat Hy jou styf kan vashou want as jy Hom het, dan het jy ALLES!

phb
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9965
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #287 on: July 26, 2021, 05:50:02 AM »
Ligloop vir gevaarlike plekke

Wanneer gevaarlike plekke ter sprake is, sal party dadelik vir jou s Suid Afrika is een so n plek. Hier is mense se lewens dikwels minder werd as selfone of rekenaars. Maar vir navolgers van Christus is daar ander onveilige plekke ook. Shane Claiborne en Chris Haw skryf juis in Jesus for President (2008): Perhaps there is no more dangerous place for a Christian to be than in safety and comfort, detached from the suffering of others. Sulke geestelike geriefsones is dikwels veel gevaarliker as al daardie sondes waaroor godsdienstiges hulleself so diep bekommer.

So lank as wat ons in die gerief van ons huise en kerke tob oor alles wat verkeerd is in die wreld en nie ons hande vuil maak met die nood en seer van ander mense rondom ons nie, dan is ons eintlik maar net ortodoks. Dan geld Jakobus 2 se woorde van onsself dat geloof sonder die regte dade van omgee en medelye net mooi niks beteken nie. Geloof wat nie God se hart sigbaar laat klop vir verlorenes, stukkendes en eensames nie, is doodgebore. Dit is nutteloos. Dit is regtig nie genoeg om net die regte belydenisse aan te hang of te verdedig nie. Die regte geloofsbelydenisse lei altyd tot die regte soort lewe in die teenwoordigheid van God en ander. Gee dadelik pad uit daardie veilige geestelike hawens. Voel weer hoe die stof van die Rabbi van Nasaret wat voor jou uitstap spat op jou eie voete.

Groete

Stephan Joubert
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9965
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #288 on: July 27, 2021, 06:34:35 AM »
Meet jou gee

Jou grootheid word gemeet aan hoeveel jy vir ander mense omgee. Moenie wag om een groot ding in jou leeftyd vir die Here te doen nie. Doen eerder dikwels iets kleins vir Sy koninryk. Dit opsigself is iets groots. Dit is soos om alles wat jy doen wat goed is in n boek op te skryf. Wie se boek gaan die meeste inskrywings h. Onthou die inskrywing hetsy dit is vir n grootding of n kleinding vat ewe veel plek. God maak werk van die klein dinge in die lewe; die dissipels het twee honderd dagloners se geld nodig gehad om vyfduisend mense te voed. n Seuntjie het sy lunch boks met twee vissies en vyfbroodjies gegee wat uiteindelik die vyfduisend gevoed het.

In geloof maak die kleinste bydrae die grootste verskil.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9965
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #289 on: August 04, 2021, 07:20:56 AM »
Pottebakker van my lewe

Hoe gewillig is ek en jy werklik dat God die Pottebaker in ons lewe moet wees. Dalk sien jy vanoggend God in n visieule konteks as pottebakker. Hy het jou klaar gevorm en jy is klaar gebak, hardgebak ja. Nee, God is jou Pottebakker, maar jy is eers klaar gevorm die dag wanneer jy jou Skepper in die ewige lewe ontmoet, vr weg van die vuurwarm oond wat jou vorming gaan staak. Moet nie jouself hardgebak hou en nie God toelaat om jou te vorm nie. Vir elke pottebakker is daar sekere rels voortskrywend aan hoe die klei moet wees wanneer hy die vorming van die beeld maak. Die pottebakker kry baie onsuiwerhede in die klei wat hy uithaal soos hy die klei brei en moet hy met moeite die onsuiwerhede uitkrap wat seer maak. Stel jy jouself beskikbaar aan jou Pottebakker om die onsuiwerhede uit te haal of is jy alreeds hard gebak en kan nie verder gevorm word nie? Ons almal maak foute en dit is onsuiwerhede wat uit die klei gehaal moet word vir die perfekte beeld van God. Wees geduldig terwyl God Sy klei voorberei, dit gaan seer wees, maar die resultaat is suiwer.

phb
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9965
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #290 on: August 13, 2021, 06:29:28 AM »
Waar was God

Wanneer God regtig deel is van jou, van jou opstaan van jou slaap, van jou eet en jou drink. Wanneer n kerk diens of diens aan jou medemens nie meer n keuse is nie, maar n leefstyl, dan eers gaan jy waarlik begin leef, wanneer jy jou in God verloor. Wanneer twee mense verlief raak op mekaar kan hulle nie wag om met mekaar te praat, die meisie raak maer, want sy leef op koue water en liefde. Die man raak sterk en staan op vir die meisie en sal haar verdedig in alle omstandighede, hy gee alles prys net vir haar. Was jy al so lief vir God. God kan nie wag dat jy jouself in Hom verloor nie, dat jy Hom in alles ken nie. Net soos wat twee verliefdes alles vir mekaar wil en sal doen, so kan God ook nie wag om vir jou alles te doen nie, maar jy moet eers verlief raak op God en jouself in Hom verloor. Anders as in die verhaal van Romeo en Juliet, wil God nie h jy moet jouself soos Juliet doodmaak nie, nee God wil h jy moet leef vir Hom, jy moet Jesus leef, want Jesus het reeds vir jou gesterf. Word vandag verlief op God en sien hoe wonderwerke ook in jou lewe gaan gebeur, ek belowe jou jy gaan nie net in die wolke wees nie, jy kry n nuwe lewe.

phb
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9965
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #291 on: August 16, 2021, 05:57:26 AM »
Toe ek my dag stukkie gepos het was dit nog vroegoggend stikdonker
Maar die wete dat Vader God vir ons reeds in die daglig oggend wag
Het my opgewonde gemaak om alles te sien ontwaak saam met die sonsopkoms
Het vroeg voor ligdag reeds gordyne oopgetrek want ek wou niks mis nie
Die ligstrale wat die donker verdryf soos wat Vader se lig die donker onbekende verdryf
En saam met die getjirp van die vols in hierdie bosveld oggend en die mooi van elke blom wat pryk in die eerste lig
Wil ek my Vader die lof en eer bring vir nog 'n genadedag by my lewe
Nog 'n dag wat ek saam met geliefdes en 'n baie spesiale mensie kan deel
Dankie Vader vir U genade onbegryplik groot

U kind

Pieter
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9965
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #292 on: August 22, 2021, 09:05:45 AM »
Soms het jy nodig om tot stilstand te kom

Soms het jy nodig om tot stilstand te kom om jou siel te vind.

Soms het jy nodig om te huil oor wat jy verloor het & soms moet jy lag oor wat God vir jou wil gee..

Soms is die gisters vol hartseer maar die mres vol nuwe beloftes.

Soms moet jy leer dat God met liefde mense na jou stuur om jou lewe te verryk.

Gesende Dag saam met GO D wat nie Soms is nie maar Ewig

Pieter Blignaut