Author Topic: Coram Deo Gedagtes  (Read 23555 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9952
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #285 on: June 13, 2021, 08:01:46 AM »
Wie vat ons hand as ons lewe rondom ons aan skerwe l?

Wie vat ons hand as ons lewe rondom ons aan skerwe l? Wie vertroos ons as ons hart in duisend stukkies gebreek is? Ons Here en ons God Hy wat so sag en stil vir ons s: Ek vat jou hand. En as ons ons hand uitstrek en dit in Syne l, is dit Sy liefde wat so sag soos dou die wonde heel en weer lig bring waar eens duisternis was.

As jy eensaam en allenig is, is Ek hier.
As jy bang is, is Ek hier.
As jy in pyn is, is Ek hier.
Ek is hier wanneer jy bid, en selfs wanneer jy nie bid nie.
Ek is in jou, en jy is in My.
Al slaag jy nie daarin om My te vind nie, Ek sal jou nooit faal nie.
Al is jou geloof in My nog so klein, My geloof in jou ****el nooit nie, want Ek ken jou, en Ek het jou lief.
Geliefde, hier is Ek!

Gesende Sondag!
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9952
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #286 on: July 04, 2021, 03:26:03 PM »
Ek wou vir jou.

Ek wou vir jou n pad koop wat net afdraand loop, sodat die stap bietjie makliker is;

n Kers aansteek wat brand totdat die lig deurbreek dat jy jou nie in die donker bevind nie;

n Huisie gee wat grens aan die mooiste see met n tuin wat heeljaar vreugde gee.

Maar nou gee ek jou aan God, dat Hy jou styf kan vashou want as jy Hom het, dan het jy ALLES!

phb
Pieter Blignaut