Author Topic: Coram Deo Gedagtes  (Read 12323 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #225 on: October 26, 2016, 07:08:06 AM »
Selfverwyt

Selfverwyt staan op wanneer jy in jouself teleurgestel is. Dis om jouself te martel met woorde soos: Ek moes beter geweet het..; pleks ek het..; as ek maar net.. Selfverwyt  en skuldgevoelens kan jou vernietig. God wil h jy moet leer uit jou foute en jou nie daarmee moet martel nie. God vergewe jou foute wanneer jy dit aan Hom belei, Hy gee jou altyd weer n kans. Selfverwyt weerhou jou ook van om indiens van God te staan, want jy kan nie ander in die o kyk om hulle nood raak te sien nie, net jou onvergewensgesindheid teenoor jouself. Leer vandag nog indien jy iets moet leer; dat wat jy verkeerd gedoen kan net God regmaak in ander se harte, jy kan dit nooit weer regmaak nie, dit laat altyd n letsel, jy kan wel so optree wat gaan aandui of jy n les geleer het daaruit en daarmee kan God werk. Vergewe jouself deurdat jy jou sondes aan Jesus Christus belei, lig jou kop op want by Hom is jou sondes veilig vasgespyker aan die kruis en kan niemand dit kom afsteel nie, net jyself. Lig jou kop op want jy is waardig in Jesus Christus, die enigste god, ons Vader by wie jy waardig genoeg geag word om aan Sy tafel te sit, waar Jesus Christus vir jou plek voorberei het.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #226 on: October 30, 2016, 12:12:56 PM »
Wees vinniger om te kniel as om te kla.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #227 on: January 27, 2017, 01:48:17 PM »
Na ek 'n bietjie redelik omgekrap in die week was met ons liewe SARS en werkgewer, en ek nie weet waarheen of waar ek die finansies gaan moet uitkrap om hulle geld te betaal nie, stop ek agter 'n bakkie by 'n robot en die volgende val my op van 'n plakker op die bakkie se klap agter:

"GOD WILL MAKE A WAY WHERE THERE SEEMS TO BE NO WAY"

Ons dien 'n GOD VAN WONDERS
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #228 on: April 13, 2017, 08:41:51 AM »
Die kruis van Jesus is nie net n storie in die Kinderbybel nie, dit is die verhaal van bevryding waardeer ek en jy ons afsnyding van hierdie sondige wreld verkry. Om hierdie boodskap uit jou lewe te sny is om jou ewige lewe in die koninryk van  God te eindig. Sonder die kruis van Jesus sou ek en jy nogsteeds saam met Paulus op pad na Damaskus toe gewees het voor sy bekering, besig om die sondige wreld te dien. Die vraag is, is jy deel van die kruis-verhaal of is jy deel van die wreld wat Jesus kruisig? Om die dinge van die wreld aan te hang, om ongestoord die kat in die donker te knuip, om jou werknemers in te doen, om tyd van jou werkgewer te steel. Om jou liggaam te vergiftig met wat ookal, hetsy dwelms, onreine dinge, hebsig of iets dergliks het jy nog nie jou deel gemaak van die kruis-verhaal nie en kyk jy nog toe hoe Jesus teen Golgota op sukkel. Kom aan die anderkant van die kruisverhaal en wees deel van die bevryding wat Jesus deur Sy kruisiging gebring het.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #229 on: May 19, 2017, 10:20:51 AM »
Die Here weet ....

Wanneer jy moeg en moedeloos voel weens
Verpletterende omstandighede en situasies ....
Weet die Here hoe hard jy probeer het.
Wanneer jy so lank trane gestort het
En jou hart is beklemd ....
Het die Here jou trane getel.
As jy voel jou lewe is doelloos
En die tyd het jou agtergelaat .
Was die Here saam met jou.
Wanneer jy eensaam voel en jou vriende
Te besig is om te bel of nie verstaan nie ....
Wag die Here saam met jou.
Die Here is aan jou sy wanneer jy dink jy alles
Probeer het en nie meer raad weet nie ....
Hy het die oplossing.
Wanneer niks sin maak nie en jy seer,
Verwar of gefrustreerd voel ....
Het die Here die antwoord.
As jou blik op die lewe verhelder
En jy tekens van hoop in die lewe vind ....
Het die Here vir jou gefluister.
Wanneer alles klopdisselboom gaan
En jy volop stof tot dank het ....
Het die Here jou gesen.
Wanneer iets verstommends gebeur
En jy daardie spesiale iemand vind ....
Het die Here se glimlag op jou gerus.

As jy 'n droom het om te volg
En ook 'n werklikheid om uit te lewe .
Het die Here jou o geopen en jou naam genoem.

Onthou net, waar jy ook al is,
en wat jy ook al in die gesig staar .

DIE HERE WEET!
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #230 on: July 15, 2017, 10:16:34 AM »
My voorbereiding vir my Bruidegom

Pasgetroud. Gewoonlik gaan dit goed tussen die twee mense. Gedurende die wittebrood ook dalk nog, maar dan kom klein jakalsies wat die wingerd verniel. Waneer die partye weer moet aangaan met hulle daaglikse dinge van die wreld, by die werk, in die shopping Malls. Tyd maak vir boys night en girls night want ons moet mos die lewe geniet. Ongelukkig wanneer jy nie jou volle aandag aan jou huweliksmaat gaan gee nie, wanneer jy jou tyd met ander dinge gaan spandeer waarin jy nie jou maat eerste stel nie, waar jy jouself eerste stel gaan jy ook nie die volle aandag van jou maat h nie om na jou behoeftes en belange om te sien nie. Om God ook nie eerste stel nie, nie in jou huwelik, nie in jou werk, nie in jou huisgesin, gaan die klein jakalsies ook die wingerd verniel, die verhouding tussen jou en God wat moet uitloop na die grootste bruilof van jou lewe. Alle rampe en teenspoed is nie altyd van satan nie, maar ook van God om jou weer te laat nadink oor jou lewe. Vra maar die vraag: hoekom ek Here maar wees eerlik genoeg om jou eie lewe te ondersoek om te sien of jy nog op die regte pad is die een wat jou huwelik met die Bruidegom gaan verseker.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #231 on: August 03, 2017, 11:17:39 PM »
Moenie ander oordeel oor hulle verlede nie,

want,

jy het nie hulle pad geloop nie
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #232 on: August 06, 2017, 07:17:59 PM »
LEEF JOU LEWE

Niemand is in beheer van jou geluk nie, behalwe jy en jou lewe in God.
Wat ander van jou dink het niks met jou te doen nie.
Moenie jouself te ernstig opneem nie.
Lag vir die simpel dingetjies. Lag vir jouself.
Speel meer speletjies, kyk meer flieks en lees meer.
Moenie jou lewe met ander vergelyk nie.
Droom meer terwyl jy wakker is.
Tyd genees meeste wonde. Gee tyd, tyd!!!
Stap elke dag vir 10minute en glimlag terwyl jy dit doen.
Die lewe is te kort om enige iemand te haat.
Vergewe almal vir alles.
Brand daardie kerse, gebruik die goeie linne, en dra die duur onderklere.
Moenie aanhou wag vir n spesiale geleentheid nie.
Vandag is spesiaal !!!
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #233 on: August 07, 2017, 07:13:13 AM »
Moet nooit die kans verby laat gaan om te s;

Ek is lief vir jou

vir die mense waarvoor jy omgee nie

want mre is dalk nie gegewe nie
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #234 on: August 08, 2017, 11:22:07 AM »
Vandag is mre se gister

moet nooit iets uitstel om te doen of tes tot mre nie

want dit kan vir ewig te laat wees
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #235 on: August 09, 2017, 07:31:33 AM »
Sy liefde vir ons is so groot.  Hy ken ons harte Hy ken ons behoeftes en begeertes.  Hy weet en Hy verstaan.  En wanneer jy weg dwaal gaan soek Hy jou tot HY jou kry. Hy laatjou nooit ooit alleennie.  Lees ingenesis.  Hy dra die val van Adam met Hom saam wanneer Hy in die tuin van Eden na hom gaansoek.  uitdruklik is Sy  bevele geignoreer maar Hy kom en Hy soek.  Adam waar is jy en so soek hy ook na ons tot hy ons kry So draai om Hy is lief vir jou en Hy sal jou soek. en Hy sal jou vergewe.  Wag net en antwoord wanneer Hy roep.

Gn 3:9  Toe roep die HERE God na die mens en s vir hom: Waar is jy?

deur Melanie von Steen
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #236 on: August 11, 2017, 08:42:32 AM »
Vir jou of vir God

Voordat ons eerlik kan bid: Laat U Koninkryk kom, moet ons ook gewillig wees om te s: Laat my koninkryk gaan. Dit is nie om skatte op aarde bymekaar te maak nie en enige iets wat jy nie kan hemel toe neem nie, is vir jou koninkryk. Dit wat jy doen vir God aan ander is vir God se Koninkryk. God sal jou beskerm in dit wat jy vir Hom doen, jy is kosbaar vir Hom. Jy moet leer om op Hom te vertrou. Hy staan gereed om jou hand te vat ten spyte van jou verlede. Begin hierdie dag in vertroue in en met God en sien hoe bevredigend jou dag uitdraai. Vra die Here vir Sy insette in elke situasie en sien hoeveel insig jy mee wegloop. Om nie jou mening oor alles te lig nie, is nie n swakheid nie, dit is n oorwinning, want dit beteken jy het ook die ander een se standpunt oordink en jy respekteur dit. Onthou God het vir elkeen n verstand gegee en ons moet dit waardig ag. Respekteur ander in hul menings en jy sny jou probleme met meer as die helfte vir die dag, so baie meer tyd om met God dan te spandeer
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #237 on: August 16, 2017, 07:41:39 AM »
Jesus het jou lief nes jy is

maar Hy is te lief vir jou

om jou te los nes jy is
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #238 on: August 18, 2017, 10:55:42 AM »
Ware egte vriende verdeel jou hartseer en vedubbel jou vreugde
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Coram Deo Gedagtes
« Reply #239 on: August 20, 2017, 11:55:49 AM »
As ons nie sonder God kan s Jesus is die Here nie, hoe kan ons in die gees aanbid sonder die krag van die Heilige Gees?

Die Heilige Gees moet in ons gees wees sodat ons in staat kan wees om God, wat Gees is, in die gees te aanbid.
Pieter Blignaut