Dankie Pappa Vader vir hierdie mense in my lewe, ek eer U daar
Dit is my voorreg om sulke kinders soos julle te he,
al krap dit soms bietjie verander dit nie my liefde en respek vir julle nie.
Ek is bitter baie lief vir julle almal, ook vir elke bietjie bystand,
al is dit net om soms 'n koeldrank of iets af te laai voor julle huistoe gaan,
ongeag die tyd of 'n telefoon oproep of Whatts App net om te hoor of alles reg is.
Groot waardering daarvoor
luv u guys. Bella, Deon, Jo, Lida-marie en dan my twee babies, Durandt en Amy-ann,
vir wie ek oneindig baie lief het.
Dan die punt van my hart, Lenie,
wie ek sedert ek haar die 1ste keer gesien het, 45 jaar gelede en geweet het dat dit my engel van Pappa Vader is wat my lewe saam met my sou deel,
vir jou het ek die wêreld se respek en bitter baie lief want jy is 'n voorbeeld van God se liefde ongeag alles waardeur jy veral die laaste 5 jaar deurgemaak het
en ongeag nog steeds positief bly en elke dag met die genade van Vader aanpak al is dit hoe moeilik vir jou,
bly jy dankbaar vir Sy genade vir nog 'n dag, ek salueer jou vrou van God.
AMEN EN AMEN
SHALOM