Groot verdrukking (Mattheus 24: 15 – 28)
Wanneer julle dan die gruwels van verwoesting (waarvan Daniel gespreek het) sien staan in die heiligdom – laat die wat lees, oplet:
1. Die wat in Judéa is, na die berge vlug
2. Wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie.
3. Wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.
4. Wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae. En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.
5. Daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word. As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie.
6. Daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie. Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.