Author Topic: E - KERK deur Stephan Joubert  (Read 11557 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #240 on: August 12, 2017, 01:32:16 PM »
Het jy n goeie onderwyser in jou lewe?

deur Stephan Joubert

Wat, ek sit al jare lank nie meer op die skoolbanke rond nie, antwoord jy dalk in reaksie op hierdie opskrif. Nee wag, ek bedoel nie n skool-onderwyser nie. Ek praat van n leef-onderwyser. Die regte term vir so iemand is n mentor of n life-coach. Te veel mense trap in die slaggat om nooit teenoor enigiemand anders aanspreeklik te wees nie. Daarom leef hulle twee lewens wat niks met mekaar te doen het nie- een in die kerk en n ander een by die werk. In 2 Konings 12:1-3 lees ek dat koning Joas so n geestelike leermeester gehad het. Dit was die priester Jojada. Solank as wat Joas op n een-tot-een basis met hierdie man van God kontak gehad het, het hy gedoen wat God van hom vra. Solank as wat Joas teenoor n man van God aanspreeklik was vir sy woorde en dade, het hy koersvas op die Here se pad gestap. Joas het toe iemand gehad wat hom kon leer wat God se wil is. Het jy ook so iemand in jou lewe? Is jy leerbaar en nederig genoeg vir so 'n pad? ;
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #241 on: August 15, 2017, 02:09:25 PM »
Het jy n goeie onderwyser in jou lewe?

deur Stephan Joubert

Wat, ek sit al jare lank nie meer op die skoolbanke rond nie, antwoord jy dalk in reaksie op hierdie opskrif. Nee wag, ek bedoel nie n skool-onderwyser nie. Ek praat van n leef-onderwyser. Die regte term vir so iemand is n mentor of n life-coach. Te veel mense trap in die slaggat om nooit teenoor enigiemand anders aanspreeklik te wees nie. Daarom leef hulle twee lewens wat niks met mekaar te doen het nie- een in die kerk en n ander een by die werk. In 2 Konings 12:1-3 lees ek dat koning Joas so n geestelike leermeester gehad het. Dit was die priester Jojada. Solank as wat Joas op n een-tot-een basis met hierdie man van God kontak gehad het, het hy gedoen wat God van hom vra. Solank as wat Joas teenoor n man van God aanspreeklik was vir sy woorde en dade, het hy koersvas op die Here se pad gestap. Joas het toe iemand gehad wat hom kon leer wat God se wil is. Het jy ook so iemand in jou lewe? Is jy leerbaar en nederig genoeg vir so 'n pad? ;
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #242 on: August 16, 2017, 07:29:13 AM »
Gratis en duur tegelyk

deur Stephan Joubert

Mense is nie, in Richard Dawkins se soort taal, survival machines in the services of their genes nie. Ons is God-gemaak. Ongelukkig het ons die pad gevat, weg van Hom af. Genadiglik het God sondaars soos ons lief. Hy is eindeloos genadig teenoor mense, sy vyande inkluis. Maar laat ons dit helder vir mekaar s - as ons dink genade is n toegangskaartjie tot n onverskillige lewe, dan begryp ons dit 100% verkeerd. As ons siening van genade ons mak maak vir verkeerde dinge, dan snap ons nie die volle genadige waarheid van God nie. En as genade ons blind maak vir dinge wat teen Sy wil indruis, dan mis ons sy hart. Genade is nie n persoonlike sonde-lisensie nie. Of n toestemmingsbrief tot n slordige, leef-soos-wat-jy-wil geloof nie. Genade stel ons nie vry om luilekker hemel toe te leef omdat alles afbetaal is nie. Genade plaas ons ook nie op vervroegde geestelike pensioen nie. Met resilience moet ons die goeie stryd van die geloof elke dag stry.

God se genade is verniet, maar dit is nie goedkoop nie. Genade kos God letterlik alles. Dit is duursaam en peperduur, al deel God dit gratis met die verkeerde mense wat nie n duit hiervan verdien nie. Begenadigdes moet weet wat genade God alles gekos het en Hom lewenslank dankie s hiervoor. Dan word die regte balans tussen genade en waarheid gevind en geleef, daardie soort wat volgens Johannes 1 in Jesus Self gesetel is. Hyself is propvol genade en waarheid. Genade sonder waarheid is religieuse sentimentaliteit. Net so is waarheid sonder genade gelyk aan godsdienstige liefdeloosheid. Beide is nodig, beide hoort saam. Beide is deel van God se liefdevolle karakter.

Dietrich Bonhoeffer skryf in sy beroemde boek, The cost of discipleship, die mooiste woorde ooit oor die prys op God genade:

Costly grace is the gospel which must be sought again and again and again, the gift which must be asked for, the door at which a man must knock. Such grace is costly because it calls us to follow, and it is grace because it calls us to follow Jesus Christ. It is costly because it costs a man his life, and it is grace because it gives a man the only true life. It is costly because it condemns sin, and grace because it justifies the sinner. Above all, it is costly because it cost God the life of his Son: 'Ye were bought at a price', and what has cost God much cannot be cheap for us. Above all, it is grace because God did not reckon his Son too dear a price to pay for our life, but delivered him up for us. Costly grace is the Incarnation of God.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #243 on: August 18, 2017, 10:37:10 AM »
Ons dien onsself in ander se lewens in

deur Stephan Joubert

Kom ons wees eerlik: ons lewens verloop nie aldag soos wat ons dit beplan het nie. Nou ja, dan moet ons die kuns baasraak om sulke onbeplande momente in Goddelike momente te omskep. En om ons bestaande omstandighede aanhoudend in Goddelike glans te tooi. Ons moenie wag totdat n hemelse trompet eers langs ons begin blaas voordat ons in beweging kom vir die Here nie. Ons moet elke dag op die uitkyk wees vir daardie spesiale momente om n verskil in iemand se lewe te maak. Of dit self skep. Ons hoef regtig nie te wag tot iemand ons om hulp kom vra nie. Ons moet toelaat dat die Gees ons fyn instel op ander se geestelike en fisiese nood. Dan moet ons onsself hoflik en met die nodige deernis tot hulle diens stel. Nee, ons dring onsself nooit op aan ander mense nie, maar ons dien onsself in Christus se Naam in hulle lewens in. Ons mag nie een aand gaan slaap sonder so n omgee of liefh moment iewers in ons dag nie. n Handdruk, n gebed, n paar sente, n woord van bemoediging- so omskep ons ons en ander se lewens in Goddelike oomblikke. Kom ons wees mense wat die wreld omsoom met hemelse hoop, geloof en liefde.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #244 on: August 23, 2017, 09:30:28 PM »
Dit gaan nie oor gebed se krag nie, maar oor God Sn

deur Stephan Joubert

Gebed het krag. Baie boeke en gesprekke oor gebed berus op hierdie uitgangspunt. Tog is krag nie die punt van gebed nie. As gebed bloot net krag sou h, dan verskuif ons fokus vanaf God na gebed as n doel opsigself. In dieselfde asem verskuif die fokus dan ook na onsself wat daardie krag moet ontsluit. Dan handel die krag van gebed eintlik net oor die effek wat gebed hier aan ons kant van die draad het en nie oor God nie. Kragtige gebede kan gou-gou n selfsugtige roete word, want resultate is dan al wat saak maak.

Net so min as wat enige liefdevolle verhouding tussen ouers en kinders uitkoms-aangedrewe is, net so min is gebed primr gerig op uitkomste en antwoorde. Dan verskraal ons God tot n Antwoordverskaffer. Of tot die Een wat gedurig moet regstaan om ons gebede te verhoor sodat ons vir almal kan vertel van die krag van gebed. Terloops, dink net hoe ongelukkig sal jyself wees as jou kinders gedurig vir almal vertel hulle het krag oor jou want hulle kry jou so ver om vir hulle te gee wat hulle wil h. Dan sal jy dink dat hulle jou net tot hulle eie voordeel probeer gebruik om dinge vir hulleself te kry. So mag ons nooit oor die krag van gebed dink nie, want gebed gaan heel eerste, orals en altyd oor God!

Wanneer ons opreg met God praat, behoort ons nie nog die tyd of die lus oor te h om te wonder of ons kragtig gebid het nie. Ons is nie daaglikse verbruikers van God se krag, soos wat ons dalk verbruikers van Eskom se krag is nie. Gebed wat reg gebeur gaan altyd oor God. Dit klink na iets maklik om te s, maar om dit te beoefen, is iets anders. Want eintlik gaan baie gebede nie so baie oor God soos wat dit moet nie. Te veel van ons gebede is behoefte aangedrewe. Dit moet einde kry. Gebed is om leeg gestroop van onsself voor God neer te val. Dit is om al ons hoop op die Here te plaas. Gebed is leeg en vol tegelyk leeg van onsself en vol van God se grootheid en eer. So bid ons reg.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #245 on: August 26, 2017, 08:01:10 PM »
Oppas vir daardie drie groot Ys

deur Stephan Joubert

Waar jy bly
Wat jy ry
Wat jy kry

Ry, bly en kry = ly! Miljoene mense hier op moederaarde ly 24 uur per dag vir dit wat hulle ry, dit wat hulle kry en daar waar hulle bly. Van vroeg tot laat sloof hulle hulleself af vir aardse besittings. Hulle jaag van die een dag na die ander om nog geld te kry, want hulle glo daardie leuen dat nog meer besittings gelyk is aan groter geluk. Hoor hier, dit is eenvoudig nie waar nie. Dan sou almal wat al die regte goed op hulle naam het mos super-gelukkige mense gewees het. Geestelike armoede en bankrotskap teister egter vele se lewens wat sulke leefstyle aanhang. Dit is die dood in die pot om heeltyd agter blydinge, rydinge en krydinge aan te leef. Wanneer jy n lang-y slaaf is, is jy nooit tevrede of gelukkig nie. Hou dadelik op hiermee. Doen wat Jesus in Matteus 6:33 voorstel vir n gelukkige lewe: Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #246 on: September 01, 2017, 01:11:48 AM »
Gebed tref baie verder as jou huis se plafon

deur Stephan Joubert

Soms voel dit asof ons teen ons huis se plafon vasbid. Dan is dit asof daar n besetkode hemelwaarts is. Ons klop aan die hemelse deure, maar dit bly toe. Ons pleit en smeek, maar dit klink of ons gebede op dowe ore beland. Gelukkig is ons nie alleen wat sulke gevoelens betref nie. Bybelskrywers soos Paulus het ook sulke stiltes beleef. In Romeine 8:26 s hy ons grootste swakheid is dat ons nie altyd weet wat en hoe om te bid nie. Maar Paulus stop gelukkig nie hier nie. Hy skryf verder dat die Gees vir ons intree in sulke tye. In ons geestelike windstil dae is dit die Heilige Gees Self wat vir ons bid. Hy sug en praat namens ons met God wanneer dit voel of ons gebede kragteloos is. Die beste nuus van alles is dat God altyd luister na sy Gees se gebede! Hy laat geen gebed van die Gees leweloos terugval aarde toe nie.

Ons troos is dat die Heilige Gees vir ons bid. Maar die goeie nuus stop steeds nie hier nie. Paulus skryf verder in Romeine 8:33-34 dat Jesus ook aan die regterhand van God is en dat Hy ook vir ons intree. Ons is regtig in goeie hemelse hande. Die Heilige Gees en Christus praat met God oor ons as Sy kinders. Christus en die Gees se gebede is loshande die kragtigste gebede in die hele heelal. Hierdie intredes vir ons by die Vader maak die wreldse verskil in die hemel, selfs al verander dinge nie noodwendig in n oogwink hier aan ons kant van die draad nie. Wanneer dit partykeer voel asof daar n besetkode hemel toe is, troos Romeine 8 se super-woorde ons dat al die Gees en Christus vir ons bid. Ons hou vandag en elke ander dag vas aan Jesus en die Gees as ons groot Voorbidders. Die Gees vul ons stomheid aan met die regte woorde voor God se troon. En Jesus gedurig vir ons in by die Vader. Die goeie nuus is dat daar geen plafon tussen God en ons is nie.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #247 on: September 06, 2017, 10:32:03 PM »
As ek vir my kinders nog een ding kon s...
deur Helena Smith

Deesdae het almal 'n bucket list. Ekself het ook 'n bucket list, waarin een van die dinge wat ek nog graag wil doen, is om die Tankwa Camino te gaan stap. Ek is mal oor stap en die Karoo is een van my gunsteling plekke, So dalk vertel ek julle nog eendag van my staptog! Onlangs het ek egter gedink wat ek baie graag vir my kinders sou wou s as ek nog net een kans vir 'n prekie gehad het.

Glo dit of nie, my woorde sou uit Prediker gekom het. En dit sou nie wees: Dit is alles tevergeefs nie! Ons kinders is reeds uit die huis en getroud en terugskouend dink ek dat ons in ons kinderopvoeding ons bes probeer het, maar ook (miskien uit onkunde) baie foute gemaak het. Ek is baie dankbaar teenoor 'n liefdevolle, genadige Vader wat al die los drade van onkundige ouers kan optel en in die proses oulike godvresende jong volwassenes kan oprig.

My kinders, my boodskap vir julle uit Prediker:

* Prediker 9:10 - Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen Ons wil so graag sien hoe ons as Christene 'n verskil maak. Hoe ouer ek egter word, hoe meer besef ek dat 'n mens juis 'n verskil maak, as jy elke taak wat jy aanpak, hoe klein ookal, met entoesiasme en werkywer aanpak. Jou lewe sal 'n impak he, as jy alles wat jou hand vind om te doen, met toewyding doen. My kinders, blom daar waar julle geplant is.

* Prediker 11:1 - Gooi jou brood op die water, want na 'n lang tyd kry jy dit terug. Wees vrygewig, met jou geld, met jou goed en met jou tyd. Wees goed vir ander mense.

* Prediker 11:8 - Ongeag hoe lank jy lewe, geniet elke oomblik daarvan. God wil he dat ons die lewe as 'n gawe van Hom moet geniet. Vind vreugde in jou werk. Vind veral vreugde in klein dingetjies. Lag baie en lag ook sommer vir jouself.

* Aan die einde van sy lewe kom die Prediker tot 'n belangrike gevolgtrekking. Die heel belangrikste wat ek graag vir my kinders sou wou se: Prediker 12:13 - Wees eerbiedig teenoor God en gehoorsaam sy gebooie.

In haar boek: 101 Inspirasie-oomblikke skryf Lindie Strydom: "Dien, doen en geniet - dit is wat jy die wreld kan bied." Dit klink eintlik heel eenvoudig. My kinders, moet dus nie te veel wroeg oor die lewe nie: doen dit wat jy doen goed, wees goed vir ander, geniet die lewe en die belangrikste, dien God met oorgawe.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #248 on: September 10, 2017, 10:24:33 PM »
n Groot D waarvoor jy moet leef

deur Stephan Joubert

n Katkisasieboek uit my kinderjare het ons gewaarsku teen daardie drie groot Ds dans, drink en dobbel! Dit het my toe al laat besef ons kan so so teen alles wees dat ons nie enige tyd oorhet om vir die Here se dinge te wees nie. Ons roeping is om vir God te leef, nie teen die sonde nie! Nee, ons het nie n lisensie om sonde te doen nie, maar sondestryde mag nooit ons hooffokus word nie. Die doel van geloof is om elke dag ons oog op God te hou. Van die regte fokus gepraat: daar is een groot D waarvoor ons almal moet leef: Dankbaarheid. Ons hele lewe moet eintlik net gaan oor dankie s en dankie doen. Alles in ons moet oor en oor dankie uitroep aan die Here omdat Hy ons gered het. In elke gesprek moet mense ervaar hoe liefdevol ons wonderlike God is. En dat Hy oordadig lief is vir alle mense. Ons lewens moet megafone van dank wees. Kolossense 3:17 moet ons daaglikse leef-kompas wees: Jesus moet uit julle hele lewe straal. Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. Julle lewe moet een groot dankie vir God wees.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #249 on: September 18, 2017, 11:14:21 PM »
God eet graag saam!

deur Stephan Joubert

Gideon is sekerlik een van die vreemdste mense ooit wat God geroep het vir sy diens. Ek lees in Rigters 6 dat hy God se antwoord is op die gebede van sy volk om uitredding teen die Midianiete. Maar Gideon kruip weg as God hom opsoek. n Engel moet hom gaan uitsnuffel daar agter n dorsvloer. As Gideon boonop hoor hy word aangespreek as n dapper held, dan is hy heeltemal uit sy diepte. Askies meneer, s hy ewe vreemd vir die engel, maar as God by ons is, hoekom gaan dit dan so sleg?" Gideon is geen geloofsheld nie. Hy twyfel aan God. Hy dink God het hulle in die steek gelaat. Maar God steur Hom gelukkig net mooi niks aan Gideon se vrees, sy twyfel en swakheid. Gaan met die krag waarmee Ek jou stuur om my volk te red, s God. Krag om God se werk te doen is nie iets wat in onsself setel nie. Al die krag kom van God af. Hy maak ons sterk vir sy werk. En sy krag l in ons roeping om vir Hom te leef en sy lig rondom ons te laat skyn in Jesus se Naam.

Gideon het nie n behoorlike idee wie God is en wat Hy vir Hom moet gaan doen wanneer hy hier in Rigters 6 geroep word nie. Maar hy doen nogtans 'n mooi ding: hy nooi God dadelik vir n ete. Trouens, hy vra so ewe vir God of Hy sou omgee om te wag terwyl Gideon vir Hom 'n groot ete voorberei. Dan doen God dit. Die Almagtige God van aarde en hemel wag op sy sukkelende kneg wat vir hulle 'n feesete voorberei. Aangrypend! En dan stuur God hemelse vuur om die ete saam met sy aardse kneg te vier. Dadelik besef Gideon toe hy is regtig in die teenwoordigheid van die God van hemel en aarde. Hy het met die lewende God geet. Hy, die wegkruiper, die twyfelaar, die swakkeling, het net daar in een ontmoeting verander in n dapper held, n sterk een daarby! God se krag het sigbaar geword in sy lewe.

Leer asseblief by Gideon dat God altyd spesialiseer in swakkelinge, nuttelose mense en wegkruipers. Selfs n brose, bang Gideon kan in God se o in een oomblik verander tot n held. Ook in jou lewe is dieselfde God aanwesig. Eet saam met Hom, leef saam met Hom, leef vir Hom met die krag wat Hy verleen.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #250 on: September 24, 2017, 10:31:56 AM »
Vermaning sonder veroordeling
deur Luther Backer

Paulus het in talle van sy briewe gemeentes aanges om die wat van die evangelie afgedwaal het tereg te wys met die hoop dat hulle hulle weer op die regte pad sal bevind. Titus is aanges om niks te doen te h met iemand wat na twee vermanings nog skeuring veroorsaak omdat hy weet dat so n man op die verkeerde pad is en deur sy sonde bring hy die oordeel oor homself (Titus 3:10-11).

Die gemeente van Tessalonisense is aanges om iemand wat nie die bevele van Paulus gehoorsaam nie moet afgesonder en vermy word sodat hy kan skaam kry. Die gemeente moet hom egter nie soos n vyand behandel nie, maar hom teregwys soos n broer (2 Tess. 3:14-15). Aan die Korintirs (2 Kor. 13:11) het Paulus geskryf dat hulle bly moet wees, moet streef na geestelike volwassenheid, vermaning moet aanvaar, eensgesind wees en in vrede moet leef.

Jesus self het in een van sy bekende uitsprake, soos opgeteken in Lukas 17:3 aan sy dissipels ges: As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Selfs as hy sewe maal op n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en s Ek is jammer, moet jy hom vergewe. Jesus het sy volgelinge gewaarsku dat elkeen wat teen die Seun van die mens iets s, vergewe kan word; maar hy wat teen die Heilige Gees laster, nie vergewe kan word nie (Lukas 12:10).

Esegil, n profeet voor en tydens die Babiloniese ballingskap, is deur God die wag van Israel gemaak. Hy is aanges dat hy die volk namens God moet waarsku oor sy sondige optrede. Wanneer Ek van die goddelose s dat hy sal sterwe, en jy praat nie en waarsku hom nie oor sy doen en late nie, sal hy deur sy sonde sterf, maar ek sal jou verantwoordelik hou vir sy dood (Eseg. 33:7-8).

Bid tot God dat Hy jou die wag van jou familie, gemeenskap of jou besigheid sal maak om hulle te vermaan en te waarsku wanneer nodig. Om geloofwaardig en betroubaar te wees moet jou woorde en jou dade te alle tye ooreenstem. Moenie uitstel om iemand wat voortgaan om n sondige lewe te lei te vermaan nie, want dit mag vir ewig te laat wees vir daardie persoon soos wat dit vir Esau te laat was om sy geboortereg wat hy vir n pot lensiesop verruil het, terug te kry (Hebr. 12:16-17).

In Jakobus 5:19-20 lees ons van vermaning: My broers, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terugbring, weet dan dat hy wat n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maak dat n menigte sondes vergewe word.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #251 on: September 28, 2017, 10:23:15 PM »
Systap hierdie hartsiekte

deur Stephan Joubert

Harde harte klop in vele godsdienstiges se binneste. Vat maar die godsdienstiges in Markus 3 wat Jesus wou doodmaak omdat Hy n sieke op die Sabbat genees het. Hulle klipharde harte het Jesus woedend en diep ontsteld gelaat (Markus 2:26-3:6). Vat ook die Farisers daar in Markus 10 wat hulle bes gedoen het om wettige redes te vind vir egskeiding om God se wil te omseil. Jesus s padlangs vir hulle dat hulle ly aan sklerokardia, aan geestelike hart-verharding. Mense met sulke harde harte het God nie regtig lief nie. Daarom voel hulle ook niks vir diegene wat nie hulle voorskrifte nakom nie. Nooit maak sulke godsdienstiges hulle hande vuil met die seer en swaar van ander nie. Hulle godsdienstige stryde oor reg en verkeerd isoleer hulle van enige vorm van omgee en liefde. Moenie dat geestelike verkalking jou hart ook tref nie. Dit gaan jou hard en liefdeloos maak met jou godsdiens en al. Gee asseblief jou hart elke dag vir Jesus. Net Hy kan jou hart van klip vervang met n regtige hart wat warm en propvol liefde klop vir God en ander. Laat Jesus jou hart verander vir ander!
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #252 on: October 15, 2017, 11:15:46 AM »
So systap jy 'n siniese lewe
deur Stephan Joubert

Ek onthou Oscar Wilde se gevleuelde opmerking: a Cynic is a man who knows the price of everything, and the value of nothing. Siniese mense is tereg, soos wat George Carlin s, teleurgestelde idealiste. Dit is mense wat hard en koud geraak het. Die lewe het hulle so ontnugterd gelaat dat hulle alles met n knippie sout vat. Hulle betwyfel en bevraagteken almal. Hulle verwag gedurig die slegste van mense. Onleerbaar, skepties, altyd aan die spot en aant verdag maak- so lyk die lewe van enige sinikus. Die bekende rocksanger Bruce Springsteen vertel in sy outobiografie dat sy pa boonop nog n misantroop was- dit is iemand wat so sinies geraak het dat hy of sy niks meer van ander mense hou nie. Sy pa se filosofie was nobodys good, and so what if they are. Hierdie is helaas die storie van vele se lewe.

Dit is hartseer dat party godsdienstiges ook hierdie siniese virus onder lede het. Ek hoor soms hoe siniese kerkleiers beterweterig of vermakerig praat oor ander se opregte pogings om God te dien. En hoe mense wat darem nog die regte geloofsgeluide maak net mooi alles in die kerk belaglik maak. Oppas hiervoor. Moenie toelaat dat jou hart hard word nie. Dan verander jou wreld in n baie donker en gevaarlike plek. Laat die Here jou hart elke dag in sy sterk hand vashou sodat jy nie koud en sinies raak nie. Teken jou lewe elke dag oor aan Hom. Kies doelbewus om die lewe deur God se genadige o te bekyk. Loop naby aan God sodat Hy jou kan leer om goeie dinge in ander mense raak te sien. Laat toe dat God jou hart oor en oor sagmaak met sy genade. Gebruik ook Jesus se oogsalf getrou soos wat Hy in Openbaring 3 voorstel, sodat jy sy genade in ander rondom jou kan raaksien. Verwag, glo en hoop die beste van ander, soos wat Paulus skryf in 1 Korintirs 13. Dan sal hierdie vernietigende virus van sinisme jou niks maak nie.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #253 on: October 27, 2017, 09:04:16 PM »
Van n le tot n vol hart

deur Stephan Joubert

Sommige mense se harte is heeltemal leeg. Hulle het niks om te gee of te deel nie, want daar is niks wat ewige waarde het in hulle eie harte weggepak nie. Le-hart mense is so besig om hulle energie en tyd aan nuttelose dinge te wy dat daar geen diepte in hulle lewens is nie. Jesus het dikwels met sulke mense te doen gekry. Hy beskryf sulkes se tragiese eindbestemming wanneer Hy in Matteus 10 vra wat help dit as jy die hele wreld wen maar dat jou siel skade ly? Mense wat al hulle tyd spandeer aan die soeke na uiterlike erkenning en gewildheid en wat meen dat sulke dinge geluk sal waarborg, se siel gaan morsdood. Mense wat al hulle energie vermors op die bou van n loopbaan en al die uiterlike dinge wat hiermee gepaard gaan, sit uiteindelik met le harte opgeskeep as enigste beloning. Daars geen diepgaande geluk, geen egte lewensvreugde in hulle harte nie, want hulle het geen stoorplek hiervoor ingebou nie. Al wat hiervoor help is n hartoorplanting. Laat toe dat Christus jou hart aanraak en aan jou n warm hart gee. Laat die Here jou hart verander in n stoorkamer van sy liefde. Dan loop jou lewe oor van sy genade.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9654
    • http://www.godspraak.co.za
Re: E - KERK deur Stephan Joubert
« Reply #254 on: November 11, 2017, 08:41:41 AM »
S n slag nee; dis nie die einde van die wreld nie

deur Stephan Joubert

Om soms vir mense nee te s, is regtig nie die einde van die wreld nie. Die Vaalrivier verander nie skielik in bloed nie. Paddas en muskiete begin nie neerren uit die wolke wanneer jy vir iets of iemand net nee s nie. Ook hou die Oranjerivier nie meteens op met vloei nie. Te veel people pleasers meen die wreld stort in duie as hulle die slag die woord "nee" moet gebruik. Wat sal ander mense van hulle dink? Die regte roete is om te weet God se mening tel altyd die meeste in jou lewe. So ook di van mense naby aan jou. Weet wat is God se roeping op jou lewe. Weet ook jy hoef nie alles vir almal te wees nie. Jy is nie die antwoord op elke vraag en probleem nie, God is! Hy gebruik jou, maar jy is net een mens. O ja, en as God jou gebruik, doen Hy dit meestal ten spyte van jouself, nie as gevolg van jouself nie!

Ander mense kan regtig sonder jou klaarkom en regkom. Gebruik jou energie en tyd wys sodat God jou nog meer effektief kan gebruik. Moenie jouself soos n kers op een slag uitbrand nie. Moenie, soos vele spog oor hoeveel keer jy al uitgebrand het nie. (Ek vertel graag vir geestelike leiers uitbranding is nie verpligtend as jy die Here dien nie!) Moenie jou lewe oorlaai met dinge wat jou net nog besiger maak, maar nie nog meer effektief nie. Besigwees en effektief wees is nie dieselfde nie. Vind jou regte lewensritme voor God en tussen ander, en hou daarby, al moet jy dikwels nee s!
Pieter Blignaut