e-pos adres : blikkies@protonmail.com Dankie dat ons kan bidAlle werke op die blad is aan kopiereg onderhewig. Alle werke van ander wat gebruik word sal erkenning onvang.
Here Jesus, ons kom in verootmoediging vanaand na U toe en sê dankie Here, dankie dat U in Henry se behoeftes voldoen het, dankie dat U in iemand anders se hart gespreek eht en hy oop was vir U stem en gedoen het wat U van hom gevra het. Dankie dat Henry weer 'n werk gekry het en Dinsdag kan begin, sodat hy vir sy gesin kan sorg waar hy 2 maande sonder werk gesit het. Dankie ook Here dat hierdie tyd van beproewing hom en sy gesin baie nader na U getrek het en hulle tot die besef kon kom van hoe afhangklik ons werklik van U is. Dankie Here, ons loof en prys U grote Naam. Amen.