Ek wil graag die volgende deel;
Ek het sowat 2 jaar gelede ernstige steek- en hoofpyne begin kry aan die regterkant van my hoof. Die breinscan's het getoon dat daar veelvuldige klein beroertes teenwoordig was, verlede jaar in Mei is 'n opvolg scan geneem en toon dat daar geen verbetering is nie. Intussen het die hoofpyne meer intens geraak , sodanig dat my visie in my regter-oog erg aangetas is. Ek het toe by Dr Kobus Fourie in Vereeniging uit gekom wat tydens die ondersoek my die nuus meegedeel het dat ek 'n ernstige trombose/beroerte in my oog gehad het en sowat 20% visie oor het. Hy het Avestin inspuitings direk in die oog voor gestel, kursus van 6 inspuitings. Na die 3de inspuiting het ek in Januarie 2012 gegaan vir 'n ondersoek en deur die genade en die troue God wat ek dien, het my oog sodaing herstel dat geen verdere inspuiting nodig is nie en my visie is basies terug waar dit was voor die beroerte. Ons dien 'n GROOT GOD en ek bringh HOM al die lof die eer en die aanbidding. Dankie Pappa Vader