Author Topic: Facebook Waarhede  (Read 19562 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9753
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Facebook Waarhede
« Reply #420 on: September 01, 2017, 01:02:45 AM »
✿ Uit die Vader se Hart ✿

My geliefde kind, kom ons kyk na die esensie van ‘n gees van geloof’...Geloof-aksie My kind is om te reageer op My Woord en Gees en om jou te distansieer van ruimte en tyd ot te wel omstandighede, van gevoel en emosies en van die afhanklikheid van jou sintuiglikke waarnemings...die skepping wag vir jou om ‘daarmee te praat’ My kind...die skepping is ontwerp en ingestel om na jou te luister My kind...se my Woord dan nie, se vir die berg om te verskuif en dit sal skuif My kind...die ‘geestelikke waarde’ van die stelling is vervat in die aksie waar jy jou probleme wat soos berge voor jou staan, moet aansprek en hulle sal verdwyn...beoefen jou geloof deur dit ‘in aksie om te skakel’ en om dit nie net simbolies te sien gebeur nie...maar tot n werklikke natuurlikke gevolg sal manifesteer...want wat jy bind op aarde deur n uitspraak van my geestelikke wette, sal ook in die ‘geestelikke realm’ gebind of losgemaak word...dit is wanneer ‘simboliese taal n natuurlikke werklikheid’ word...onthou dit baie goed My kind...lewe en dood is in die krag van die tong...tel jou woorde en wees dus verstig wat jy se My geliefde kind, want jou tong het skeppings-mag!

✿ My Gebed Vir Vandag ✿
☛ Pappa Vader ek kom na U toe met geloof en verwagting. U se alles wat ek volgens U wil vra sal ek ontvang. Ek dank U vir die getrouheid van U Woord en dat U werke in my lewe sigbaar is. Dit bid ek in die naam van Jesus die Christus, amen!
☛ Dankie Pappa Vader vir alles vandag, soos die oe van die dienskneg gevestig is op die hand van sy meester en die oe van die diensmaagd op die hand van haar meesteres…so is ons oe deurentyd op U genadige guns en liefde gevestig, met verwagtende dankbaarheid! - Dr MVღ
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9753
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Facebook Waarhede
« Reply #421 on: September 06, 2017, 10:49:48 PM »
Die pad van die lewe gee jou gejaagdheid of rus
Hoe jy die lewe sien, dit is gewis
Vir elke wegloop, is daar merke
Tog in alle nuwe keuses, is daar perke
Vir elke deur wat sluit, is daar 'n nuwe een wat oopstaan
Vir elke verlede, is daar 'n nuwe begin se ontstaan
Vir elke twyfel, is daar antwoorde op die regte tyd
Die keuse is joune, wat jy doen en besluit
Moet nie wag dat drome dalk eendag waar sal word
Ons leef op geleende tyd, die dae is kort
Moet nie jou toekoms op ander se tydrame maak
Jy is verantwoordelik, vir jou geluk, jou droom maak saak
Die pad van die lewe het sy eie gejaagdheid of rus
Kyk na jou lewe...wees beslis
Tyd is kort, beperk en geleen
Fokus op God, Hy sal jou lei en jou seën

Csn-Ms Gauteng Corné Labuschagne
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9753
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Facebook Waarhede
« Reply #422 on: September 18, 2017, 11:13:42 PM »
Mag HY wat die blom in ñ klein krakie op ñ groot berg voed waar géén mens se hand kan bykom nie jou siel met sagte druppels uit die Hemel voed!
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9753
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Facebook Waarhede
« Reply #423 on: October 15, 2017, 11:34:15 AM »
Ek is by jou wanneer die klaviernote van jou lewe vals mag klink en die riviere oor jou wange stroom. Ek staan langs jou by die kruispad en neem saam met jou besluite. As jy voel of jy met jou rug teen die muur staan is dit My hand wat jou sagkens weglei en die oop deure laat sien. As die strome binne woed is dit My stem wat die waters se dreuning stop. Jy is uit My hand gevorm en Ek ken jou gedagtes. Ek sien die seer in jou oe en Ek sien die laataand koffiebeker wat alleen staan. Ek sien My kosbare kind voor My. Moenie bang wees vir die onbekende nie, Ek is jou Vader en laat jou nooit alleen loop nie.
Jesusliefde!
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9753
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Facebook Waarhede
« Reply #424 on: October 27, 2017, 08:56:49 PM »
God het 'n plan vir jou

Mislukking beteken nie dat jy 'n mislukking is nie;
dit beteken dat jy nie geslaag het nie.
Mislukking beteken nie dat jy nog niks bereik het nie;
dit beteken dat jy iets geleer het.
Mislukking beteken nie dat jy 'n dwaas was nie;
dit beteken dat jy 'n groot klomp geloof het.
Mislukking beteken nie dat jy in die skande is nie;
dit beteken dat jy gewillig was om te probeer.
Mislukking beteken nie dat jy tot niks in staat is nie;
dit beteken dat jy probeer om dinge op 'n ander manier te doen.
Mislukking beteken nie dat jy minderwaardig is nie;
dit beteken dat jy nie volmaak is nie.
Mislukking beteken nie dat jy jou lewe verkwis het nie;
dit beteken dat jy rede het om weer te begin.
Mislukking beteken nie dat jy moet tou opgooi nie;
dit beteken dat jy net harder moet probeer.
Mislukking beteken nie dat jy dit nooit sal maak nie;
dit beteken dat dit net 'n bietjie langer sal duur.
Mislukking beteken nie dat God jou verlaat het nie;
dit beteken dat God 'n beter plan vir jou het.
deur Mossie vd Merwe
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9753
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Facebook Waarhede
« Reply #425 on: December 21, 2017, 12:58:22 AM »
MOET DIT NOOIT VERGEET.

Onthou dit wat ander aan jou doen gaan een of ander tyd terug kom na hulle toe.
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9753
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Facebook Waarhede
« Reply #426 on: January 01, 2018, 10:45:50 PM »
Op hierdie eerste dag van 2018 weet ek nie wat die nuwe jaar gaan oplewer nie, maar ek weet wel -
* Dat ek nie 'n enkele tree wil gee wat nie in Sy voetspore volg nie.
* Dat ek by Hom wil begin vir raad en leiding en nie by Hom wil eindig as alles anders nie wil werk nie.
* Dat net my heel beste in alle omstandighede vir my goed genoeg sal wees al is ander nie noodwendig altyd daarmee tevrede nie.
* Dat elke geleentheid altyd 'n voorreg sal wees wat ek met oorgawe en verantwoordelikheid wil aanpak.
* Dat ek in nederigheid 'n instrument en ligdraer in Sy hand wil wees wanneer en waar Hy my ook al wil gebruik.
* Dat ek elke oomblik van die nuwe jaar voluit wil leef en elke sekonde wil laat tel, want ek gaan dit nie weer beleef nie.
* Dat ek wil bemoedig en die goeie in ander wil raaksien.
* Dat ek ander wil help en bystaan waar moontlik om hulle doelwitte te bereik.
* Dat my liefde en omgee altyd uit my hart sal kom en opreg sal wees.
* Dat ek 'n ware en opregte vriend vir my vriende wil wees.
* Dat ek almal met die nodige respek wil behandel.

Ek sien baie uit na 'n opwindende jaar en wens almal seen, vrede, vreugde en sukses toe op die 2018 lewenspad! Wat 'n wonderlike wete dat ons altyd op ons Hemelse Vader kan vertrou vir wat ons nodig het en dat Hy altyd weet wanneer die regte tyd is en wat genoeg is! Aan Hom al die lof en eer aan die begin van 2018!
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9753
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Facebook Waarhede
« Reply #427 on: January 09, 2018, 10:16:03 PM »
Op die vleuels van die wind, is daar ń stem wat met ons praat. Ek gee julle die son skyn, die donker wolk met die reënt, die maan en die stere, en nog is julle nie tevrede nie. Ek stuur my Seun om saam met julle te stap deur die lewe. Ja en tog verraai julle Hom. Is daar dan niks as Vader wat julle gelukkig kan maak... Sag kom die heimwee klanke na ons aan gesweef, kom terug na ons pad van geloof dat Ek julle kan seën want net Ek gee die ewige lewe. Luister na My roep stem in die wind.
Amen
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9753
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Facebook Waarhede
« Reply #428 on: January 21, 2018, 04:10:23 AM »
So dikwels stuur die Vader mense op ons pad wie se seer en swaarkry onsigbaar is vir ander.
Daarom is dit nodig dat ons saggies werk met die mense wat ons pad kruis, sodat hulle Jesus se vrede en liefde deur ons ervaar
Pieter Blignaut

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9753
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Facebook Waarhede
« Reply #429 on: May 02, 2018, 11:12:29 AM »
LEWE IN DIE WIL VAN GOD

Vier maande van ons jaar is verby, die eerste kwart is weg, waar gaan ons tyd heen? Kan u sien dat tyd baie kosbaar is, ons kan nie bekostig om kanse in die lewe te vat nie, die lewe is kort, GOD se tyd is altyd “NOU”. Maak die beste van alles, gee aan GOD wat HOM toekom, ons hele lewe behoort aan GOD, ons maak HOM baie gelukkig as ons SY wil doen. Petrus het verstaan wat dit beteken om in die wil van GOD te wees, hoor hoe mooi het hy dit beskryf, lees saam 1 PETRUS‬ 4 vers 2
“om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense maar na GOD te leef nie, maar volgens die wil van God.”
👉Ons lewe nie na die vlees nie, nie ons eie begeertes nie, Maar na die wil van GOD en wat HY vir ons in stoor het, prys SY NAAM. So het Johannes dit onder leiding van die HEILIGE GEES vir ons ook opgeteken in
I JOHANNES‬ 2:17
En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.
👉Ons kyk na die belofte van “ewig” Ons wil nie tyd vermors en ons ophou met onsinnige dinge wat ons skade doen nie! Daar is ñ ewigheid saam met ons VADER wat wag, dankie HERE! Ons loof U NAAM. Eintlik is dit baie maklik om die HERE te dien, die duiwel laat dit moeilik lyk, maar as jy eers begin sal jy sien dit is nie so moeilik nie, HY gee ons die krag om elke struikel blok te oorkom, Ons glo net in HOM, Hou ons oë net op HOM, Vertrou net op HOM! Daar is nie ñ kort pad nie, elke afdraai lei na moeilikheid of is ñ dood loop straat, die pad na GOD toe is al uitweg. HY is ons KRAG, HOOP, VREUGDE, GELUK, VOORSPOED en SEËN, in JESUS se NAAM.
🙏VADER, seën almal wat vandag saam gelees en gebid het asseblief, hou hulle vas asseblief HERE want hulle is Kosbaar. Ek vra dit in JESUS se NAAM en onder SY BLOED. Amen.
Klou Vas Aan GOD
Pieter Blignaut