Toe Sue weer inkom het ons weer begin gesels, ek het dat sy haar masker (sonbrille) afhaal en ons het oor alles gesels waaroor sy wil. Wanneer sy my blameer vir my foute in die verlede het ek dit weer erken en weer vergifnis gevra. Ek het net seker gemaak dat sy op een onderwerp op 'n slag konsentreer en het wanneer sy haar hande of kop beweeg, dit vasgehou en aangegaan met die gesprek. Later het ek humor begin hebruik om haar te kry dat sy lag. Na sowat 3 ure het sy aan die sielkundige gesê dat sy nie opgeneem wil word nie en dat sy wil huistoe gaan. Sy was nog nie uit die depressie uit nie, maar sy kon vir die eerste keer weer normaal praat en begin logies dink. (Sy wil ook nie op pille wees nie) Ons het ooreen gekom dat hulle alle medikasie gestop word en dat hulle slegs elke aand na haaar huis toe sal gaan, vir 3 dae, en vir haar 'n slaappil sal gee om haar te help slaap. (my voorstel omdat sy vir enige geluit bang is in die toestand). Ons is weg van die hospitaal af en ons het gaan rondry, orals na natuur plekke toe waar sy na die gras, berge en bome kon kyk. Later het ek haar huistoe gevat en daar gebly totdat sy haar slaappil gedrink het aan aan die slaap geraak het.
Gister, en vandag is sy amper so normaal as kan kom. Daar is nog nou en dan 'n teken dat sy haar hande begin beweeg, maar dit is baie, baie beter as 'n paar dae gelede. Danksy gebed.
Mense ek is nie die grootse Ghristen nie, maar een ding weet ek. As daar nie 'n uitweg is nie, roep die Here aan, Hy gee die uitweg. Altyd.
Dankie aan Mielie en julle almal se gebede.