Author Topic: Dankie Here, ons verhaal.  (Read 1624 times)

Offline Piet Smith

  • Newbie
  • *
  • Posts: 8
Dankie Here, ons verhaal.
« on: June 04, 2010, 12:42:43 PM »
Dankie Mielie vir die skakel na hierdie blad toe.

Ek wil graag die volgende met julle deel.

My vrou, (gewese) lei aan depressie. Vir die van julle wat nog nooit daarmee te doen gehad het nie wil. sal ek verduidelik wat dit aan mens doen. Jy kan die een dag normaal optree en dan skielik kan iets gebeur, dit kan bloot net iets wees waaraan jy dink, en jy verval in 'n diep depressie. Somtyds gaan dit gou weg, maar dit kan ook lank vat, somtyds jare, om daaruit te kom. Sue het Saterdag weer in depressie ingegaan. Ek was weg op besigheid en het eers Sondag daarvan uitgevind. Haar familie wou nie dat ek haar sien nie omdat hulle aangeneem het dat ek die probleem is. Ons is geskei, maar ek het die naweek (na ek besigheid gedoen het ) saam met ander Suid Afrikaners spandeer en daar was 'n enkel vrou daar met wie ek bevriend is. Elke keer vandat ons geskei is en daaar selfs sprake is dat ek 'n ander vrou gaan sien, dan raak Sue depresief. (Ek stel egter nie belang in 'n verhouding nie, maar ek dwaal van die spoor af ).

Wanneer jy depresief is doen jy goed onbewus. 3 maande gelede het ons deur dieselfde ding gegaan. Sue het toe tot selfs die kinders se fotos weggepak omdat sy 'n nuwe lewe wil begin en niks van die verlede wil saamneem nie. Die volgende oomblik is sy liefdevol en vertel die kinders dat sy hulle lief het. Die kinders verstaan dit, omdat hulle weet dit is 'n siekte.

Ek het toe ek Sondag hoor dat Sue weer siek is dadelik huistoe gekom sodat ek ten minste naby kan wees indien iets sou gebeur. Maandag en Dinsdag wou die familie steeds nie dat ek haar sien nie. Woensdag skakel my swaer my om my te vertel dat Sue opgeneem gaan word in die hospitaal vir geestekikke versteremdes. Sy is reeds daar en hulle soek vir haar 'n bed in 'n hospitaal in 'n ander dorp sodat hulle haar soontoe kan oorplaas. Ek het dadelik my een dogter gaan haal, die ander een is op vakansie, en het hospitaal toe gejaag. ......Vervolg

Offline Piet Smith

  • Newbie
  • *
  • Posts: 8
Re: Dankie Here, ons verhaal.
« Reply #1 on: June 04, 2010, 01:01:05 PM »
Dit het my gebreek toe ek daar aankom. Sue het donker sonbrille op en 'n dik swart jas. (dit is somer hier) sy het op daardie staduim geglo dat sy Paul Mcartney van die Beatles is en dat hy vir haar boodskappe stuur. Sy kan nie stil sit, of haar hande stil hou nie. Sy praat deurmekaar, maak geluide, praat met haarself en huil aanmekaar en deurmekaar. Die een oomblik ken sy jou, die volgende oomblik jaag sy jou weg en noem jou op iemand anders se naam.

Ek het dat Sue van die stoel af opstaan en ek, sy en my dogter het 'n kring gemaak, en mekaar vasgehou. Dit is toe dat ek hardop begin bid het en die Here gevra het om haar weer te help en om my die wysheid en woorde te gee om deur te breek na haar toe sodat sy kan (uit snap) uit die depressie uit. Sy is later uit na die rook are toe waar pasiente rook. Daar het ek haar deur die venster dopgehou. Sy masjeer op en af, partykeer soos Hitler se mense, ander kere soos soldate die doodmars doen. Dan sal sy met die muur staan en gesels, vir blomme vertel hoe jammer sy is dat hulle seergekry het (wanneer daar bv 'n blaar gebreek het) en so aan. Dit is harverskeurend om iemand so te sien vir wie jy lief is. Terwyl sy buite was het die verpleegsters en sielkundinge na my toe gekom en aan my probeer verduidelik dat sy op sterk medikasie moet gaan en dat hulle haar moet opneem. Ek het daarteen baklei. As ek haar nie met die Here se hulp kan regry nie, gaan hulle dit nie met medikasie regkry nie.

Vervolg... (die forum maak snaaks as ek lang briewe tik)

Offline Piet Smith

  • Newbie
  • *
  • Posts: 8
Re: Dankie Here, ons verhaal.
« Reply #2 on: June 04, 2010, 01:25:25 PM »
Toe Sue weer inkom het ons weer begin gesels, ek het dat sy haar masker (sonbrille) afhaal en ons het oor alles gesels waaroor sy wil. Wanneer sy my blameer vir my foute in die verlede het ek dit weer erken en weer vergifnis gevra. Ek het net seker gemaak dat sy op een onderwerp op 'n slag konsentreer en het wanneer sy haar hande of kop beweeg, dit vasgehou en aangegaan met die gesprek. Later het ek humor begin hebruik om haar te kry dat sy lag. Na sowat 3 ure het sy aan die sielkundige gesÍ dat sy nie opgeneem wil word nie en dat sy wil huistoe gaan. Sy was nog nie uit die depressie uit nie, maar sy kon vir die eerste keer weer normaal praat en begin logies dink. (Sy wil ook nie op pille wees nie) Ons het ooreen gekom dat hulle alle medikasie gestop word en  dat hulle slegs elke aand na haaar huis toe sal gaan, vir 3 dae, en vir haar 'n slaappil sal gee om haar te help slaap. (my voorstel omdat sy vir enige geluit bang is in die toestand). Ons is weg van die hospitaal af en ons het gaan rondry, orals na natuur plekke toe waar sy na die gras, berge en bome kon kyk. Later het ek haar huistoe gevat en daar gebly totdat sy haar slaappil gedrink het aan aan die slaap geraak het.

Gister, en vandag is sy amper so normaal as kan kom. Daar is nog nou en dan 'n teken dat sy haar hande begin beweeg, maar dit is baie, baie beter as 'n paar dae gelede. Danksy gebed.

Mense ek is nie die grootse Ghristen nie, maar een ding weet ek. As daar nie 'n uitweg is nie, roep die Here aan, Hy gee die uitweg. Altyd.


Dankie aan Mielie en julle almal se gebede.

Offline mielie

  • Forum Admin
  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 5541
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Dankie Here, ons verhaal.
« Reply #3 on: June 05, 2010, 01:26:52 AM »
Hi Piet ek het ook die probleem met die forum sal vir Rudi vra om te kyk.

Piet ek is nie snaaks nie maar ek dink nie Sue ly aan depressie nie.  Ek praat met 'n vriendin van my, by geestesgesondheid, hieroor en sal na jou terug kom. Dalk is ek verkeerd so ek wil nie nou meer sÍ nie.  Intussen.  God is goed.  Ons bly bid en dan staan ek ook  by wat ek vroeer vir jou laat weet  het.   HY het julle lief en wil dat julle naby aan Hom leef en alle genesing kom in elk geval van Hom af. 

Hoe lank word Sue al so? Is daar iets wat, volgens jou,  die probleem vererger of sogenaamd trigger?
Watter medikasie is Sue op? Laat weet my per mail as jy nie die info hier wil gee nie.
Groete
 julle vriendin
Mielie

Offline Piet Smith

  • Newbie
  • *
  • Posts: 8
Re: Dankie Here, ons verhaal.
« Reply #4 on: June 06, 2010, 10:59:39 PM »
Mielie dit kom al 18 jaar, ek sal meer vertel, ek is nie seker hoe om die pille se naam te spel nie dit klink soos esetalapramlater

Offline mielie

  • Forum Admin
  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 5541
    • http://www.godspraak.co.za
Re: Dankie Here, ons verhaal.
« Reply #5 on: June 22, 2010, 12:48:13 AM »
Oeps moeilike woord.  Ons bid nog steeds vir julle.