Author Topic: Totsiens my kind!  (Read 1180 times)

Offline mielie

  • Forum Admin
  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 5541
    • http://www.godspraak.co.za
Totsiens my kind!
« on: October 22, 2008, 01:12:30 PM »

Hierdie het ek per epos ontvang.  Ek weet nie van wie hier gepraat word nie maar omdat ek al diepad saam met 'n familie lid se seun gestap het verstaan ek en ek glo dit kan vir anderook tot seën wees
groete Mielie

n Paar jaar na my twee seuns se geboorte het ek, elke nou en dan ‘n
gedagte gekry dat ek een van my kinders gaan verpleeg op ‘n siek bed. Ek kon nie se watter seun dit gaan wees nie, maar die gedagte het gereeld by my opgekom.

 

Jaundré is in Desember 2006 gediagnoseer met kanker. Ons moes die dag van diagnose onmiddellik Kaapstad toe gaan vir behandeling by Rooi-Kruis Kinder hospitaal. Die behandeling was intensief, maar hy het goed gereageer daarop ten spyte van al die newe-effekte van chemoterapie. Binne 10 dae was die 6cm tumor wat op sy borsbeen was feitlik weg. Die dokters was baie positief. Na omtrent n maand is Jaundré ontslaan om sy behandeling voort te sit in PE.

Alles het goed verloop en ons het met die Junie maand skool vakansie terug gegaan Rooi Kruis hospitaal toe vir n opvolg ondersoek. Weereens het die spesialiste ons verseker alles verloop volgens plan. Ons was in daardie tyd 24 uur van die dag op ons knee om te smeek vir genade en ook daarna om dankie te se vir Sy genade wat ons ontvang het. Ek het gereken die gedagte wat ek so gereeld gekry het, is die kanker en dat dit nou sal weggaan, maar dit het nie ek het dit nog steeds gekry.

 

Vanaf omtrent September 2007 het Jaundré vir my gevra “hoe lank gaan hy nog by ons gaan wees”? Ek het aangeneem dit is die kanker wat hy gehad het wat hom hierdie idees gee. Einde November 2007 het ons besluit om te gaan kamp vir n naweek, want altwee seuns geniet dit by die see. Jaundré het begin kla dat sy hartjie vinnig klop.

Ons het hom die Maandag more dokter toe gevat en nie in die aand soos die gewoonte was nie. Die dokter het bloed toetse gedoen wat alles normaal gewys het. Hy is toe verwys na die x-straal afdeling. Die middag het ek die spesialis gebel om die uitslae te kry, maar moes toe verneem dat die kanker terug is en dat die tumor 9cm is wat groei op sy borsbeen. Ons moes onmiddellik terug Kaapstad toe gaan. Vandat ons daar gekom het was die dokters meer negatief oor genesing as positief. Hy het met meer intensiewe behandeling begin en sy liggaampie was heeltemal afgetakel.

Teen die 24ste Desember het die dokters vir ons gesê om huis toe te kom want ons is besig om die stryd te verloor, maar hoe op aarde vertel jy vir n 12jarige seun wat by sy volle positiewe is dat hy besig is om dood te gaan? Ek kon dit nie doen nie. Daar was een chemo tipe wat oorgebly het maar die dokters het dit nie aanbeveel nie omdat dit so sterk is en hy sou dood gaan van die newe effekte en nie die siekte nie. Ek het gevra dat hulle daarmee begin. Na die eerste week van behandeling waarin hy geen newe effekte gekry het nie, moes hy 3 weke wag voordat hy weer kon begin om sy gesonde selle tyd te gee om te herstel.

Hy het intussen begin kla van rugpyn en seer bene. Vrydag die 25ste Januarie 2008 het die dokter ons mee gedeel dat die kanker verder versprei het na die beenmurg toe en dat ons liewer moet huis toe gaan, medies gesproke kan hulle niks meer doen nie. Ons moes vir ons die nuus gaan oordra.

 

Vandat Jaundré gediagnoseer was het hy met niks n keuse gehad nie, nie met die diagnose nie, nie met die behandeling nie, en nou ook nie met die dood nie. Ek het vir hom gesê die Here sal hom eers gaan wys hoe dit in die Hemel is en dan kan hy besluit of hy daarheen wou gaan of liewer by ons bly.

Ons het die Here gesmeek vir daardie voorreg, want ek kon nie my kind net so laat gaan met sy onsekerheid nie. Hy wou weet as hy sou kies om liewer by ons te bly, of hy dan nog gaan siek wees of gesond. Ek GLO die Here sou hom vir my gesond terug gegee het as dit SY wil was.

 

Ons het met die Here geredeneer, geargumenteer, gesmeek, maar sy wil was om my seun hemel toe te neem. Die spesialiste het ons n maand saam met ons seun gegee, maar ons het net een goue week gehad. Ons het elke nag gelê en gesels.

Saterdag oggend net na 10h00 is hy oorlede, maar sekondes voor sy dood het dit gelyk asof hy uit die bed uit wou klim, hy het sy nek gedraai en vas gestaar teen n spesifieke punt teen die muur, weer na my gekyk en vir my gesê “Ek is lief vir jou mamma, maar DIS LEKKER DAAR”!

 

Ek glo die Here het vir my kind gaan wys waarheen hy hom gaan neem en dat Jaundré vir die eerste keer self kon besluit of hy na daardie “LEKKER” plek wou gaan en of hy na my toe terug wou kom. Hy het die Hemel gekies. Daarvoor loof en prys ons die Here.

 

Die Woensdagaand na die roudiens het ek gaan slaap, ek het nie Bybel gelees of gebid nie, dit was asof ek dood was van binne ek kon net niks doen nie. Jaundré en ek het altyd gespot omdat my hare so vreeslik uitgeval het. Hy het altyd gesê ek gaan voor hom bles wees, en dan sy hande deur my hare getrek en my in my nek gesoen.

Daardie nag het ek wakker geskrik (Geestelik wakker) van n handjie in my hare en n koel soentjie in my nek. Ek het onmiddellik geweet Jaundré is by my. Ek kon aanvoel dat hy haastig was. Ons het gesels, en hy het onder andere vir my gesê “die OOM” het die pypie in sy bors uitgehaal en dit was glad nie seer nie.”

Ons het hom veras met pypie en al (chemoterapie drippie in sy hoofslagaar) Ek GLO die Here het daardie pypie uitgehaal, wat niemand anders het nie. Hy het na n rukkie vir my gesê hy moet nou gaan. Hy het omgedraai en geloop asof van nêrens was daar skielik n tweede persoon by hom, wat ek net van agter afgesien het.

Daardie persoon het my kind se hand gevat en weggeloop, maar ek WEET hy is gelukkig en dat hy graag wil terug gaan waarvandaan hy gekom het.

 

Ons kan die Here nie genoeg loof vir daardie versekering nie. Die gemoedsrus is onbeskryflik. So twee weke na die gebeurtenis het ek weer met die Here gepraat en vir hom gevra hy moet Jaundré net weer vir my wys, ek het berusting waar hy is, maar ek verlang so verskriklik baie.

Daardie nag het ek “gedroom” ek sien twee hande in een gevou. Uit die lug het n bak “kruik” geval. Die hande het dit gevang en 'n stem het vir my gesê, “Soos daardie paar hande die kruik gevang het, so vang die Here sy kinders. As jy in Sy hande is kan NIKS jou daaruit kry nie. daar is te veel siele op die aarde wat nie reg is nie,

MAAK DIT REG!

Daar is te veel siele op die aarde wat nie reg is nie.
Dit is waarom hierdie getuienis uitgestuur word na so veel as moontlik mense, want ons moet seker maak ons siele is reg vir die Here. Daar IS 'n HEMEL, maar daar IS ook 'n hel. Moet nie wag tot more nie, dit kan te laat wees. Die Hemel en Hel het nie 'n ouderdomsgroep, beperking vir bejaardes alleen nie.

Kry klaar met sonde in jou lewe.  Vind uit in God se Woord wat is sonde.  Jy kan nie aan God behoort  en nog aanhou met sonde nie.  Gaan lees Sy Woord asb.

Spreuke 14:12 Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

Moet jou nie in jou eie oe regverdig nie, asb!!

Onthou Jesus Christus is dit werd dat jy jou alles vir Hom kan gee.


Alles!!!!


Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9816
    • http://www.godspraak.co.za
Totsiens my kind!
« Reply #1 on: August 18, 2010, 12:45:27 AM »
Is dit nie snaaks hoe dinge gebeur nie? Was ook 'n kort rukkie betrokke by 'n klein seuntjie, Juwan van Os, wat ook kanker gehad het, en elke dag moedig bly veg het totdat sy liggaampie dit nie meer op 3 jaar & 4 maande kon hanteer nie. Hy was altyd so blymoedig, en sy mamma ook, deur alles heen het sy hom met liefde, en ook God se leifde, vertroetel en altyd lewe oor hom gespreek. Nou, na sy dood, het hierdie vrou, en soos die Here sou sê; JY IS 'N VROU NA MY HART, gaan sy voort om Hom te loof en te prys en te eer, instede soos wat baie mense doen wat Hom te verkwalik vir wat verkeerd gaan in hulle lewe. Hierdie vrou staan sterk, want sy leef in Jesus.

Chanel van Os, ek salueer jou vandag, want ek weet dat Jesus jou baie liefhet, en dat jy deur swaar tye gaan met die afsterwe van Juwan, maar dat jy nogtans jou kop optel, die wêreld in die oë kyk en Hom al die eer gee. Mag Hy jou die vrede gee wat slegs by Hom te vinde is.

Here Jesus, dit is my gebed dat U hierdie vrou styf teen U boesem sal vasdruk en haar sal seën met die keur van U seëninge, want sy is U kind.
Amen
Pieter Blignaut