In 'n dramatiese wending, blyk dit dat Anneli se mediese fonds nie die Motor Cortex apparaat wat Vrydag tydens 'n buitengewone prosedure teen senuweepyn ingeplant sou word, wil befonds nie.
Dit beteken dat Anneli níé Vrydag 11 Maart 2011 onder die mes sal wees nie.
Anneli het besluit om dan intussen die operasie wat 2de in lyn was vir die herstel van haar beskadigde kaakgewrig, eerste aan te pak. Die prosedure sal tot gevolg hê dat sy die normale gebruik van haar kakebeen sal kan begin herwin. Díe operasie sal teen einde vandeesmaand gedoen word.
Datums en verwikkelinge sal spoedig deurgestuur word.
Anneli vra dat almal haar asseblief steeds in hulle gedagtes en gebede sal hou.
Kan jy glo. Mesiese fondse, ai dis slegte nuus.