Author Topic: Leer ons om te lewe  (Read 1563 times)

Offline Blikkies

  • Administrator
  • Hero Member
  • *****
  • Posts: 9968
  • JOU LEWE IS NIE VERBY NIE MAAR JOU VERLEDE WEL
    • http://www.godspraak.co.za
Leer ons om te lewe
« on: January 07, 2010, 12:33:00 AM »
God van liefde,

Help vergewe!
Rig en leer ons in ons strewe
U wat op geen afkoms let
Neig U oor tot ons gebed
Gee ons die versekering
Dat U liefde ons omring
Leer ons tog om te verstaan
Dat die heelal, son en maan
Volkere in menigtes
Deel van hierdie Godsplan is
En aan U, o heer, behoort
Armes, rykes, klein en groot
Want in ras en kleur of rang
Stel U, Grootheid, geen belang
Maar U Goddelike oog
Kyk in liefde van omhoog
Op die mens die nasies neer
Wat U vrees, U dien en eer.

Amen
« Last Edit: January 19, 2010, 09:26:19 PM by Coram Deo »
Pieter Blignaut